Page 1 of 1
Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 8:21 am
by Ivan Schultz
Ek is Ivan Schultz. Baie van julle het seker al van my gehoor. Ek was vir 30 jaar n Toolmaker en later CNC masjien programeerder. Na n aantal operasies het ek en my baas besluit ek is nie meer vir hom n aanwins nie ek het my eie masjientjies gekoop en werk nou van die huis af. Ek kan darem so die meeste dinge doen om ons skietery beter en die herlaai makliker te maak. Ek bou ook my eie suppressor en noem dit die IS-SUP. Kort vir Ivan Schultz SUPpressor. baie ouens het hom en hulle is baie happy met dit. Kontak my gerus vir enige iets. Ons maak altyd n plan
HOU DIE LOOD IN DIE LUG
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 8:27 am
by Heinz Petersen
Welkom Ivan. Ja, ek het drie van daai IS-SUPpressors en dit werk reg vir my.
Jy sal dit hier geniet.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 8:30 am
by tripodmvr
Welkom. Jy is blykbaar bekend aan sommiges hier tussen ons. Gaan bo by User Control Panel en dan sal jy daar kan aantoon waar jy bly.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 8:34 am
by joe rocket
Welkom Ivan. Ja daar dempertjie loop mooi. Manne Ivan toor met n HOWA seller. Hy maak kolwe ook.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 10:41 am
by Frikkie Coetzee
Ivan. Welkom hier. Johan lag homself nog steeds simple oor ek wat jou oom noem.
Hoe lyk daai mannetjie van jou se 6,5 ?
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 12:26 pm
by Ivan Schultz
Frikkie...voel soms asof julle my moet oupa noem
Wilhelm skiet maar min met sy 6.5 maar myne skiet baie baie lekker. Het die anderdag 800m gong geskiet. Het nogal nie te vrot gedoen nie
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 12:40 pm
by tripodmvr
Ivan, waar is jy in die wereld? Help nie om te hoor van wat jy met 'n Howa sneller kan doen en ek weet nie of dit prakties is om by jou te kan uitkom nie.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 2:45 pm
by ruaanb
kuilsrivier
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 4:52 pm
by tripodmvr
Dankie Ruaan.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 5:05 pm
by Petrus.nel
Welkom Ivan.
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 6:49 pm
by PWV
Welkom, Ivan. Hoop jy geniet dit tussen ons gun-mal mense.
Die naam van jou suppressor? Jy kon hom ook ZU-MA genoem het!

Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 7:40 pm
by Ivan Schultz
Oom Pieter. Sy naam Is IS-SUP.
Toemaar. Ek is ook gun mal......Dis hoekom ek doen wat ek doen
Re: Hallo Mense
Posted: Sat Feb 13, 2016 9:06 pm
by Aceofspades
Welkom Ivan. Klink asof jy my lyn se besigheid lekker verstaan. Ek is lief vir my trade, my masjiene en die reuk van gebrande kruit.
Re: Hallo Mense
Posted: Sun Feb 14, 2016 6:21 am
by Ivan Schultz
Ja Aceofspads.......dis wat ek kan doen....en wat ek wil doen.......nou saamgegooi in een
Re: Hallo Mense
Posted: Sun Feb 14, 2016 7:36 pm
by jamalley
Welkom Ivan
Re: Hallo Mense
Posted: Mon Feb 15, 2016 2:11 pm
by Boesman10
Welkom hier Ivan
Re: Hallo Mense
Posted: Mon Feb 15, 2016 3:41 pm
by Armand Steenkamp
Jis Oom Ivan!!! Welkom hier! Kan Oom n Brief gee oom gaan dit smaak hier!
Kerels ek en Oom Ivan se klong was kamermaats op Landbouskool en ek was baie soos n tweede kind in die huis! Die oom maak enigeding, dan shelholders vir snaakse kalibers tot dies vir n 577/450!
Groetnis
Re: Hallo Mense
Posted: Mon Feb 15, 2016 3:50 pm
by JTM
Welkom Ivan! Het al so vining met jou gesels op FB se Howa groep as ek dit nie mis het nie. Juis oor die snellers effe. Nou hier kan mens eers lekker gesels!