Page 1 of 1

Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 8:17 am
by Jakkels 223
More Almal,

My vrou het die teleskoop vir haar creedmoor gekies, maar ek vermoed die teleskoop het n probleem.
Hoop jul sal my kan help/raad gee met dit.
Op enige afstand, van 100m - 300m, kry n mens nie die teleskoop gefokus nie. Die kruishaar en die teiken prentjie wil nie gelyk duidelik bly nie. Fokus n mens op die kruishaar, is die teiken dof/blurr en ook anders om.
n Mens verstel die fokus ring van minimum tot maksimum en terug maar die prentjie (blurr van kruishaar/teiken) bly dieselfde, het ook die parralaks verstelling aan die kant probeer, maar niks help nie.
Het ook gekyk of daar nie n plastiek film oor die lense is nie, dit is ook nie die probleem nie. :P

Is dit dalk moontlik die die teleskoop n parralaks fout op het en maar moet terug gestuur word Vortex toe??

Groete en dankie

Jackie

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 8:58 am
by DawieKotze
Jakkels - het jy die kruishaar heel 1ste ingestel vir jou oog? Indien wel, behoort die kruishaar nie uit fokus te gaan op verskillende vergrotings en afstande nie. Jy behoort nooit weer aan die oogstuk te verstel (om die kruisdraad te fokus) nadat jy dit reg gefokus het die 1ste keer nie.

Ek mag verkeerd wees (en het geen idee hoeveel ondervinding jy het nie), maar dit klink vir my jy verstel aan die oogstuk elke keer op verskillende afstande.

Hier is iets wat dalk sal help.....

http://www.wilhelm.co.nz/focusriflescope2.pdf

Hoop jy kom reg!

Groetnis

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 9:30 am
by Askari
Jakkels, ek het presies dieselfde ervaar met 'n 4-16×44 HS-T. Whylo het sonder probleme die teleskoop vir my omgeruil.

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 9:51 am
by Jakkels 223
More Dawie,
Ek verstel glad nie die fokus vir elke afstand nie, ek het die fokus net in en uit gedraai om te kyk of dit nie dalk die probleem was nie. Ek het die eers die naweek agter gekom nadat ek n bietjie agter die roer ingeskuif het vir n paar skote.
Toe ek my vrou vra of sy nie sukkel om deur die teleskoop te "sien" nie, toe se sy net sy het dit agtergekom en haar nie veel aan dit gesteur nie.

More Askari, dankie vir jou terugvoer. Die teleskoop is gekoop by Zimbi, is dit beter om die teleskoop deur Zimbi te laat regmaak/omruil of gaan dit beter en vinniger deur Whylo wees??

Groete en dankie

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 9:54 am
by Askari
Ek sal voorstel dat jy deur Zimbi werk. As jy nie regkom nie of dit te lank gaan neem, sal ek Whylo se adres vir jou soek en aanstuur.

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Feb 02, 2016 10:38 am
by Jakkels 223
Dankie Askari,

Ek was ook al op Whylo se web tuiste gewees. Sal Vrydag hoor wat Zimbi se en van daar af werk.

Nogmaal dankie

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Fri Feb 05, 2016 11:29 am
by heywillie
Ek het ook onlangs n Vortex 4-16x42 op my roer gesit.
Ek het met die oogstuk se verstelling gespeel sodat hy mooi fokus op enige zoom verstelling.
Van daar af verstel ek net die parralaks.

My broer het wel n ander probleem ondervind met sy 6.5-20x50 waar die zoom verstelling vasgehaak het op 20x.
Hyt die skroef effens vasgedraai en daar loop hy weer mooi.

Wat jy daar ondervind klink nie lekker nie en ek sou defenitief 'n agent nader !

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Fri Feb 05, 2016 5:43 pm
by Tikka_25-06
Hi Askari

As dit die diamondback hp is dan het ek die selfde probleem gehaad. Ek het gedink dit is die hitte van die "silencer" wat die scope laat blur maar hom in elke val terug gevat om te laat uitkyk en hulle het hom vir my vervang! So toe betaal ek maar in op n meopta.

Vortex het n baie goeie waarborg so glo nie jy sal n probleem he nie!

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Fri Feb 05, 2016 10:30 pm
by Askari
Tikka_25-06 wrote:Hi Askari

As dit die diamondback hp is dan het ek die selfde probleem gehaad. Ek het gedink dit is die hitte van die "silencer" wat die scope laat blur maar hom in elke val terug gevat om te laat uitkyk en hulle het hom vir my vervang! So toe betaal ek maar in op n meopta.

Myne was die 4-16×44 Viper HS-T. Met die omruil het ek inbetaal op 'n 6-24x50 HS-T en die verkoop sonder om 'n skoot met hom te skiet. My 22-250 het nou 'n NightForce op.

Vortex het n baie goeie waarborg so glo nie jy sal n probleem he nie!

Re: Vortex 4-16x42

Posted: Tue Nov 07, 2017 10:09 am
by heywillie
Ek het in die week my scope ingestuur met presies dieselfde probleem (ongelukkig na ek n mooi koedoe bul misgeskiet het). Die nuwe een is darem oppad