Page 1 of 1
Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Mon Jan 25, 2016 1:34 pm
by Capt. Yoda
Manne MB's. Ek is lus om bq geraas te maak maar ek is nie regtig lus om een van die US af te bestel en 5 weke vir hom te wag nie.
S&O verkoop die Accuracy Concept MB maar ek het geen idee hoe hy lyk of werk nie so as iemand een het sit tog n foto op asb.
Corne het n baie netjiese een wat in SA gemaak word en Marco maak ook n paar, daar is ook n Christie Marais as ek dit nie mis het nie wat n netjiese een maak.
Die manne wat ander MB's gebruik veral as hul hier in SA gemaak word sit asb n foto of 2 op en vertel ons wie hom maak of waar mens hom kan koop.
In die US weet ek Witt engineering maak n "slip on" of met thread wat baie goed werk, Pinkes het een op sy 300WM en daar is nog n klomp maar soos ek se ek stel belang in een hier in SA.
Groete
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Mon Jan 25, 2016 1:59 pm
by Kallie Fernhout
http://i1315.photobucket.com/albums/t585/fernhout/IMG-20160115-WA0001_zps3vqgr9yq.jpg
Het self nou met nuwe pyp vir my een opgesit het hom soos jy se by Corne gecopy en werk soos n bom, dus lekker om sy belyning te kan stel
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Mon Jan 25, 2016 2:03 pm
by Capt. Yoda
Jaja daai is die een! Het jy hom self gemaak Kallie of het jy hom laat maak, meeste van die Veldskiet manne wat ek sien se MB's lyk ook amper soos daai design dalk net sonder die nut
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Mon Jan 25, 2016 2:09 pm
by Kallie Fernhout
Geoffrey by wildman wat vir my die geweer gebou het het hom vir my gemaak Cappie.
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Wed Jan 27, 2016 8:19 am
by ZKK
Ek sal ook graag hier wil in-chip.
Hoeveel verskil mens se "point of impact" met die muzzle brake aan en as jy hom afhaal?
Groete
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Wed Jan 27, 2016 8:23 am
by Arnold
ZKK wrote:Ek sal ook graag hier wil in-chip.
Hoeveel verskil mens se "point of impact" met die muzzle brake aan en as jy hom afhaal?
Groete
Dit sal afhang van jou spesifieke MB en sy ontwerp. Mens moet dit maar self toets maar dit is hoog waarskynlik dat daar wel n verskil gaan wees.
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Wed Jan 27, 2016 8:23 am
by Apie
Moenie van Fanie Venter Geweersmede vergeet nie.
Hy 'port' blykbaar jou loop in n staanboor en gee vir hom haai kiewe met n ystersaaglem.
Hy vra net n bottel Cape Hope brandewyn vir sy arbeid.....
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Wed Jan 27, 2016 9:18 pm
by Banzo
Is hier manne wat al 'n tuner/break combo gebruik/gesien het.
Iets soos die
Rifle Accuracy System?
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Sat Jan 30, 2016 9:44 pm
by Vlakvark Soldaat
Capt, ek het een op my 30-Suk6, deur oom Louw van Deventer in Potch, n moerse nice design, vloei saam die oorspronklike loop. So 5cm lank. Maak geraas maar vat meer as 50% van die recoil weg. Ek sal vir jou n pic whatsapp.
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Sat Jan 30, 2016 9:44 pm
by Vlakvark Soldaat
Op watse gun wil jy dit sit?
Re: Brakes,Brieke,MB,Muzzle Brakes
Posted: Sun Jan 31, 2016 2:27 pm
by Sybrandz
Vlakvark Soldaat wrote:Capt, ek het een op my 30-Suk6, deur oom Louw van Deventer in Potch, n moerse nice design, vloei saam die oorspronklike loop. So 5cm lank. Maak geraas maar vat meer as 50% van die recoil weg. Ek sal vir jou n pic whatsapp.
Louwtjie het jare terug vir my ook een op my .300 gesit . Raas baie , maar 'n plesier om mee te skiet .