Page 1 of 1

Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 7:00 am
by karoo.vellies
Wie op die forum het al of gebruik tans 130gr Sierra GMK in hul .270 Win? Wat is julle gevoel?

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 1:42 pm
by Andre308
Ek het hulle so paar jaar trug gegooi. Nog dae voor my vriende crony's gehad het.

Ek het baie sukses met hulle gehad op die jagveld.

As ek dit nie mis het nie, het ek S365 agter sy gat gebrand.

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 3:38 pm
by karoo.vellies
Andre308 wrote:Ek het hulle so paar jaar trug gegooi. Nog dae voor my vriende crony's gehad het.

Ek het baie sukses met hulle gehad op die jagveld.

As ek dit nie mis het nie, het ek S365 agter sy gat gebrand.
Hoe loop hulle op die groter bokke soos BWB en Gemsbok?

Wat gebruik jy tans?

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 3:47 pm
by Baasvark
Jou .270 en my 7x64 verskil nie vreeslik van mekaar nie....

Ek gebruik SGK in 175gr en hulle is dodelik MAAR vleis skade is heelwt meer as wat ek gewoond was.

My spoed is nie vreeslik hoog nie - rondom 2700 fps.

So berei jou maar voor vir dit....

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 3:49 pm
by Andre308
Ek het wel paar gemsbokke, springbokke en rooi ribbokke met daai combo geklits. Ek het nooit punte gekry nie, maar wel al my bokke gekry. Selfs op gemsbok bladbeen geskiet (vleis skade soos mens kan verwag) maar bok het Land Cruiser lift gevang.

Ek het nog nooit n wilde bees geskiet in my lewe nie, so ek kan nie comment op hulle nie.

My 270 ammo is nou gelaai met Philimon se punte (130 gr), maar het hom meer as 8 maande laas geskiet.

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 4:09 pm
by fanie.myburgh
Ekt vir my pa n paar jaar terug van hulle gelaai, dit was 53.1gr S365 tpl kan ek nie onthou nie. Maar hulle het mooi geloop. Het later 140gr SGK 51.5gr
Groete

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 4:26 pm
by karoo.vellies
Dankie vir die terug voer, ek dink ek kan hulle maar try, meeste terugvoer hier en elders klink goed.

Re: Sierra vir .270

Posted: Fri Jan 29, 2016 4:33 pm
by Andre308
karoo.vellies wrote:Dankie vir die terug voer, ek dink ek kan hulle maar try, meeste terugvoer hier en elders klink goed.
Dink nie dit is n bosveld resep nie, maar my 270 met 130gr punte is plat wereld se kos. Jy sal nie spyt wees nie.

Re: Sierra vir .270

Posted: Sat Jan 30, 2016 12:34 pm
by Barry Loock
Het ook die 130 SGK gelaai teen so 2800 f/s. Baie goeie groeperings gekry. Is maar meer vir vlakte en langer afstande, nie aan beveel vir BWB nie, sal moet swaarder gaan vir daai outjies.