Page 1 of 2

Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 2:54 pm
by FHM
Manne kyk bietjie die skoot, sou jy op dieselfde plek geskiet het?
Dis n baie goeie skoot skuins van voor deur die knoppe - ek sou dalk n rapsie laer gegaan het.
Met die skoot gebruik mens ook net premium punte - hy moet darem deur been gaan na die pompstasie toe.
N kopskoot was ook nie buite die kwessie hier nie - maar ons weet nie wat die afstand was nie.
Wat se julle?
https://www.youtube.com/watch?v=JQD3qdmgY9U

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 3:47 pm
by Ratel
Goeie skoot en ek stem saam met die bietjie laer dalk. Die afstand is bedrieglik maar lyk nie verder as 80 m nie. Van skiet stokke af sou ek vir die kop gegaan het.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 3:54 pm
by musgrave270
Ek stem saam Ratel.

Ek sou egter nie daai skoot uit die vuis uit gewaag het nie. Ek sou die naaste boom gegryp het. Maar dis ek.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 3:57 pm
by ruaanb
Daai is mos 'n oorsese jagter? Word kopskoot dan toegelaat?

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 3:58 pm
by andre007
musgrave270 wrote:Ek stem saam Ratel.

Ek sou egter nie daai skoot uit die vuis uit gewaag het nie. Ek sou die naaste boom gegryp het. Maar dis ek.
Stem. Met my bewerasies sou ek hom uit die vuis mis gebewe het ::)

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:00 pm
by Apie
Die perfekte skoot sou seker 3 duim laer kon wees.
Maar daai was gaaf volgens my

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:04 pm
by Ratel
ruaanb wrote:Daai is mos 'n oorsese jagter? Word kopskoot dan toegelaat?
;D Ek weet nie maar ek is 'n biltong jagter en as ek gemaklik voel sal ek vir die kop gaan. MET skietstokke natuurlik. Anders bewe ek dalk die bok heeltemaal mis.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:17 pm
by Gawie(13mm)
Manne, hoekom sê julle 3 duim laer?
Dit is net my beskeie mening, maar daai skoot het die plumbing aan die bokant van die hart aan flarde geskiet. In my boeke is dit 'n beter skoot as drie duim te laag.
Ek sou darem self graag 'n jong boompie wou nader sleep vir daai skoot. ;D

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:24 pm
by tripodmvr
Daardie man skiet heelwaarskynlik trofee. Geen skote naby die kop is dan die norm. Lyk my het gekniel.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:26 pm
by FHM
Gawie(13mm) wrote:Manne, hoekom sê julle 3 duim laer?
Dit is net my beskeie mening, maar daai skoot het die plumbing aan die bokant van die hart aan flarde geskiet. In my boeke is dit 'n beter skoot as drie duim te laag.
Ek sou darem self graag 'n jong boompie wou nader sleep vir daai skoot. ;D
Kom ons se jy was agter die roer Gawie - sou jy nie n rapsie laer gemik het nie?
Of nee, Gawie sou eerder die posisie http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 3&start=25 gevat het en hom tussen die oe gerol het ne... ++>:
Daar moet baie Ghries naby wees as ek daai posissie traai - anders gaan ek nie loskom uit myself uit nie ;)

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 4:31 pm
by Gawie(13mm)
Kyk mooi na my Avatar. Daai is nou amper twee duim te laag. :-X
Persoonlik verkies ek 'n Cruiser se kant spieël. Lekker gemaklik. ;D

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 6:03 pm
by VdWalt
Ek sou 2 duim links tussen die bene deur. Ek glo met daai skoot is net die linkerkantste long raak geskiet. Die bok staan baie min quartering away.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 6:10 pm
by JacquesT (Stompe)
VdWalt wrote:Ek sou 2 duim links tussen die bene deur. Ek glo met daai skoot is net die linkerkantste long raak geskiet. Die bok staan baie min quartering away.
My gevoel ook. Sou ook 2 duim links gaan.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 8:20 pm
by Hugo
In watse opsig was dit n minder goeie skoot? Die bok le dan?

Ons is vinnig om agter die rekenaar n opinie te lig oor skoot plasing, daai man het 3 sekondes dan is daai kudu diep tussen die mopanies in!

Was dit n swak skoot? Nee. Le die bok? Ja. Het die koeel die hartslag getref? Duidelik want hy le.

Kyk op die slow mo hoe sak die voor lyf na die skoot. Indikasie van n RAAK hou...

My opinie.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 8:22 pm
by Gawie(13mm)
Hugo, ek dink nie dat een van ons die skut kritiseer nie.
Ons is net almal lus vir jag. Met hierdie oefening skerp ons maar net onsself op vir die jag seisoen wat nog so ver is. ;D

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 8:25 pm
by Hugo
Die seisoen blyk ver in kaapland, hier in die noorde jag ons die naweek al...

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 9:09 pm
by VdWalt
Die opskrif is waar ek sou geskiet het nou antwoord ek en skielik kritiseer ek die ou....... As jy 'n bok deur die lewer skiet gaan hy ook vrek. Dit beteken nie ek gaan dink dis 'n groot skoot oor die bok dood is nie.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 10:00 pm
by JPS
ek persoonlik sou duim of 2 duim links gemik het. Uit die vuis uit of ek hom daar sou getref het is nou perd van ander kleur, moontlik sou ek hom dalk nog duim verder regs geskiet het...

Dink nie iemand betwis die feit dat dit doodskoot was nie, uit die vuis uit was dit nogmaals goeie skoot. Stem die skoot blyk so 80-100m te wees, nie maklik vir meeste ouens uit die vuis uit om pin point te mik en te skiet op 100m nie. Dalk maar omrede ek baie meer akuraat met rus soos, skietstok, boom ens. skiet, ander ouens skiet dalk great op 100m uit die vuis.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Tue Jan 26, 2016 11:38 pm
by tripodmvr
Toe ek begin jag het was skematiese prente van die organe in 'n bok dun gesaai. Ek het vir die middel van die bok voor gemik en het baie bokke huis toe gebring. My eerste kwesskote was toe ek probeer om hartskote te skiet - slegs 'n streep op die bors en weg is hy.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:04 am
by Werner Prinsloo
Ek sou ook meer links skiet. Indien moontlik 'n hele paar meter want die tweede bul wat hy nie geskiet het nie lyk vir my groter.

Jammer hy het nie 'n skoot op hom gehad nie.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:26 am
by Apie
Dis moeilik om die presiese impak te sien maar dit lyk tog of dit voor op die skouer is. Te veel links kan ook n probleem wees.

Bosveld jag!

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 11:58 am
by JohanvB
Ek wonder hoeveel manne die bok raak sou geskiet het, uit die vuis uit op 80 0f 100meter...hmmm...let wel raak...ek praat nie eers van die dood skoot nie..

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 12:00 pm
by FHM
JohanvB wrote:Ek wonder hoeveel manne die bok raak sou geskiet het, uit die vuis uit op 80 0f 100meter...hmmm...let wel raak...ek praat nie eers van die dood skoot nie..
...ek is nie skaam nie...ek sou nie!
Weier om verder as 50 meter uit die vuis uit te skiet.

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 12:48 pm
by Louis Kriel
As n Karoo/Kalahari jagter sou ek my dood bekommer het oor al die takke in die pad. Of dink julle die skoot bok toe was "oop"?

Re: Sou jy op dieselfde plek geskiet het?

Posted: Wed Jan 27, 2016 1:09 pm
by Jean Marais
Hugo wrote:In watse opsig was dit n minder goeie skoot? Die bok le dan?

Ons is vinnig om agter die rekenaar n opinie te lig oor skoot plasing, daai man het 3 sekondes dan is daai kudu diep tussen die mopanies in!

Was dit n swak skoot? Nee. Le die bok? Ja. Het die koeel die hartslag getref? Duidelik want hy le.

Kyk op die slow mo hoe sak die voor lyf na die skoot. Indikasie van n RAAK hou...

My opinie.
Dankie Hugo. Stem. Suksesvolle jag gewees. Net 1 skoot nodig.