Page 1 of 1

Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Mon Jun 20, 2011 4:57 pm
by GreyGhostGear
Middag manne,

Wou net gou bietjie raad vra. Ek sien nou van die biltong het bietjie "freezer burn" opgetel soos een of 2 sakkies deur geskuur het in die vrieskas. Kan 'n man die biltong in koerant toedraai en dan in freezer sakkies sit voor jy hom vries? Of wil 'n ou dit nie eintlik in koerant vries nie? (Gesondheid of smaak issues?)

Lekker aand,
Petrie.

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Mon Jun 20, 2011 5:20 pm
by DawieKotze
Jagmaar - Klaargdroogte biltong sit ek netso in 'n kussingsloop in die vrieskas en het nog nooit vriesbrand gekry nie. Jy kan dit selfs in 2 kussingslope sit. Moet nou net nie die goed vir 2 jaar daar los nieĀ  :)

Klaargesnyde, rou biltonge kan jy in plastiek sakkies sit en dan in koerant papier toedraai om die plastiek te beskerm. Nie eers toedraai en dan in die plastiek nie - daai sallie werk nie!!

As jy klein hoeveelhede rou biltong wil vries, werk roomys bakke baie goed vir kleiner biltonge. Hulle pak baie lekker en seel dig.

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Mon Jun 20, 2011 6:35 pm
by Beyers
Ons het nou 'n eksperiment gedoen. Rou biltong van Aug 2010 gevries nou ontdooi en biltong gemaak. Mens proe steeds daai subtiele geur van die bosbok. Sal dit definitief weer doen.

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Mon Jun 20, 2011 9:20 pm
by tripodmvr
Moet nie halfdroe biltong vries nie. Proe soos hond se gat. Vries rou biltong netso of selfs met speserye op. Ontdooi en droog dan later vir goed soos nuut biltong.

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Mon Jun 20, 2011 10:52 pm
by erx
Ag nee manne, eet die goet of stuur aan as teveel is vir julle!

Groete
erx

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Tue Jun 21, 2011 7:11 am
by GreyGhostGear
More more,

Dankie Madako, die biltong wat ek van praat is klaar gedroog en reg. Is dit ok om dit so eers in koerant toe te draai en dan in sakkies (veiligheid en smaak issues?). Nie rou stukke nie..soos genoem, dis maar net om daai "freezer burn" uit te skakel.
Kussingslope gaan my vrou my m*%r oor en daar moet elk geval altyd 'n spaar skoon sloop of 2 wees vir die spaarkamer en bank :angel:

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Tue Jun 21, 2011 8:00 am
by JPS
Hi Jagmaar,

In plaas van koerantpapier kan jy bruin papier gebruik wat jy skoolboeke mee oortrek.


Groete
JP

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Tue Jun 21, 2011 9:46 am
by PITSMIT
jagmaar

kyk of jy van daai vaal vis en tjips papier iewers kan kry ek draai myne in dit toe en dan in n plastiek sakkie werk soos n bom en daar is geen ink aan nie so die smaak word nie beinvloed nie

sterkte

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Thu Jun 23, 2011 2:05 pm
by GreyGhostGear
Dankie dankie...

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Thu Jun 23, 2011 7:13 pm
by Spanner
tripodmvr wrote: Moet nie halfdroe biltong vries nie. Proe soos hond se gat.
Nee hel maat ! Ek sal defnitief jou woord moet vat op die een - ek gaan nie ook uitvind hoe proe 'n hond se gat nie ...My hond sal my byt as ek dit met hom probeer !
Bly om te sien jy het dit oorleef... wat dink die hond nou van jou na julle onder-onsie ?

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Thu Jun 23, 2011 7:17 pm
by Beretta
Spanner
;D ;D

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Fri Jul 08, 2011 10:30 am
by Hugo Vermaak
Ek het verlede jaar te laat gejag vir biltong maak en het die boude van die rooibok so heel gevries en die jaar ontdooi en biltong gemaak . Dit het heel lekker uitgekom hoor .

Re: Bietjie raad vir Biltong en Droewors vries.

Posted: Fri Jul 08, 2011 11:52 am
by Cobus(Cobb)
Vries die biltonge net so in pakkies van so kilo of 2....ontdooi so week voor jy lus raak/of voor jou ander billies opraak....spice en hang...proe soos gister se jagtrip s'n

Ek doen dieselfde met droe wors