Page 1 of 1

243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 12:22 pm
by foxripper
Manne,

Vanmore stap ek by die gunshop in en daar staan 'n 243 Remmington met n 3-9x40 Bushnell Scope  vir 5,500. Splinternuut, uit die box!
Ek wou nog altyd n 243 gehad het en ek dink dis n moerse bargain..al wat my pla is dat hy daai swart plastic (tupperware) kolwe op het.. Hy lyk net baie fragile.
Ek sal julle insette & ervaring wat dit aanbetref baie waardeer..ek wil nie n bargain koop en dan was dit n fout nie.

Groete

Foxi

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 12:45 pm
by Hein M.
Fox

As dit 'n 243 Remmington is, kom hy van China af ;D

Dit is nie dalk 'n 6mm Remington nie?  http://en.wikipedia.org/wiki/6mm_Remington

Hein

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 12:55 pm
by foxripper
Hein,

Dan het hulle stront gepraat, dit moet dan n 6mm Remington wees..ek stem, as dit 'n "243 Remmington" is, moet hy van china afkom maar hy lyk presies soos die gun hieronder.
n 6mm en n 243 is so naby aan mekaar, dit sal seker nie so groot verskil maak nie??

Image

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:07 pm
by Hein M.
Die twee is naby aan mekaar, maar maak eers seker watter "twist" die loop is.  Die ander ding is die beskikbaarheid van ammo en doppe - hoe dit vergelyk met die 243.

Dit is bepalende faktore om te oorweeg voor jy koop.  Die enigste ander 6mm (behalwe die 243) wat ek sal oorweeg is die PPC.  FM is 'n kenner op hierdie gebied.

Sterkte!

Hein

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:27 pm
by Witpietskiet
Hein,

As ek my 2c mag las?

Soos ek verstaan is die kanse goed dat die geweer wat jy gesien wel n 243 kaliber is en dat dit n Remington is. Die aksie is wel nie n model 700 nie maar n model 770.

http://www.remington.com/product-famili ... l-770.aspx

Die model 770 is n goedkoper weergawe van die model 700 en soos ek verstaan is hulle nie naasten by so goed soos die duurder model 700 nie.

Hoop ek kon bietjie help.
Mooi loop

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:39 pm
by Jeagermeister
Bergh,

Daai is darem nie dieselle kwaliteit as die Model 700 nie...

Baie plestiek, en ek dink nie sy sneller is verstelbaar nie..

So, man moet seker maar kyk wat is jou behoeftes en wat jy kan bekostig...

Sterkte met die besluit..

JM

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:42 pm
by Hein M.
Witpietskiet wrote: Hein,

As ek my 2c mag las?

Soos ek verstaan is die kanse goed dat die geweer wat jy gesien wel n 243 kaliber is en dat dit n Remington is. Die aksie is wel nie n model 700 nie maar n model 770.

http://www.remington.com/product-famili ... l-770.aspx

Die model 770 is n goedkoper weergawe van die model 700 en soos ek verstaan is hulle nie naasten by so goed soos die duurder model 700 nie.

Hoop ek kon bietjie help.
Mooi loop
Wat jy bedoel is dat dit 'n Remington in 243Win is.  Dit is moontlik.  

Hein

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:45 pm
by Hein M.
Jeagermeister wrote: Bergh,

Daai is darem nie dieselle kwaliteit as die Model 700 nie...

Baie plestiek, en ek dink nie sy sneller is verstelbaar nie..

So, man moet seker maar kyk wat is jou behoeftes en wat jy kan bekostig...

Sterkte met die besluit..

JM
JM

Stem saam met jou.  My broer het destyds gekyk na 'n Remington Mod.710  30-06 en het dit maar gelos juis om daardie redes.  Die ergste van alles is dat die aksie en loop een cast is, so jy moet hom wegm**r as die loop uitgeskiet is...

Hein

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 1:50 pm
by Witpietskiet
Hein M. wrote:
Witpietskiet wrote: Hein,

As ek my 2c mag las?

Soos ek verstaan is die kanse goed dat die geweer wat jy gesien wel n 243 kaliber is en dat dit n Remington is. Die aksie is wel nie n model 700 nie maar n model 770.

http://www.remington.com/product-famili ... l-770.aspx

Die model 770 is n goedkoper weergawe van die model 700 en soos ek verstaan is hulle nie naasten by so goed soos die duurder model 700 nie.

Hoop ek kon bietjie help.
Mooi loop
Wat jy bedoel is dat dit 'n Remington in 243Win is.  Dit is moontlik.  

Hein
Jip, Remington model 770 in 243Win

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 2:57 pm
by foxripper
Dankie manne..het sopas my mind verander..wat Johan se is baie waar en ek het my laat fool met die prys.

Gaan maar vas trap en die 25-06 Tikka T3 Varminter vat..wil koop en klaar koop en jy kan hom stamp van 75gr tot 120gr..lekker "allrounder" geweer dink ek.

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 4:04 pm
by Armand Steenkamp
dis n wyse besluit!

Groetnis

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 4:10 pm
by Raven
foxripper wrote: Gaan maar vas trap en die 25-06 Tikka T3 Varminter vat..wil koop en klaar koop en jy kan hom stamp van 75gr tot 120gr..lekker "allrounder" geweer dink ek.
Nou praat jy!!!!  ;)  ;)

Goeie besluit.

Raven

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 4:13 pm
by foxripper
Dankie Kerels, het hierdie positiewe advies nodig...kyk, hy is duur maar ek glo hy is elke sent werd. My skippie het bietjie laat gekom want die tyd as ek die geweer & lisensie kry is die winter al lankal verby..
Wel, sal maar solank die Jakkalse in die somer opwen met hom.

Re: 243 Remmington???

Posted: Thu Jun 16, 2011 10:10 pm
by Blackie Swart
Moet net se dat ek het self n model 700 243 remington het en hy skiet n hond uit n bos uit.Die geweer gee my konstant so n duim groepering op 100m wat ek dink nie sleg is vir n geweer wat nog nie mee getoor is nie.Gebruik hom om die jakkies mee te klits.Ek geniet die geweer vreeslik. Jy sal nie spyt wees as jy die outjies koop nie
Groete
Blackie

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 7:39 am
by Freek
Manne ek wil nou nie brag nie maar ek is so opgewonde ek sukkel om stil te sit... Het einde Feb 2011 vir my 'n .243 Remmington 700 SPS varminter gekoop. Lisensie is 7/3/2011 ingedien en l? huidiglik by SAPS - centraal gebel en hulle reken 20/7/2011 behoort die tydelike liksens afgehandel te wees. Die geweersmit is huidiglik besig om die aksie te pak en loop te "free-float". Die Millet laat gaan en by Raynie bel? in 'n Meopta Meostar 3-12x56 met R1r reticle.

K?rels daai roer het miskien 'n tupperware kolf maar as 'n roer bakkie ry en elke dag gebruik word dink ek nie 'n duur "show case" kolf is die antwoord nie. Volgens kenners is die Remington SPS se kolf sy grootste "draw back" hy  is glad nie gepak nie en aksie skroef direk in die plastiek kolf vas met druk punte aan die voorkant van die kolf waarop die loop rus. Remington beweer die loop is gefree float, dit is ongelukig nie waar nie. As gevolg van hierdie situasie kom die roertjie nie tot sy volle reg nie. Om dit reg te stel het jy 1 van 2 opsies:

1. Koop 'n Bell en Carson kolf met pillar blok bedding vir die Remington short action @ +- R4000 of
2. Laat pak die bestaande plastiek kolf vir +- R540.00

Ek het laas genoemde gevolg en kan nie wag om die setup uit te toets nie. So terloops, daar is manne wat dood te vrede is met die geweer uit die boks en doen geen v?rdere moeite om enige iets te verander nie. Vir die prys wat ek vir daai Remington betaal het dink ek nie mens kry slegte waarde vir jou geld nie.

Mooi dag.

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 9:11 am
by JACQUES BOTHA
FREEK
Ek sal as ek kan tupperware op al my roere gebruik. Die pak van die roer is een opsie en defnitief nie die verkleerde een nie, kyk egter na nog 2 opsies as jy baie geld het soos ek weet jyu het kna jy n "bedding blok insit" en jy sal noooit weer sukkel nie, "plllar bedding" werk baie lekker as jy sterk  en stewige tupperware het. daar is tupperware kolwe op die mark wat eintlik  beter sal doen vir n krieket kolf vir vir jong seuns ...
Maar die meeste is darem op standaard..
Geniet jou nuwe roer
Jacques

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 9:33 am
by Freek
 
as jy baie geld het soos ek weet jyu het
  Hokkaai ou grote... stadig nou, ek voel gevly maar ek wens dit was die situasie anders het ek nie gesukkel met die Remmingtontjies nie en somaar reguit gegaan vir die T3 super varminter.

Al die mahala stoele op die forum wat sy tol jy weet... ;D Mededeelsaamheid ou mater, mededeelsaamheid.

Nee wat JAQUES ek is baie beindruk met Raynie se scope voorstel en sal jou wys hoe die kombinasie werk as ons eendag toegelaat word om met ons gereedskap te mag werk jy weet. Spaar nou vir 'n terminator knaldemper my maat.

Mooi dag en week vir julle stuur maar groete vir oom Am, hy sit mos daar naby jou. Check bietjie vir my of hy sy boek gebruik asb.?

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 10:12 am
by Jeagermeister
Freek, en ander manne wat dalk mag misverstaan...

Ek stry glad nie dat die Model 700 'n uitmuntende geweer is in al sy vorme nie.. tot daai VTR met sy driehoek loop..

MAAR daai Model 770 wavan Foxripper in die begin gepraat het en waaroor die hofie gaan is nie 'n PATCH op enige model 700 nie...

Ek gaan seker nou iewers die wind van voor kry, maar die my opinie...

Groete

JM

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 10:19 am
by Freek
Johan, nee man ons probeer jou nie verkeerd bewys en dood praat nie. Ek stem 100% saam jou met daai 770 en 710 model, weet nie of die goete dit gaan maak nie... ???

Wat ek eintlik wil s? is mens kry Remingtons en Remingtons en daai 700 het homself bewys en hy staan nie terug nie. Die ander Remingtons is soos 'n broer in die tronk ons praat nie oor hulle nie. Ek is nou so lekker groot bek, het nog nooit 'n Remington besit of geskiet nie. Die SPS sal my 1ste een wees, ek weet nie wat maak ek as daai roer land en hy stel my teleur nie - HUIL MY DOOD s? ek nou vir julle.  :-[

Maar ek het innirlike berusting dat hy gaan werk... 8) HY MOET WERK.

Re: 243 Remmington???

Posted: Fri Jun 17, 2011 11:04 am
by Jeagermeister
Freek wrote: Johan, nee man ons probeer jou nie verkeerd bewys en dood praat nie. Ek stem 100% saam jou met daai 770 en 710 model, weet nie of die goete dit gaan maak nie... ???

Wat ek eintlik wil s? is mens kry Remingtons en Remingtons en daai 700 het homself bewys en hy staan nie terug nie. Die ander Remingtons is soos 'n broer in die tronk ons praat nie oor hulle nie. Ek is nou so lekker groot bek, het nog nooit 'n Remington besit of geskiet nie. Die SPS sal my 1ste een wees, ek weet nie wat maak ek as daai roer land en hy stel my teleur nie - HUIL MY DOOD s? ek nou vir julle.  :-[

Maar ek het innirlike berusting dat hy gaan werk... 8) HY MOET WERK.
Freek,

Nee dan is alles in die haak, was net bang die manne dink ek dis die Model 700.... dink nie daai SPS sal jou teleur stel nie!! Jy gaan nog baie goedjies met hom klop, en sommer ure van plesier met hom h?!

Johan