Page 1 of 1

TOETS: Nikon Monarch 8 x 42 6.3' DCF WP V?rkyker

Posted: Sat Jun 18, 2011 9:29 am
by Piet Breedt
Ek was hierdie week so bietjie wildtuin toe, en kon hierdie Nikon v?rkyker so bietjie deur sy passies sit, en kon hom vergelyk met die beste v?rkyker wat ek nog ooit deur gekyk het, nl: die Swarovski SLC 10 x 42 HD. Ek het ook my Vortex 10 x 42 Sidewinder saam gehad om te vergelyk.

Laat ek sommer begin om te s? dat dit onregverdig is om hom teen die Swarovski te vergelyk, aangesien die Swarovski bykans R20 000.00 kos, en beslis in n klas van sy eie is, maar nogtans het die Nikon my verbaas. Teen die Vortex wat vir my baie duidelik is, het hy glad nie terug gestaan, en het ek hom baie verbruikers vriendelik gevind, met baie goeie verstellings, en geen speling "backlash" op sy verstellings knoppie. Die Nikon is redelik kompak. en nie te swaar om die nek. Dit is geensins hulle "top of the range" v?rkyker, maar nogsteeds n baie oulike en duidelike v?rkyker. Hy is sag op die oog as jy hom reg ingestel het, en my o? het glad nie moeg geraak om deur hom te kyk, soos wat ek al waargeneem het by ander v?rkykers wat ek al gebruik het.

Ek het spesifiek gekyk na die detail wat mens kan waarneem as ek gekyk het na bokke se horings, en kleure en detail op vo?ls, en het die Nikon baie bevredigend en goed gevind in daardie afdeling. Sy beeld is baie helder, selfs tot op die rante van die lens, iets wat ek al gesien het wat pla in baie gevalle. Ek kon ook lekker van ons stoep af die wild besigtig wat kom water drink het teen laatmiddag en skemertyd, en was beindruk met sy duidelikke beeld in die swak lig.

My "verdict" oor hom is: Jy kan hom maar koop as jy nie die bank wil breek, hy sal jou nie terleur stel nie, en is verbasend duidelik.