Page 1 of 1

Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Fri Jan 29, 2016 10:17 pm
by likweD
My naam is Halvar en ek bly tans in Richardsbaai.

Ek skiet met my 30-06 na teikens en bokke; tot nou toe nog net met winkel ammunisie, maar binnekort met ammunisie wat ek self laai.

Ek is hier om te leer, te lag en gesels.

En dit als in Afrikaans. Dis vir my wonderlik dat hier so baie Afrikaans getik word!

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Fri Jan 29, 2016 10:23 pm
by tripodmvr
Welkom. Vertel bietjie meer oor ouderdom (jonk,middeljarig of dan senior). Is dit jou enigste skietding - nie eers 'n kettie nie?

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Fri Jan 29, 2016 11:52 pm
by Nico Harris
Naand buurman!

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Sat Jan 30, 2016 12:17 pm
by Barry Loock
Welkon Halvar. Ek bly ook in die baai, lekker warm en baie droog.

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Sun Jan 31, 2016 6:16 pm
by jamalley
Welkom hoop jy geniet dit baie hier op die forum

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Sun Jan 31, 2016 9:11 pm
by likweD
Dankie vir die verwelkoming julle. @driepoot: skuus vir die skamele detail. Ek is nog 'n groentjie, 31 jaar oud. Op die stadium skiet ek net met die Howa en gebruik my kettie om blou ape te verjae. Daar is 'n hangende aansoek vir 'n 22lr iewers in die SAPS se stelsels.

@Barry Ja dit is verskriklik droog, jys is al baie langer as ek in die baai so sal beter weet maar ek hoor dis die droogste wat dit in meer as 30jaar was..

@Nico is jy ook van die Richardsbaai omgewing?

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Mon Feb 01, 2016 8:17 am
by Hilux01
LikweD

Welkom hier jy gaan dit sommer baie geniet
En as jy info soek is die forum die plek om te wees, hier is manne met baie kennis en hulle deel graag

Re: Naandsê uit Zoeloeland

Posted: Mon Feb 01, 2016 10:16 am
by Nico Harris
Ek is van Melmoth af.