Page 1 of 1
Watter koop is beter?
Posted: Thu Feb 11, 2016 8:59 pm
by Wolram
Naand manne. Ek moet sê dat die nog vir my die moeilikste keuse was. Selfs om te trou was makliker!! Ek wil graag die 3-9x40 op my Swift opgradeer. Lol bietjie in die donker. Ek kyk tans na die Lynx LX2 5-20x50 met SAH verligte kruis. Dan is daar Vortex Viper 6.5-20x50 DBC. Hy is nou wel nie verlig nie. Albei sy pryse is baie naby aan mekaar. Kan julle manne raad gee en of dalk n voorstel hê asb? Prysklas rondom 10k...
Dankie. Waardeer
Re: Watter koop is beter?
Posted: Thu Feb 11, 2016 9:22 pm
by Wolram
Kom manne help. My vrou sê ek begin haar nou al irreteer....
Re: Watter koop is beter?
Posted: Thu Feb 11, 2016 9:34 pm
by junglejulian
Wat ek uit eie ondervinding kan se is dat die lynx vir my beter gekyk het in die aand.ek het wel twee verskillende modelle as jy al is hul vergelykbaar.ek het n vortex viper 6-20x44 op my 6BR en n lynx 2,5-10x56 op my 243AI.ek het die naweek n paar jakkalse gaan jag en het die 6br later verruil vir die 243 agv die Id van diere vir my makliker was met die Lynx scope
Re: Watter koop is beter?
Posted: Thu Feb 11, 2016 9:43 pm
by Steppenwolf
In daai prysklas sal ek die Meopta Meostar R1oorweeg of miskien n Burris wat so bietjie duurder mag wees.

Re: Watter koop is beter?
Posted: Thu Feb 11, 2016 10:49 pm
by cbm
Naand sê ek het die 2.5 - 20*50 lynx met die milldot sonder die ir en hy werk somer bakgat hou sy zero en track nog elke slag 100% die ir se kruishaar is vir my bietjie duk vir fyn skiet. Maar moet bieg voel of my lynx vir my beter werk in die nag as my nightforce nxs 3.5-15*50
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 5:52 am
by Sangoma (IAN)
LX2 word in Japan vervaardig. Dit sal my keuse wees
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 6:21 am
by Klein Chris
Lynx - plaaslike steun
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 6:54 am
by Brombeer
Vortex- ook plaaslike steun
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 11:13 am
by alecjohnson
Vortex- uitstekende diens en Lifetime Guarantee!
Ek hou van lynx, maar die waarborg van vortex en prys gaan jy nie klop nie!
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 11:50 am
by Steppenwolf
Burris bied ook n "forever warranty' Vir my oog beter glas en eye relief
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 11:54 am
by Hein22
Ek het beide die Lynx (LX2 6.5-20x50) en 'n vortex PST. Ek skiet net in die dag en kan nie regtig 'n verskil in die kwaliteit van die glase sien nie. Jy sal maar die ader pro's en con's moet opweeg vir jou besluit. Sterkte.
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Feb 12, 2016 9:25 pm
by Karooklong
Meopta Meostar , by Humansdorp Koop vir daai geld !
Re: Watter koop is beter?
Posted: Sat Feb 13, 2016 9:20 am
by acssa
waarde vir geld= IOR
Re: Watter koop is beter?
Posted: Sat Feb 13, 2016 1:21 pm
by Wolram
Tot my spyt het ek wel uit gevind dat die SAH kruis nie verlig is op Lynx nie. German nr 4 en mildot
Re: Watter koop is beter?
Posted: Sat Feb 13, 2016 1:40 pm
by Wolram
Die Meopta;- van watter vergroting praat ons?
Re: Watter koop is beter?
Posted: Wed Mar 16, 2016 5:54 am
by Steppenwolf
Het verlede week die voorreg gehad om deur 5 Scopes te loer. Het almal op 6 mag gedraai en met my oge deur almal geloer na n spesifieke teiken. Volgens my oge en net in terme van glas helderheid en FOV (niks anders nie!) is die resultate vir my persoonlik soos volg:
eerste - Burris Veracity - FFP
tweede - Zeiss Conquest - 2FP
derde - Meopta Meostar R1 - FFP
Gesamentlik in vierde plek - Lynx SAH , Redfield se revolution (beide in 2FP)
Ek koes so lank!
Re: Watter koop is beter?
Posted: Wed Mar 16, 2016 10:43 am
by Dirkvh
Burris het in my opinie ook die helderste beeld.
Re: Watter koop is beter?
Posted: Wed Mar 16, 2016 11:17 am
by Hercules Louw
Wolram wrote:Tot my spyt het ek wel uit gevind dat die SAH kruis nie verlig is op Lynx nie. German nr 4 en mildot
Daar is 'n nuwe Lynx 5-20x50 met 'n verligte MOA@20 kruisdraad en tactical turrets wat so teen volgende week op die mark beskikbaar behoort te raak.
http://www.lynx.co.za/index.php/download_file/view_inline/420/
Re: Watter koop is beter?
Posted: Wed Mar 16, 2016 7:54 pm
by visser
Naand manne.Gan ook maar net oor my keuse uitwy.Ek het n vortex viper 6.5-20x50bdc op my Howa 25-06.Ek kan lekker donker aande tot op 400m maklik ID.EK skiet altyd op 12 vergroting.Laas week gesien sy prys so rondom 10k.Baie min wat sy waarborg gaan klop.(Al vreet jou hond hom ook op)
Re: Watter koop is beter?
Posted: Thu Mar 24, 2016 6:58 pm
by Wolram
Ek het toe besluit op die Vortex Viper 6.5-20x50 dbc. Tot en met datum al 17 jakke geklop. Baie helder dit gesê gebruik ek beide rooi of groen lens gepaard met dimmer. Baie in my skik
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Mar 25, 2016 6:35 pm
by Reloader270
Die Burris het fantastiese eye relief en goeie beeld. Die Lynx volgens my net so goed.
Re: Watter koop is beter?
Posted: Fri Mar 25, 2016 7:48 pm
by THOMAST
Wolram wrote:Ek het toe besluit op die Vortex Viper 6.5-20x50 dbc. Tot en met datum al 17 jakke geklop. Baie helder dit gesê gebruik ek beide rooi of groen lens gepaard met dimmer. Baie in my skik