Page 1 of 2

7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Tue Jan 26, 2016 10:42 am
by jooste
Goeie more.

Ek het pas vir my n CZ 550 7x64 Brenneke aangeskaf. Wag nou in spanning vir die lisensie.

Ek begin solank n bietjie inligting insamel insake die herlaai van ammunisie vir hierdie geweer. Ek herlaai ook vir .303, 9.3x62, .375 en 30.06.

Ek hoor graag van julle insake die herlaai data vir die 7x64 Brenneke met die volgende komponente:

- CZ 550 7X64 Brenneke
- Norma doppe
- CCI 200 Slagdoppies
- S341 of S365 kruit
- Rhino Solid Shank 170gr
- TPL? Het nog nie geweer nie dus kan nog nie bereken.

Enige terugvoer van manne wat ook vir 7x64 Brenneke herlaai sal baie welkom wees.

Beste groete

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Tue Jan 26, 2016 11:10 am
by tripodmvr
Hier is beginladings met S365 en S385 wat die beste behoort te werk.

S365 - 46gr
S385 - 49gr

S385 behoort mooi vol doppe te gee.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Sat Jan 30, 2016 5:31 pm
by KalahariKlong
Baie geluk met 'n baie lekker caliber.
Ongelukkig kan ek jou nie help nie aangesien my loop nog niks anders as 162gr Amax'e geproe het nie.

Oom Tripod, watse spoed sal so Rhino Solid Shank 170gr te haal?

Groete
KK

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Sun Jan 31, 2016 2:15 pm
by tripodmvr
Met 24 duim loop - 2700 - 2750vps.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Sun Jan 31, 2016 3:35 pm
by Baasvark
Geluk Jooste!
Baie lekker geweer. Myne nou al seker so 20 jaar...

Myne het ook as 'n CZ begin maar nuwe kolf en loop het hom so bietjie verander!

Ek het 154gr interbonds altyd geskiet. Nou oor na 175gr SGK.

As hulle klaar is sal ek oor gaan Barnes toe.

Sterkte , hoop jy kry gou jou lisensie! Gooi maar foto's van die eerste een wat val.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 9:49 am
by jooste
Goeie more jagtersvriende.

Ek het gistermiddag my CZ 550 De Lux 7x64 Brenneke in ontvangs geneem na 5 maande se gewag (28/12/2015 gekoop). Nou begin die lekker gedeelte om die regte lading vir die geweer te kry.
Om seker te maak dat ek nie baie kruit en geld aan lading ontwikkeling bestee nie wil ek graag van ons forum lede verneem wat hul ladings is gebaseer op die volgende informasie:

Wapen: CZ 550 De Lux 7x64 Brenneke
Looplengte: 602mm
Loop groef draai: 8.7
Slagdop: CCI 200
Dop: Norma
Dop volume: 66.63gr
Dryfmiddel: Somchem S365 Lot 81/14

Ek wil graag drie punte gebruik, een goedkoop vir inskiet en lading ontwikkeling en dan twee vir jagdoeleindes.

1. Pro Amm 170gr (goedkoop vir inskiet doeleindes):

2. Barnes TTSX - 150gr (Jag doeleindes)

3. Rhino Solid Shank - 160gr (Jag doeleindes)

Ek sal dit baie waardeer as julle my kan help met die volgende vir elke punt:

1. Aanbevole ladings

2. Aanbevole TPL (ek laai nie uit magasyn nie, dus verlang ek die TPL wat beste groepering sal verseker)

Byvoorbaat dankie vir al die positiewe hulp op die forum.

Beste groete

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 10:11 am
by tripodmvr
1. TPL 1mm sprong vir lood/koper en 2mm vir monoliete (Barnes en Rhino). Dit is 'n goeie beginpunt en beste TPL sal bepaal moet word tydens lading ontwikkeling.
2. Rhino begin - S385 -49gr; S365 - 46gr
3. Barnes en PMP - S385 - 52gr; S365 - 49gr

Jou dopvolume lyk baie klein - is dit 'n gevuurvormde dop?

Skiet 3 skoot groeperings met die beginladings en kry spoed. Daarmee kan QL jou behulpsaam wees.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 10:31 am
by jooste
Baie dankie vir die vinnige reaksie.

Eerstens die TPL:

Hierdie geweer het n kamerlengte van 94mm. Dit beteken met n 1mm of 2mm sprong dat die TPL ongeveer 93mm of 92 mm gaan wees wat beteken dat dit n ongelooflike lang petroon gaan wees waarvan die punt net net in die dop nek is.
Ek het gedink om op 84mm te begin en dan bietjie langer te gaan met compressed ladings as vertrekpunt.
Wat is u mening hieroor?

Doppe:

Ja dit is splinternuut en nog nooit gevuur nie.

Ladings:

Baie dankie. Enige rede hoekom Rhino lading laer is as Barnes?

Nogmaals baie dankie.

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 10:47 am
by tripodmvr
TPL word bepaal deur :-
1. Magasynlengte as jy daaruit wil skiet
2. Vryboor van die geweer
3. Sprong na lande
4. Koeëlskag in nek

As jou kamer so lank is dan probeer ek verseker dat ten minste 80% of meer van kaliberdeursnee van die skag teen die nek raak - 5,8mm+ in die geval van die 7mm. By BT koeëls word die afspitsing ignoreer en werklike kontak word gemeet.

Rhino's het lang dravlakke wat druk opjaag en ek kompenseer daarvoor - QL wys dit ook.

Jy sal die dopvolume van 'n paar gevuurde doppe moet meet om werklike volume deur te kan gee. Dit maak eers saak vir die QL berekeninge na 'n spoed bepaal is.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 10:56 am
by jooste
Baie dankie.

Ek gaan jou ladings en Somchem ladings gebruik vir laai om more mee te gaan inskiet.

Ek rapporteer maandag terug op die resultate dan vat ons dit van daar.

Nogmaals dankie.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 11:00 am
by Boersonderroer
Jong ek kan jou amper 'n brief gee dat jy nie naby jou landings gaan kan kom nie. Ek laai my koeels so 87.75mm en hulle is kaliber diameter diepte in die dop. Hulle pas net net in magasynkas. Ek het nou eers onlangs begin met tpl speel met die Hornady GMX want hulle wil nie so lekker groepe skiet nie. Die 162gr SST skiet soos 'n droom.

Ek hoor graag hoe die Rhino's en Barnes skiet.
Fanie Myburgh hier op die forum se hy het baie koeels in sy CZ geprobeer maar niks skiet so goed soos die SST's nie.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 11:10 am
by jooste
Baie dankie ook aan jou Boersonderroer vir die gesels.

So n 87.75mm patron is darem vreeslik lank en lyk skoon ongemaklik maar ek gaan definitief probeer. Ek is nie gepla oor die magasynkas se lengte nie want ek laai individuele patrone direk in die loop.

Ek self jag met 300gr Rhino in my 9.3x62 en is ongelooflik gelukkig met hul prestasie, so 95% gemiddeld gewig retensie met 10mm groepe op 100m gelaai met 58gr S341 met n TPL van 83mm.

Ek is maar life vir die "een konstruksie" punte want die ander breek te maklik op.

Ek gaan nou eers Pro Amms skiet om die teleskoop ingestel te kry. Daarna sal ek besluit op Barnes of Rhino en dan my ladings so na aan volmaak as moontlik probeer kry.

Die geweer is n CZ 550 De Lux. Baie mooi.

Nogmaals dankie.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 11:19 am
by tripodmvr
"So n 87.75mm patron is darem vreeslik lank en lyk skoon ongemaklik maar ek gaan definitief probeer. Ek is nie gepla oor die magasynkas se lengte nie want ek laai individuele patrone direk in die loop."

As ek reg is dan het die CZ "controlled feed" en die patroon moet uit die magasyn gelaai word sodat die uittrekker oor die rand van die dop skuif en dit dan mooi vashou. Sit jy die patroon los op die magasyn en stoot dit dan in die kamer in (push feed) moet jy die uittrekker oor die rand forseer. Die CZ is nie daarvoor gemaak nie en jy gaan die uittrekker beskadig en laat afbreek. Maak net seker of dit wel die geval is voor jy skade kry.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Fri May 13, 2016 12:07 pm
by Baasvark
tripodmvr wrote:"So n 87.75mm patron is darem vreeslik lank en lyk skoon ongemaklik maar ek gaan definitief probeer. Ek is nie gepla oor die magasynkas se lengte nie want ek laai individuele patrone direk in die loop."

As ek reg is dan het die CZ "controlled feed" en die patroon moet uit die magasyn gelaai word sodat die uittrekker oor die rand van die dop skuif en dit dan mooi vashou. Sit jy die patroon los op die magasyn en stoot dit dan in die kamer in (push feed) moet jy die uittrekker oor die rand forseer. Die CZ is nie daarvoor gemaak nie en jy gaan die uittrekker beskadig en laat afbreek. Maak net seker of dit wel die geval is voor jy skade kry.
Oom is reg ja. Hy sal uit die magasyn moet laai.

Ek sien daar is nou 'n 557 model wat die pushfeed aksie het.

87.75 is nie so lank nie en CZ het maar 'n langer vryboor as baie ander gewere maar ek glo nie dit beinvloed enigsens akkuraatheid nie.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 23, 2016 9:01 am
by jooste
More manne.

Volgens CZ se handleiding mag individuele patrone direk in die loop gelaai word.

Ek het saterdag gaan skiet om my teleskoop in te stel en het sommer ook n paar ladings en groeperings getoets.

Vind hier onder die resultate:

- CZ 550 Lux 7X64 Brenneke
- Norma dope
- H2O: 67.7 mm (gevuurde dop)
- CCI 200 Slagdoppies
- S365 kruit
- Pro-Amm 170gr
- Loop lengte 601mm (volgens vervaardiger handleiding)
- Magasyn lengte - Genoeg
- Crony: 5m

Lading1: 50gr, TPL 84mm (Groepering: Goed)
- 2535
- 2540
- 2535

Lading 2: 51gr, TPL 85mm (Groepering: Goed)
- 2626
- 2616
- 2636

Lading 3: 52gr, TPL 87mm (Groepering: Baie goed)
- 2703
- 2685
- 2673

Groete

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 23, 2016 11:34 am
by tripodmvr
1. Ek soek eksakte data van die geweer om korrekte berekeninge te kan doen. Die looplengte is soos gemeet van die punt voor tot teen 'n gespande slot.
2. Ek sien jy het beide TPL en lading aangepas. Dit maak dit onmoontlik om akkuraat te bereken. Besluit op 'n TPL en hou dit vas vir al die verdere sarsies van 3.

Ek het die hoogste en beste lading volgens jou gebruik vir berekening. Die node met jou gegewens verskaf dui op 51,5gr vir 2667vps op die chrony 5m weg. Jy was dus naby met 52gr en daarom die akkuraatheid.

Daar is 'n node boontoe, maar die druk dui op 1000 psi bo die maksimum van 60 000psi. Dit kan gering wees en as jy dit wil probeer sal ek voorstel dat jy met 0,1gr inkremente oplaai vanaf 53,5gr om 'n spoed van 2773vps te bereik.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 23, 2016 11:51 am
by jooste
Baie dankie Tripomvr.

Ek dink ek gaan volstaan by die 87mm TPL.

Soos genome onder die quickload afdeling, het ek hier met Pro amm 170gr geskiet. Dit was maar omdat dit goedkoop punte is en goedgenoeg vir inskiet en skyfskiet.

Ek wil graag met of Barnes TTSX 150gr of Rhino Solid Shank 170gr jag. TPL sal 87mm wees.

Kan jy asseblief help met node ladings vir die twee punte.

Nogmaals dankie.

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 23, 2016 12:06 pm
by tripodmvr
Quick Load is 'n baie handige hulpmiddel om gou by nodes uit te kom, maar jy moet verstaan dat 'n komponent verandering soos 'n ander koeël die brandtempo van die dryfmiddel kan verander.

Alhoewel ek naby gaan wees met die node kan die ladings ver van dit weg wees of ek kan 'n gevaarlike lading deurgee. Alvorens jy nie jou geweer se voorkeure ken en die dryfmiddel se reaksie op verskillende koeëls, is dit dus moeilik om nodes vooraf te bereken.

Ek sou aanbeveel dat jy met 51gr vir albei koeëls begin en 3 skote oor die chrony jaag.

Ek gebruik die TSX vir my gewere en het sover puik resultate gekry. Kry hulle as jy nie TTSX kan opspoor nie.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 23, 2016 1:09 pm
by jooste
Baie dankie.

Ek sal so maak.

Beste groete

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 8:40 am
by jooste
Goeie more Tripomvr.

Ek was saterdag op die skietbaan met die 7x64 Brenneke en het die volgende resultate gekry:

CZ 550 Lux 7X64 Brenneke
- Norma dope
- H2O: 67.7 mm (gevuurde dop)
- CCI 200 Slagdoppies
- S365 kruit
- Barnes TTSX 150gr
- Loop lengte 601mm
- Magasyn lengte - Genoeg
- Crony: 5m
- Skietafstand: 100m

Groep 1: 52gr, TPL 87mm (Groepering: Swak)
- 2791
- 2787
- 2793

Groep 2: 52gr, TPL 87mm (Groepering: Swak)
- 2780
- 2780
- 2787

Spoed is aanvaarbaar maar groepering was besonder swak. Nie een skoot was nader as 2cm van mekaar nie.

Ek beplan dus om die lading van 52gr te behou maar om TPL van 84mm, 85mm en 88mm te toets om te probeer om groepering beter te kry.

Wat interresant is, is dat 170gr Pro-amms wat 52gr gelaai is met 87mm TPL n fantastiese groepering skiet. Drie skote sny mekaar in n pervekte klawer op 100m.

Raad in die verband is enigetyd welkom.

Nogmaals baie dankie.

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 9:01 am
by tripodmvr
Jou ladings wys baie klein ES en dui op eenvormige druk met elke koeël.

Jy is nie naby die nodespoed nie. Die mikpunt is 2850vps op die chrony en 53,3gr behoort jou baie naby te kry. Hou die 87mm TPL - indien nodig kan daar later daaraan gestel word.

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 11:19 am
by jooste
Baie dankie Tripomvr.

Ek sal komende Saterdag jou raad probeer.

Nogmaals dankie.

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 12:12 pm
by Stefan764
My 7x64 stoot n 150gr Barnes TSX teen 2840fps en hy skiet 15mm groep met drie skote op 200m

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 1:51 pm
by jooste
Hi Stefan764.

Watse kruit en lading gebruik jy?

Wat is jou TPL?

Groete

Nico Jooste

Re: 7X64 Brenneke Herlaai Data

Posted: Mon May 30, 2016 2:06 pm
by Stefan764
52,5 gr S365 (Dink Lot64 of 67)
TPL is 84mm
Norma dop met n Fed210 primer