Page 1 of 1

Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 2:09 pm
by 300Winmag
Die site is lekker stil - Maandag kom vry die manne ons neuse in al
die mooi kiekies van die bokke wat hulle gejag het tewyl ons gewerk het!!  :P

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 2:14 pm
by marno
Ja nee nou het jy waar gepraat!

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 3:07 pm
by .::Alwyn-U::.
Lewe is hard ;)

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:11 pm
by Gerhard
Hopelik is iemand darm in die veld.

Ek hardloop soos mal ding in die pakhuise rond vandag en more...

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:18 pm
by .::Alwyn-U::.
Gerhard, pak julle lemoene? Ek is hier van Patensie af

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:33 pm
by Gerhard
AlwynU wrote: Gerhard, pak julle lemoene? Ek is hier van Patensie af
Nee Alwyn,

Ek is Facility en Warehouse manager vir Busby in Doornfontein JHB (Blok v Ellispark af)

Ons werk 99% van die tyd met vroumens klere wat aan ons eie Retail winkels verkoop word of aan winkel groepe soos Edgars, Woolworths en Pick en Pay om paar te noem...

Ons is nou besig met Einde vd Fin jaar stock takes wat einde Junie moet klaar wees en dan moet ons tussen deur voorraad verskaf aan die kliente.

Ek dink ek gaan volgende Saterdag aand al my frustrasies weer op die jakkalse uitskiet...

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:40 pm
by .::Alwyn-U::.
Oh ok ek verstaan! Jy sal maar moet gaan skiet vir bietjie ontspaning anders sal mens mos mal raak!

Sterkte Gerhard

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:43 pm
by 300Winmag
Wel mense - lekker naweek, ek maak nou klaar!

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 4:45 pm
by Gerhard
300Winmag wrote: Wel mense - lekker naweek, ek maak nou klaar!
Geniet dit...

Ek is more 07:00 weer terug op kantoor...

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 6:30 pm
by .::Alwyn-U::.
Almal het maar hulle besige tye van 'n seisoen ne

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 7:22 pm
by Gerhard
.::Alwyn-U::. wrote: Almal het maar hulle besige tye van 'n seisoen ne
Ek wag nog vir die stil tyd...

Doen die laaste 7 maande 12 ure n dag 5 dae n week...

Maar ten minste het ek werk...

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 7:34 pm
by .::Alwyn-U::.
Waar wat jy da se Gerhard! Ten minste het jy werk ;D

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 8:25 pm
by Christo
.::Alwyn-U::. wrote: Waar wat jy da se Gerhard! Ten minste het jy werk ;D
Gerhard, as ek reg onthou is jy die man wat dit maar al te goed weet. My hart het destyds nogals uitgegaan na jou. Lekker werk, daar is min dinge so lekker om te wil opstaan om 7 uur te graft.

Re: Dis lekker stil.

Posted: Fri Jun 17, 2011 8:50 pm
by .::Alwyn-U::.
Feite Christo!

Re: Dis lekker stil.

Posted: Sat Jun 18, 2011 5:24 am
by Gerhard
Christo wrote:
.::Alwyn-U::. wrote: Waar wat jy da se Gerhard! Ten minste het jy werk ;D
Gerhard, as ek reg onthou is jy die man wat dit maar al te goed weet. My hart het destyds nogals uitgegaan na jou. Lekker werk, daar is min dinge so lekker om te wil opstaan om 7 uur te graft.
Christo,

Ja, ek weet hoe dit voel om sonder werk te sit....

Nou werk ek maar my vingers stomp om myself te bewys in die maatskapy.

En wanneer ek die kaans kry skiet ek al my frustrasies op die jakkalse uit..  ;D

Re: Dis lekker stil.

Posted: Sat Jun 18, 2011 8:07 am
by Christo
Gerhard wrote: Nou werk ek maar my vingers stomp om myself te bewys in die maatskapy.

En wanneer ek die kaans kry skiet ek al my frustrasies op die jakkalse uit..  ;D
Mooi. Dit is die gees wat deesdae ontbreek.

Pasop net, jy gaan man alleen die inflasiekoers befoeter.  ;)

Re: Dis lekker stil.

Posted: Sat Jun 18, 2011 9:59 am
by .::Alwyn-U::.
Haha goeie een Christo! ;D