Page 1 of 1

Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 11:22 am
by Bees
Manne, niks so lekker soos om op 'n Saterdag vroeg in die jaar 'n paar duiwe te kap nie. Kudos aan die man met die kamera Leo Dreyer. Kan iemand my sĂȘ hoe om meer as drie fotos te laai dan maak ek so...?

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 12:47 pm
by Lourens Potgieter
Daai brak smile nie, hy lag kliphard. Pragtige foto.

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 1:32 pm
by Wildjagter
https://www.dropbox.com/s/sezpxsovmgfbmqw/IMG_4931.jpg?dl=0

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 1:33 pm
by tripodmvr
As jy plek soek bel Champions Gunshop - hulle kry versoeke van die boere om die duiwe te kom pla.

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 2:24 pm
by Bees
Great dankie tripod

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 3:04 pm
by Bees
Ek het die fotos geruil met ander...lekker tye

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Mon Feb 01, 2016 3:19 pm
by Suikermuis
Netjiese fotos en dit lyk na 'n baie lekker uitstappie. Geluk!

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Wed Feb 03, 2016 4:52 pm
by Vlakvark Soldaat
Awesome! Op wie se grond was julle?

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Thu Feb 04, 2016 10:04 am
by tripodmvr
Duiwe vlieg sterk suid van Sasolburg naby Wolwehoek.

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Thu Feb 04, 2016 11:31 am
by Vlakvark Soldaat
My neef hul se grond is in Wolwehoek...Dis juis hoekom ek vra.

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Sun Feb 07, 2016 11:42 am
by cobus s
Goeie more,

Baie geluk dit lyk vrek lekker.

Ek wil nie hijack ek het net n paar vrae.

Het jy n lisensie nodig om op pvt grond te skiet of net n brief van boer?

Watse size chokes gebruik julle ?

Watse grein petrone?

Groete.

Cobus

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Sun Feb 07, 2016 12:37 pm
by tripodmvr
cobus s wrote:Goeie more,

Baie geluk dit lyk vrek lekker.

Ek wil nie hijack ek het net n paar vrae.

Het jy n lisensie nodig om op pvt grond te skiet of net n brief van boer?

Watse size chokes gebruik julle ?

Watse grein petrone?

Groete.

Cobus
Het nie jaglisensie nodig in die Vrystaat nie en slegs toestemming van boer. Kwart en 3/4 werk vir naby en ver skote - jy kan selfs half en kwart gebruik. No. 7 - 9 hael is gepas en is ook veiliger vir medeskuts.

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Sun Feb 07, 2016 12:43 pm
by cobus s
Baie dankie Oom Tripod

Sal bietjie navorsing doen oor Nw En Guateng .

Groete

Re: Duifjag in Sasolburg omgewing

Posted: Sun Feb 07, 2016 1:14 pm
by tripodmvr
Jy het daar jaglisensies nodig vir kransduif.