Page 1 of 1

Jak of kat met die boog!

Posted: Sun Jun 19, 2011 4:43 pm
by marno
Hi manne,

Het een van julle dalk al jak of kat met die boog geskiet en hoe het julle dit reg gekry?

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Sun Jun 19, 2011 4:47 pm
by Gerhard
Ek het jakkalse al gekry wat in kom water toe as ek in die hide sit.

Vroeg oggend as die son op kom en laat middag as die son sak.

Nie skote gevat nie want as jy dink n rooibok string jump jou het jy nog nie n jakkals se reaksie tyd gesien nie...

Ek skiet hulle eerder daai aand met die geweer dood as wat ek n R150 se pyl en broad head stukkend skiet op n jakkals.

Rooikat as jy hom in die dag kry skiet hom met die boog want jy sien hulle bitter min in die dag veral in die bosveld.

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Sun Jun 19, 2011 4:54 pm
by marno
Thanks Gerhard!

Ek ga julie en aug kyk of ek kat of jak kan skiet met die boog as hulle in kom hide of tree stand toe. Ek ga my fluitjie saamvat. Ek worry nie eintlik oor die bokke nie.
Moet nog baie skiet die jaar.

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Sun Jun 19, 2011 4:56 pm
by Gerhard
Jy is n bevooregte man wat dit kan s?.  ;)

Bokke is min en ver uitmekaar vir my op die stadium.

Onthou net as jy die jakkals nie dood skiet nie het jy hom geleer en gaan jy sukkel om hom later dood te kry...

Reel 1 - Skiet raak...  ;D

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Mon Jun 20, 2011 7:05 am
by marno
Ja nee dis waar.

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Thu Aug 04, 2011 4:19 pm
by johann
Dag se manne.

Ek het so rukkie terug na 'n gesukkel my eerste "kill" met die boog gehad en was 'n groot rooikatmannetjie. Ek teen 'n randjie afgeloop opsoek na koedoes en die eindaardigste geluid gehoor. Toe ek weer kyk kom mannetjie en wyfie kat aan gedraf ( paartyd ) +- 40m van waar ek staan. het 'n klein skerp geluitjie gemaak ( "kiss of death" vir die wat dit ken ) wat katte tot stilstand gebring het en waar die pyl sy blaaie tref. Dit het als vroeg oggend gebeur so rondom 7:00

groete

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Thu Aug 04, 2011 4:23 pm
by Beretta
johann
paartyd, kiss of death what a way to go ;D ;D ;D
Beretta

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Thu Aug 04, 2011 4:25 pm
by Gerhard
Netjies Johann...

Daar is nie baie manne wat n rooikat as boog trofee het nie.

Re: Jak of kat met die boog!

Posted: Fri Aug 05, 2011 3:16 pm
by Lourens
Baie geluk johann, dis nie elke man wat so gelukkig is nie. Ek het self in my boogjag-dae gehoop om een te skiet. Maar sal maar es ek die dag weer 'n boog aanskaf kyk of ek dit nie kan regkry nie!