Page 1 of 1
Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 02, 2016 7:40 pm
by Cobust
Goeie dag
Ek is besig om my Kahles k624i op my 300WSM te mount op 'n 20 MOA rail. Normaalweg het ek aan die voorkant gemeet en die kalkulasie gedoen om by die middel van die loop uit te kom. Sal dit enigsins nou anders wees omdat die teleskoop teen 'n hoek lê en ook omdat die recticule ffp is?
Ek sal raad baie waardeer want dit is my eerste teleskoop wat so gemonteer word en ook nog ffp is.
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 02, 2016 8:00 pm
by Jackalsniper
Ek gaan n kans vat en se jy moet maar die dieselfde manier meet, die 20 moa gaan jy seker uitkanseleer as jy jou hoogte verstel sodat jy op bv 100m of 200m zero. Dit gaan mos oor jou line of sight, maar ek luister saam.
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 02, 2016 8:00 pm
by Gawie(13mm)
Die puriste gaan my seker slag, maar ek gaan jou 'n brief gee dat dit nie saak maak nie. Die 1 mm verskil tussen die 0 Moa en die 20 Moa basis gaan so 'n klein verskil maak dat dit weglaatbaar klein is.
Party manne meet hom sommer so met die duim of voorvinger.

Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 02, 2016 9:24 pm
by Burger
Gawie dit skok my wat jy hierbo kwyt raak. Ek het verstaan jy is een van die puriste op Jaracal

Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 02, 2016 9:42 pm
by tripodmvr
Cobust, die manne is lus vir streke vanaand. Meet die teleskoop in die middel van sy lengte en sy deursnee om gemiddelde hoogte bo diemiddel van die loop te kry. 'n 20 MOA rail veroorsaak omtrent 1mm hoogteverskil oor 300mm. Dit is dus weglaatbaar klein in die berekeninge wat die ballistiese programme vereis.
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Wed Feb 03, 2016 4:57 am
by 6.5/284Norma
Cobust wrote:Goeie dag
Ek is besig om my Kahles k624i op my 300WSM te mount op 'n 20 MOA rail. Normaalweg het ek aan die voorkant gemeet en die kalkulasie gedoen om by die middel van die loop uit te kom. Sal dit enigsins nou anders wees omdat die teleskoop teen 'n hoek lê en ook omdat die recticule ffp is?
Ek sal raad baie waardeer want dit is my eerste teleskoop wat so gemonteer word en ook nog ffp is.
Hallo Cobust,
jammer hijack maar ek wil net uitvind of jy gelukkig is met die Kahles. Is dit die nuutste model? Watter kruishaar het dit? Sal jy dit aanbeveel?
Groete
Johan
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Wed Feb 03, 2016 7:57 pm
by Cobust
Hi ouens
Baie dankie vir die raad sover. Lyk my die algemene gevoel is dat ek maar voor kan meet. Ek moet bieg dat ek dit oorspronklik gedink het dat mens dalk sal moet meet in die middel van die mounts.
Johan
Op jou vraag oor hoe ek voel oor die teleskoop: ek is impressed. Ek het 2 x Swarovski Z5's en daar is 'n noemenswaardige verskil in clarity. Ek het die MOAK ( moa) recticle en is mal daaroor. Op 24 x vergroting is sy haarlyn (dot) en dwarslyne omtrent dieselfde as die BRH van Swaro Z5 op 25. Vield of view op vol vergroting is ook goed. Het nog maar net omtrent 150 skote geskiet met hom maar op 400m is 'n 150mm gong nie 'n kuns nie. Ek kan nog niks sleg se nie behalwe dat ek oor die 50 moa (200 clicks)moes opstel om op die teiken te kom en daarom nou die ander rail.
Sal hom enige tyd aanbeveel.
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Thu Feb 04, 2016 7:36 pm
by 6.5/284Norma
Cobust wrote:Hi ouens

Baie Cobust,
ek het 'n rukkie terug een in my hande gehad maar my sak was te diep, kon nie by my beursie uitkom nie

Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Fri Feb 05, 2016 10:09 am
by Jean Marais
Ek doen dit so:
Haal die wapen se slot uit. Neem 'n stuk karton en hou dit voor die slotopening. Kyk van voor af deur die scope, en merk op die karton waar die kruis lê. (dis amper om soos deur 'n verkyker van die verkeerde kant af te kyk) Neem nou 'n lang skoonmaakstok en druk dit van voor af deur die loop tot teen die karton. Maak 'n merkie.
Die hoogte van die scope is die verskil tussen die twee merke.
Re: Waar meet jy die teleskoop hoogte
Posted: Tue Feb 09, 2016 8:19 pm
by Cobust
Jean
Baie dankie vir die raad. Ek het maar die kolf afgehaal en die totale lengte van die bokant van die scope tot die onderkant van die loop gemeet en net die helfde van die loopdikte en scope dikte op dieselfde posisie afgetrek. Tabelle werk mooi tot 400 meter. Gaan maar die naweek toets op die geweer se eerste bok. Moet 3 Elande vir 'n persoon skiet wat se vuurwapens gesteel is op sy plaas.