Page 1 of 1
Hornady concentricity tool
Posted: Wed Jun 15, 2011 5:44 pm
by DawieKotze
Sal hierdie tool help as die dop se nek nou nie heeltemal reguit is en/of die seating die nie sy job behoorlik doen nie?
http://www.youtube.com/watch?v=7iL4aP_20fA
Die ou gebruik die tool om die run-out te meet en dan te korrigeer op dieselfde tool. As die dop se nek nou skeef is, maar die koe?l is opgelyn met die tool, dan is daar mos oneweredige druk op die koe?l deur die nekwande?
Lyk my na 'n foeffie, maar die ou gee te kenne dat "matchshooters" dit al vir jare gebruik! Mens maak mos nie 'n fout reg met nog 'n fout nie?
Wat s? julle?
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Wed Jun 15, 2011 5:51 pm
by Raven
Madako,
As dit help en dit werk , koop ek hom.
Raven
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Wed Jun 15, 2011 8:02 pm
by Armand Steenkamp
Ek stem saam met raven al ander dingetjie wat bykom is prys!
Groetnis
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Wed Jun 15, 2011 10:45 pm
by THOMAST
Dink so daaraan: jy het nou jou doppe gesize en alles gedoen om die patroon klaar te maak. Die koe?l word nou vasgehou in die nek van die patroondop.
Nou meet jy hom en vind uit die ding is krom. Nou druk jy aan die een kant van die nek met die apparaat, terwyl die koe?l se punt en die basis van die patroon ondersteun word. Dink jy daai drukking wat die koe?l nou reguiter in die dop laat sit gaan die nekspanning nie affekteer nie? Die nek gaan mos effe rek aan die kant waar hy gedruk word, maar die teenoorgestelde kant bly onaangetas.
Nou het jy mooi reguit patrone met onegalige nekspanning.
Verder: Soms is die basis (head) van die dop nie mooi konsentries nie. Nou word die dop daar ondersteun deur die masjienjtie. Ek dink die gebruiker van so 'n apparaat gaan slapelose nagte h? van bekommernis.
Ek los hom maar.
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 1:44 am
by Francois Briedenhann
Dis waar wat oom daar se.
Groete
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 8:06 am
by Jagtersdok
Thomas is heeltemal reg. Mens druk nie aan 'n rondte om hom reguit te maak nie, die nekspanning gaan dan vir bol poefies.
Waar die runout guage van belang is, is om te sien of jou herlaai tegnieke en setup reg is, want as jy die dinge reg doen behoort jou runout tot minimum beperk te word
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 8:22 am
by Dawid
Raait ....in spring die leek.......
Nou sodra als nou reguit gedruk is en ons dan soos julle se....met oneweredige nekspanning sit........wat verhoed n mens dan om die nek weer te krimp.
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 8:30 am
by baboonstalker
Soms is die basis (head) van die dop nie mooi konsentries nie. Nou word die dop daar ondersteun deur die masjienjtie.
Thomas, Ek het presies dit gevind toe ek die "waggelmeter" gebruik het. Druk hom perfek reguit dat daai wysertjie nie wwrs beweeg nie. As jy dan die basis van dop 180 grade draai in die houer en weer meet sit jy weer met 10-20 thou runout.
Die masjien kan meer skade as goed doen.
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 9:24 am
by Raven
Manne,
Ek het ook bietjie verder gaan oplees op die WWW en kan met gemak s?, dit gaan nie herlaai kamer toe nie.
Groete
RAven
Re: Hornady concentricity tool
Posted: Thu Jun 16, 2011 10:18 am
by DawieKotze
Nes ek ook gedink het!!
...........en dis die str%nt wat Hornady aan mense afsmeer? Ek het meer van so 'n "reputable" maatskappy verwag! Maar dan is daar seker ook baie ander foefies wat maatskappye aan goedgelowige kli?nte afsmeer. Hulle claim egter nie dat baie matchshooters dit al vir jare met sukses gebruik nie!
Groete!