Page 1 of 1

Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Fri Jun 17, 2011 7:43 pm
by .::Alwyn-U::.
Naand se manne

Ek wil graag vir my 'n geweertjie aan mekaar sit vir nag skiet en dan ook lang afstand skote (kom ons se 400m is ver genoeg). Nou ek wil weet wat julle manne se advies is in hierdie topic.
Ek sal meestal duikers en bosbokke oes met hom ini aand maar ook hom gebruik vir net lekker teiken skiet in die dag.
1. Watse kaliber beveel julle aan? ek het gedink iets soos 'n 222, 22-250, 223, 22 hornet ens.. Ek het alreeds n 243 maar ek gan hom nie mod vir dit nie.
2. Wat is julle opinie van 'n bull barrel?
3. watse scopes is gepas vir so 'n geweer? let wel ek wil nie oor R4500 betaal vir die scope nie. moet lekker vergroting he en ook goeie visie vir aand skiet met lig natuurlik.

Ek sal natuurlik n lekker silencer, pootjies en 'n sintetiese kolf op hom he by default!

OK LAAT DIE COMMENT ROLL! Ek luister graag...

Groete da by die huis
Alwyn

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 5:32 am
by Gerhard
Alwyn,

400 m is bitter ver om in die nag te skiet so ek dink nie jy moet oor die worry nie. Selfs 200m in die nag kan n lang skoot raak.

Duikers en bosbokke gaan jy lekker skiet met enige van die kalibers wat jy genoem het. Jou skoot plaasing en die punte wat jy mee skiet is van kardinale belang.

Kyk na Lynx, Nikon, Leupold en Burris teleskope met n 50 tot 56 lens iets soos n 3.5 x 10 - 50 vergrooting  vir nag skiet maar jy sal maar moet spaar want hulle kan vinnig oor jou budget gaan.

Hoop dit help.

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 9:40 am
by MEERKAT
Alwyn

Vergeet voorlopig van die geweer vir eers , soek jy vir ons 'n lamp wat lekker kan lig tussen 400 en 500m het laas week my Lightforce lampe albei nuwe lense opgesit 240 en 170 en hulle kom nog nie by daardie afstande. Die scopes glo ek is oraait wat ons gebruik Swarovski , Smit and bender, Nightforce , Leipoldts en Burris. Die gewere kan hopelik tot daar skiet maar die lampe is probleem.

Met die een scope en die 240 Lightforce is dit darem moontlik om die oe te sien op 450 maar geensins of dit duiker of rooikat is nie, wat dit 'n mog en trof skootjie maak.

Help tog
MEERKAT

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 10:10 am
by .::Alwyn-U::.
Nee meerkat jy verstaan nou effens verkeerd. Ek skiet in die nag ja maar dit is sommer naby, en dan WIL EK OOK met die selfde geweer 'n lang afstand skoot mee kan maak IN DIE DAG NATUURLIK. NIE ALTWEE VAN DIE GENOEMDE SAAM DOEN NIE. Ek is mos nie kens nie ;D 
MEERKAT wrote: Vergeet voorlopig van die geweer vir eers , soek jy vir ons 'n lamp wat lekker kan lig tussen 400 en 500m
hahahahaha lekker lag ek nou!

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 10:12 am
by .::Alwyn-U::.
Manne,

Die scope is vir my redelik maklik om oor te besluit. Ek soek meer raad oor die kaliber? Wat dink julle van die 22-250, ek is nogal lus vir so klein meneer.

Groete

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 10:36 am
by Louis102
Alwyn, jy het reeds 'n puik roer vir wat jy wil doen.  Indien jy daarop wil verbeter sal die 6mmBR, in my boek, die beste keuse wees.

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 11:46 am
by .::Alwyn-U::.
Louis

Die 243 is eintlik na my sin die mees gepas vir daai tipe wild maar dit is my pa se ou Brno 243tjie en ek wil nie eintlik van hom so 'n geweer maak nie. Hy het 'n hout kolf en musgrave loop tans op (wat aan die swaar kant is).

Ek het geleer skiet op hom en gerbuik hom nou nog elke dag as ek opi plaas 'n draai ry ini veld. So ja, ek wil nie eers 'n silencer op hom sit nie. Wil hom so oorspronklik as moontlik hou.

Groete

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 12:44 pm
by Louis102
Alwyn

Weet nie hoekom jy dink dat ek voorstel om iets aan jou 243 te verander nie?  Ek praat van die tweede roer, waaroor jy vra. 'n 6mmBR gaan jou die meeste plesier met die teikenskiet op 400m gee en sal geensins terug staan vir enige ander ongedierte / nagskiet roere nie.  Dis 'n inherent akkurate kaliber wat maklik herlaai met min kruit en spog met 'n puik BC op redelik ligte punte.  Tot 800m klop min (geen) roere die 6mmBR wat groepering aanbetref nie.  Dit het ook 'n baie beter loop leeftyd as iets soos 'n 22-250 of 'n 25-06.  Hoekom 'n kleiner kaliber koop as 'n 6mm jou beste opsie is vir wat jy wil doen?

Geen goeie raad sal egter die simptome van 'n alie wat jeuk vir 'n kleiner kalibertjie, verlig nie.

Groete
Louis

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 12:50 pm
by blaser
kyk ook na die ruger 204

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 3:14 pm
by raychell
Lois
Tot 800m klop min (geen) roere die 6mmBR wat groepering aanbetref nie.
Attata kyk na die 6mm Dasher
Raynie

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 4:55 pm
by .::Alwyn-U::.
Louis, ek dog jy meen ek moet my 243 mod omdat die 2 kalibers baie naby aan mekaar is, jammer vir die misverstand. Maar jy is besig om my stadig maar seker te oortyg om 'n 6mm te kry in plaas van die kleiner kalibers soos die 25-06 ens.  ;D

Raychell en louis, wat persies is die dasher en die BR? Ek is nie bekend met hulle nie.. ???

Groete

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Sat Jun 18, 2011 4:56 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek het gaan kyk na die 6mmBR op wikipedia. Sy dop lyk amper soos die short mags? ek hou daarvan

Re: Nag skiet, lang afstand geweertjie

Posted: Mon Jun 20, 2011 3:49 pm
by raychell
Meerkat
Watse teleskoop is op jou nagjag geweer?
Raynie