Page 1 of 1

Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 11:06 am
by Jackalsniper
https://www.youtube.com/watch?v=z_xpCyetztI

As iemand eendag mense soek om te gaan help ongediertes uitdun in Aus laat weet my tog, dit is iets wat ek nog altyd wou doen.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 12:17 pm
by Kallie Fernhout

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 7:38 pm
by afrikanerbloed
Naand
Ek sal graag wil weer waarvoor gebuik hulle die vleis.
Die man met die mes lyk asof hy al n paar "roo's" in sy hande gehad het.
Lekker aand
Johan

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 8:34 pm
by Jackalsniper
Hulle verpak dit en voer uit na die buiteland.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 10:07 pm
by karoo.vellies
Wonder hoe smaak die oukies?

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 10:24 pm
by Jackalsniper
Seker soos springhaas :o

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Jan 24, 2016 10:56 pm
by Tertius Steyn
Baie interesante video daai
Dis nou multi task vir jou, ry, lig en skiet

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 6:45 am
by marco
:o Ek het roo vleis geet en myself belowe nooit weer nie..Gladnie aangenaam nie

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:00 am
by RUPERT
Ek het hom (Stert) jare terug by Boston Barbeque geeet en wat ek kan onthou was dit nie aardig nie

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:19 am
by andre007
Tertius Steyn wrote:Baie interesante video daai
Dis nou multi task vir jou, ry, lig en skietImage
+1. Ek wonder hoe werk die kontrepsie waarmee hy sy spotlight gebruik?

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:29 am
by Tertius Steyn
andre007 wrote:
Tertius Steyn wrote:Baie interesante video daai
Dis nou multi task vir jou, ry, lig en skietImage
+1. Ek wonder hoe werk die kontrepsie waarmee hy sy spotlight gebruik?
Het iets soort gelyk gesien eenkeer op n sea rescue bakkie op mosselbaai , hulle het hom eintlik eenvoudig gemaak, lig op die dak op n bareing of so en dan met n stukkie pyn aan die binnekant waarmee hulle hom kan menuver, weet net nie so lekker of ek n gat in my bakkie se dak sal maak nie Image,,, lyk of hy n lightforce spottie gebruik in die video?

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:32 am
by andre007
Janee Tertius, my bakkie is n ''jag,kerk en werk bakkie'' glonie ek sal sovêr gaan nie!!! Daai lig lyk vir my ook na n LF 240

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:33 am
by Tertius Steyn
andre007 wrote:Janee Tertius, my bakkie is n ''jag,kerk en werk bakkie'' glonie ek sal sovêr gaan nie!!! Daai lig lyk vir my ook na n LF 240
En dit nogal n cruiserImage ,

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:05 am
by Boersonderroer
Hulle gebruik glo die sterte in hondekos

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:28 am
by Philip_R
Van die beste rugby en sokker togs word van kangaroo leer gemaak, weet nie of ek daardie groot rot sal eet nie.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 12:21 pm
by Kallie Fernhout
Philip_R wrote:Van die beste rugby en sokker togs word van kangaroo leer gemaak, weet nie of ek daardie groot rot sal eet nie.
Redback, Rossi en Blundstone boots alles Aussie produkte van Kangaroo leer, jy gaan sukkel om beter kwaliteit in daai prysklas te kry.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Mon Jan 25, 2016 2:19 pm
by Jean Marais
My broer woon in Sydney, en is een van die gelukkiges wat 'n staatspermit het om Roo's te oes. Moes egter 'n klomp kursusse gedoen het, amper iets soos wat PH'e hier moet doen.

Beste op een aand in hul groep was so-iets soos 150 Roo's.

Hulle skiet ook van daai varkpeste op boere se plase. Boere bel en laat weet van die probleem, en dan maak hulle groepe bymekaar om die boere te gaan help.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Wed Jan 27, 2016 10:50 am
by Geno
Dit lyk nogal na pret!


Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Wed Jan 27, 2016 10:58 am
by FHM
afrikanerbloed wrote: Ek sal graag wil weer waarvoor gebuik hulle die vleis.
Johan
So se hulle
"...Some skins and meat products are used domestically (a proportion of kangaroo meat goes into the Australian pet food market), and the rest is exported to other countries as leather or meat for human consumption. Kangaroo leather is widely used in the manufacture of sporting shoes and gloves as well as in dress shoes and accessory manufacture...."

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Wed Jan 27, 2016 11:39 am
by andre007
Daai rookers koop seker die vmaxe in 5kg emmers ;D

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:29 pm
by Gernie
Lyk lekker, maar sal werk word later.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Wed Jan 27, 2016 8:58 pm
by Spanner
Ek wag die hele tyd vir die WHAA WHAA net voor die skoot loop ! :laugh: :laugh:

Daar sal jy sommer n loop vinnig uitskiet.

Re: Kangaroo oes in Australie

Posted: Sun Feb 07, 2016 8:33 pm
by basie
Daai goed maak lekker biltong, net bietjie seningrig. Ons het hulle gejag soos springhase vir "dogfood". Die boere daar hou nie van die goed nie, want hulle eet die skape se kos.