Page 1 of 1
QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 8:25 pm
by shottie
Naand mense, kan iemand my help met n lading
.223 BRNO Truvelo loop 22 duim 1-14 twist
pmp dop h20 29.8gn
pmp small rifle primers
dop lengte 44.5mm
TPL 57.5mm
kruit S321 239/15 lot
Hornady v-max 50gn
spoed 3138fps
Doppe is gevuurform.
groete. laat weet as ek iets uit gelos het.
Re: QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 9:08 pm
by tripodmvr
Lading asb.
Re: QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 10:01 pm
by shottie
tripodmvr wrote:Lading asb.
Jammer daai een het ek uitgelaat, dis 24.5gn
Dankie oom
Re: QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 10:18 pm
by tripodmvr
As ek kyk na die brandtempo verkry wil ek raai jy is naby aan die lande. Hou dit egter so en probeer 25,4gr om 'n nodespoed van 3265vps te kry.
Re: QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 10:35 pm
by shottie
Baie dankie, ek gaan n paar laai en probeer, laat weet sodra ek hulle getoets het.
Die max Tpl gemeet is 58.5mm as ek die nek liggies krimp die punt net net indruk
en dan merk met n permanent marker en die slot toemaak.
Groete
Re: QL hulp .223
Posted: Sun Jan 31, 2016 10:43 pm
by tripodmvr
My stelling is gegrond op baie hoër spoed as wat 24,5gr met 'n 22 duim loop moet kry. Jou metode om TPL te kry kan probleme gee as die koeël effens vassit in die lande en weer uitgetrek word. Toets dit net met die skoonmaakstok metode. Kies dan liewer die kortste een vir toekomstige ladings. Hou egter nou by jou TPL soos bepaal synde dit veilige druk gee nes dit is. Kom ons kyk hoe maak die akkuraatheid nader aan die nodespoed.