Page 1 of 2
Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:26 am
by Johan JvR
Dagse manne
Ek weet nie of die onderwerp al bespreek is nie, maar watter een van die roere sal julle aanbeveel (as mens na die onderstaande pryse kyk en alles oorweeg) :
kaliber: 243 Win
doel: teiken skiet, voorsitjag, bakkiejag
kriteria: gelamineerde kolf, verkieslik stainless loop, dikloop swaar geweer
Ruger M77 II Varmint, gelamineerde kolf, 26duim dikloop, stainless R 10 100
http://www.ruger.com/products/m77MarkII ... 17977.html
Howa 1500, gelamineerde kolf, 24duim dikloop, stainless R 11 900
Remington 700, gelamineerde kolf, 26duim dikloop, blou R 12 500
http://www.remington.com/products/firea ... 0-vls.aspx
Sal graag julle opinies wil hoor.
Groete
Johan
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:34 am
by Witpietskiet
Johan,
Die Howa of die Remi, n man kan nog met hulle snellers werk.
Sterkte.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:36 am
by Freek
JVR
Ek glo nie jy gaan verkeerd gaan met enige een van daai 3 nie. Op die ou einde van die dag gaan die prys bepaal watter een jy vat en daarop kan ek nie komentaar lewer nie. Jy het die regte 3 gekortlys. Check jou mooolas en kies, koop, doen aansoek en geniet die roer.
Het jy al besluit op 'n scope?
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:44 am
by Johan JvR
Witpiet - ek was ook bekommerd oor die Ruger se sneller, maar op SAJaggeweer se forum verduidelik Gerrie Coetzee mens kan blybaar die varminter se sneller stel, alhoewel hy 'n effense voortrek oorhou. Ek weet nie, ek het geen ondervinding met enige van die 3 make nie.
Freek - Ek gaan tydelik een van my ander roere se teleskope opsit tot ek weer 'n geldjie het om teleskoop te koop, Leupold VX3 4.5-14 x 50 side focus. dan is ek erg lus om daai Burris signature ringe op te sit, mens het dan nie nodig om die ringe te 'lap' nie.
http://www.burrisoptics.com/sigrings.html
Hoe akkuraat is daai Ruger netso van sy ma af?
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:51 am
by Freek
Daai kan werk. Nog nooi iets sleg gehoor of gelees van 'n ruger se akuraatheid nie...
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 11:36 am
by Johan JvR
Freek - ek lees nou eers jy het die Rem 700 SPS gekoop. Mens kan hom ook oorweeg. Ek is netnie baie lus om agterna die kolf te verander nie, wil sommer van die rak af koop met gelamineerde kolf en net gaan skiet sonder dat ek eers moet peuter met die roer. My akuraatheid standaard is nie so hoog nie, as hy darem net so min of meer gholfbal grootte op 200m skiet is ek tevrede.
Waarvoor verkoop die SPS model min of meer?
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 11:51 am
by .::Alwyn-U::.
Ek is nes Johan, wil nie nog sukkel met sulke goedjies nie...
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 11:59 am
by Freek
Myne gekry vir R10500. Ek dink hy hardloop normaalweg vir so R11000. Dit is seker soos julle s?. Daai Howa's is net so giftig...
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 12:19 pm
by Johan JvR
Dis 'n goeie prys daai. Laat mens wonder....
Ek lees die anderdag van die nuwe Vortex Viper HS, klink nogal na 'n lekker teleskoop:
http://www.vortexoptics.com/product/vor ... oa-reticle
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 1:02 pm
by Freek
Johan, stuur biejie vir RAYCHEL 'n PM en doen bietjie moeite en gaan lees op oor die MEOPTA MEOSTAR teleskope. Daar steek iets in daai scopes en die ding kom nie van JAPAN of CHINA af nie. Ek s? maar net terloops...
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 2:03 pm
by Johan JvR
Dankie Freek, sal hom PM. Altyd goed om iets nuut te leer.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:01 pm
by .::Alwyn-U::.
Se vir my, kom die remington model 700 net uit met n sintetiese kolf? Ek smaak so enetjie eendag aanskaf

Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Sun Jun 19, 2011 8:18 pm
by Wouter Roets
Hallo Johan
Ek sien niemand antwoord jou oor die Ruger geweer en sy akkuraadheidpotensiaal nie. Tussen daai drie gewere sal daar niks wees om van te kies nie as dit kom by akkuraadheid nie. Hou in gedagte dat Ruger wel met n stel uitstekende ringe kom en seker die beste en veiligste veiligheidsknip. Daar kan baie aan daai sneller gedoen word en ek geniet nogal die Two Stage Target Trigger op hom. Al my ander Rugers wat hom nie het nie het ek vervang met Timney's maar met hulle is dit geensins nodig nie. Ek maak hulle net ligter deur die veertjie korter te sny.
Groetnis
Wouter
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Mon Jun 20, 2011 10:43 am
by JACQUES BOTHA
Johan.
Ek is seker jyn het al jou navorsing gedoen oor al die roere, EK sou vir uit die rak uit akkuraatheid en gegewe my eie finansies die SAVAGE pad gevta het.
As ek meer beskikbaar het sal ek die Tikka een koop. Ek weet julle sal; my kruisig oor ek die onderwerp hijack, en omdat ek die genoemdes kies bo die remington, maar eksal self n winchester bo remington kies net omdat dit my keuse is...
EN as julle my dwing tussen die R of H of Rem sal ek verplig wees om die Remington te neem onder dwang pressure ,,,
Heerlike dag vir julle
Groete
Jacques
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Mon Jun 20, 2011 10:54 am
by BLOK
Ek het nogal gewonder waneer baas Wout hier sy mening sou gee.
Blok
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Mon Jun 20, 2011 2:37 pm
by Johan JvR
Dankie vir die raad julle, Wouter ek gaan jou PM om meer inligting te vra.
Ek het so 2jaar terug 'n Tikka T3 lite stainless synthetic in 243Win gehad, akkuraatheid was goed, maar die geweer was te lig na my smaak. Sien hulle kos nou ongeveer R15000, dan moet mens die kolf vervang en jy sit met 'n dun loop. Savage met die gelamineerde kolf en dikloop is ook om en by R 15 000 (hy skiet egter vrek goed).
Dis maar hoekom ek dink aan die Howa of Ruger. Remington is al klaar amper uit my begroting vir die projek uit.
Dink daai Ruger praat met my...
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Sat Jul 02, 2011 8:51 pm
by Fisher
As dit by snellers kom is hulle almal goed d.w.s. as jy hulle gestel het !
Howa s'n kan jy die ligste stel - 1pond maar as jy hom op safe sit bly hy daar, jy moet eers die sneller vorentoe druk om dit af te kry.
Ongelukug kan jy nie die over-travel stel nie
Ruger s'n kan jy tot 1 1/2 pond stel, met niks creep en niks overtravel nie
Op die Remington moet mens soms die hele sneller eganisme uit haal om dit weer stelbaar te maak dan stel hy baie mooi ook so 1 1/2 pond. Die X-mark Pro verstelling is nutteloos - vir hom haal jy sommer heeltemal uit.
Al 3 fabrikaate skiet goed.
Ek het al 2 Remingtons truggestuur wat nie skiet nie, ek betwyfel dit of hulle die Ruger of Howa gaan trugvan as jy se hulle skiet nie...
As jy nie SS in die Remington kan bekostig nie los hom dan, kies dan eerder een van die ander.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Mon Jul 04, 2011 8:15 am
by Johan JvR
Baie dankie vir al die raad wat ek gekry het !
'n Geweer kom mos maar oor mens se pad, so het ek vrydag die aansoek ingedien vir die Ruger VT. Is baie opgewonde.
Lekker week, groete
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 11:57 am
by Frikkie Coetzee
Johan
Het jy nie reeds jou Tikka verkoop nie. Daai een wat deur een gat geskiet het met die Bergers nie. Aan Oom Attie.
Hahahahahaha
Frikkie
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 2:05 pm
by Johan JvR
Ja ja...Frik, vryf dit in. Jy's die een wat ges? het daai Tikka pl?stiek kolf se hol klank staan jou nie aan nie

, hulle reken darem dat die
Rugers ook so kan skiet.
Sonet weet steeds nie van hierdie nuwe gun nie - gelukkig wil sy eendag vir nog 'n kind probeer, so my anatomie is vir nou veilig.
Groete
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 2:28 pm
by tripodmvr
Lyk my jou vroulief weet ook nie van al die geweer bewegings nie. Hoe PM ons haar om haar in te lig?
My vrou sal eendag miskien 'n kar kan koop met al die gewere en toerusting wat ek al vergaar het.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 2:38 pm
by BLOK
Tripod
Ja kyk ek dink 99% van ons se vroue weet nie wat ons koop nie en as hulle weet wat weet hulle nie hoeveel nie. Moet byse ek het al paar keer volgens my vrou goed persent gekry by manne op die forum wat nie werk daarvoor het nie.

, Jy weet mos partykeer laai die koerier op die verkeerde tyd af.
Blok
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 2:45 pm
by Johan JvR
Ek hoor die anderdag vertel iemand: 'n man se grootste vrees is dat as hy eendag dood is, sy vrou sy gewere sal verkoop teen die prys soos hy vir haar ges? hy dit aangekoop het.
Mens moet hulle seker net nooit almal saam uit die kluis haal nie. Sommige goed sink egter by vroulief in, toe ek 2 weke terug van skietbaan terugkom en kla van swak groepering toe wil sy weet of die oorsaak daai swak lot (S365 lot 061) kruit is !! Nou is ek meer versigtig wat ek als vertel.
As sy my uitvang op die internet kyk, dan blameer ek vir Grommit (Frik) en s? dis hy wat alweer iets wil bestel. Tot nou toe byt sy nog daaraan.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 3:13 pm
by tripodmvr
Ja ons moet maar pasop vir'n PM wat PMS kan veroorsaak.
Re: Ruger of Howa of Remington
Posted: Thu Jul 07, 2011 5:17 pm
by henti
Hi manne :
Ek is so bietjie op vakansie hier op kenton on sea en was vir die dag uit Grahamstad fees toe. Was nie lus vir klere kyk en stalletjies deurloop nie toe loop ek in n vuurwapen winkel vas ek was heel geskok dat n HOWA 223. maar net R 5900 kos uit die boks uit .....Kan dit wees ? Ek het die persoon se nr gevat ek wil eers n bietjie gaan lees oor Howa wat is julle manne se mening oor HOWA 223.
Groete Henti