Page 1 of 1

Wonder net

Posted: Mon Feb 15, 2016 4:13 pm
by NicoSmit
Ek het Saterdag aand 'n jakkals geskiet en wat my nou laat wonder gewoonlik skiet jy 'n jakkals redelik stukkend met 'n 87gr vmax 243 maar die uitgangs wond was 'n klein ronde gaatjie glad nie die gewone tonnel nie die jakkals is +/- 25 tree van die bakkie geskiet reg van voor en die koel is tussen die ribbes en die lies uit .Kan dit wees dat die punt nie kans gekry het om om te klink nie agv die afstand of het ek sg bullet failure gekry of dat daar geen been getref is nie. Daar was baie min bloed gewees en dit was nou die ideale kans om 'n mooi velletjie te kry.Die jakkals aan die linkerkant is met 'n 223 55gr vmax geskiet en die jakkals aan die regterkant is met die 243 geskiet

Re: Wonder net

Posted: Mon Feb 15, 2016 9:56 pm
by Nico Harris
Ek sou raai dat hy binne al sy skade gemaak het en dat net n klein stukkie van die koeël by die uitgangs wond uit is- omdat hy bietjie verder as gewonlik moes penatreur en omdat die impak spoed nog hoog was en die koeël baie vinnig omgeklink het.

Groete

Nico

Re: Wonder net

Posted: Wed Feb 17, 2016 9:34 pm
by Cobus(Cobb)
het al gekry met geen uitgangswond nie...75gr vmax
het al gekry met geen dupp klank nie,,klein gaatjie in en uit..75 vmax
het al gekry met ingangs wond in die oor en geen uitgangswond nie, maar hele kop is jelly..75 vmax

koeels maak soms maar soos koeels maak..

Re: Wonder net

Posted: Wed Feb 17, 2016 10:29 pm
by G-force
My dogtertjie het n 58gr V-max deur n swart wildebeest se skouer geskiet en die die koel is uit by die ribbekas aan die anderkant.Koels is soos vrouens,hul maak soos hul wil!

Re: Wonder net

Posted: Thu Feb 18, 2016 9:17 am
by Capt. Yoda
Pinkes opi forum het maandag n RHB voor die kop geskiet met n 140gr Amax uit sy 264WM, impak spoed was seker so 2800fps en die koel is reg deur sonder enige regte skade bahelwe nou vir die lyn deur sy kop te maak, soos G se hulle maak maar soos hulle wil