Page 1 of 1

Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 10:55 am
by fanie.myburgh
Halo manne.

Ons het die afgelope tyd baie skade gekry op die wingerd en vrugte. Maar die bobojane was teslim vir my. Deur die week kom hulle konstant seker tye boorde toe. Maar dis in werkstye so ek kan nie skiet nie. Naweke gaan le en wag ek hulle maar hulle kom nie uit nie.

Ekt toe sondagoggend besluit om weer tegaan soek. Maar ek besluit toe om al langs n groot bluegum bos op testap om tekyk of hulle nie dalk daar iewers uitkom nie. Na so 2km se stap begin dit liggies reen en ek gaan sit onder n boom tot dit bietjie opklaar.

Ek besluit toe om aan tehou en testap tot by n pomphuis waar ek weer n besluit sal neem of ek terug draai of aan stap. Ek stap toe nog so 150m van die boom waar ek gesit het en daar is ek en die bobojane teen mekaar. Snaaks dat ek hulle nie eers gehoor het nie hulle was doodstil.

Hulle wei rustig in n oop land links van met die groot bos op my regterkant. Hulle is glad nie bewus van my nie, ek vat my tyd en verstel my teleskoop na 10 vergroting en die paralax na 75m. Nou hou ek hulle dop en wag my kans dat een net vir my skoot gee. Daar speel klomp kleinkies in die bome voor my sonder dat hulle my gewaar.

N groot mannetjie gaan sit toe mooi op n klip so 80m en die skoot klap en hy val net agteroor. Toe is die gala aan ek laai weer n patroon die loop en ek soek toe een deur die bosse in die hardloop en toe die skoot klap is hy ook raak. Daar hardloop toe n jong een amper bo-oor my met die verwarring. Skiet toe een mis in die hardloop en toe is als stil.

Ek stap toe na die 1ste een toe, toe staan daar nog een en met die skiet ek hom ook net toe hy aan die hardloop raak.

Dit was die 1ste bobojane in n baie lang tyd wat hier geskiet is. Die 162gr SST maak maar n groot gemors op die kort afstande.

Groete

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 11:01 am
by Capt. Yoda
Lekker man, somer 3 so vinnig om gedop

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 12:49 pm
by Pvdw
Min dat jy kans kry om 3 op 1 slag te skiet. Goed gedoen.

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 1:20 pm
by fanie.myburgh
hier is so paar fotos

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 1:22 pm
by fanie.myburgh
nog

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 1:33 pm
by PWV
Die een met die wit keel moes jy in 'n hok kon vang en met hom geteel het.
Bont bobbejane sal hoog op prys wees! >:D

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 2:28 pm
by Nickvn
Skilder bobbejaan. Groot geld. ;-)

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 9:03 pm
by Gawie(13mm)
Niks soos 'n lood pil wat 'n Bob so vas laat slaap nie! ;D
A+ maat.

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 9:06 pm
by wlm
Jy kan nie glo hoe vining die ou bergvolkie kan hardloop as die eerste skoot geval het nie.

Posted: Mon Feb 15, 2016 9:19 pm
by wlm
post deleted

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Mon Feb 15, 2016 9:24 pm
by theedge
Nice maat

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Sun Feb 21, 2016 4:58 pm
by NicovanderMerwe
Hi Fanie

Ek probeer nou bietjie kyk maar sien nie detail nie. Wat het jy met jou geweer gemaak? Is dit tape? En die loop lyk so duk?

Mag ek maar uitvrae?

Dankie
Nico

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Sun Feb 21, 2016 5:20 pm
by GVC86
NicovanderMerwe wrote:Hi Fanie

Ek probeer nou bietjie kyk maar sien nie detail nie. Wat het jy met jou geweer gemaak? Is dit tape? En die loop lyk so duk?

Mag ek maar uitvrae?

Dankie
Nico
Lyk soos n reflex silencer wat ge-camo is.

Mooi geskiet maat.

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Sun Feb 21, 2016 9:08 pm
by fanie.myburgh
Dis n reflex silencer wat Gavin Smith van Villiersdorp wat kom tot net voor die kolf. Ek hou nie van die relflex wat in die halfte van die loop stop nie. Somer gewone sniper camo tape..

Groete

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Tue Feb 23, 2016 8:58 pm
by Vlakvark Soldaat
Daai bobbejaan met die wit keel het seker weke laas iets gesteel, dis hoekom hy stelselmatig wit word...

Re: Lank gesoek en vinnig skiet.

Posted: Wed Feb 24, 2016 10:19 am
by Alwyn
Goed gedoen!