Page 1 of 1
Rooibek kakelaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 4:36 pm
by Wielie Waps
Ek het die voeltjie gister hier in Bloemfontein by my huis gesien. Ken hom glad nie , maar hy is nogal bekkig.
Ek kry nou nie 'n foto gelaai nie , maar ek wil maar net weet of hy bietjie verdwaal het.
Re: Rooibek kakelaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 4:53 pm
by foxripper
Wielie, email na
bvanwyk1981@gmail.com dan laai ek vir jou want ek is nou baie nuuskierig
Re: Rooibek kakelaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 8:10 pm
by Biltongjagter
Hier in die hartjie van die Ho?veld woon 'n permanente groep Rooibek Kakelaars in ons tuine. Heel bekkige ou klompie!
Selfs Swartkop Wielewaal kom maak sy draai elke jaar as die aalwyne blom.
In Johannesburg woon meer Kw?vo?ls as in die Bosveld!
Dit kan 'n winskoop wees as die stadsjapies hulle kan leer om luidkeels te kw? as die misdadigers in die omstreke van hulle huise beweeg, nie waar nie?
Groete,
Koos.
Re: Rooibek kakelaar
Posted: Wed Jun 15, 2011 10:31 pm
by Wielie Waps
Ripper
Google sommer daai naam - daar is 'n baie mooier foto as wat ek kon neem. Ek kon net met die selfoon afneem.