Page 1 of 1

nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 4:24 pm
by heinie07
hello almal
My naam is heinrich ek woon tans in die noord kaap en boer vir my skoon mense naby die dorpie Carnarvon
is nou al vir so 4 jaar in die boerdery en het gou geleer wat jak se maat aan ons skaap oes vir n jaar kan doen
Voor ek getrou het was ek n game ranger so is maar n byte mens
ek hou van jag en herlaai graag self vir my .303 en .30-06 en hoop gou ook vir my nuwe 22-250 ( hoop nie die SAP vat telank nie) :-\

sien uit om saam te praat!!

groete

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 5:04 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Heinrich.
Jy sal pak kry as die manne in daai geweste hoor dat jy Carnarvon as 'n dorpie bestempel. ;D
Watter kant van Carnarvon boer jy en het julle darem al 'n paar druppels gekry?

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 5:15 pm
by PWV
Welkom, Heinrich. So 'n paar "game ranger" stories is altyd welkom!

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 6:03 pm
by wlm
Gawie(13mm) wrote:Welkom Heinrich.
Jy sal pak kry as die manne in daai geweste hoor dat jy Carnarvon as 'n dorpie bestempel. ;D
Watter kant van Carnarvon boer jy en het julle darem al 'n paar druppels gekry?
Welkom Heinrich
Gawie, Carnarvon is eintlik Williston se noordelike voorstad. >:D

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 6:16 pm
by Gawie(13mm)
En ek dag altyd Williston is 'n gehuggie aan die buitewyke van Carnarvon. >:D

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sat Jan 23, 2016 9:47 pm
by Sybrandz
Baie welkom, hoop julle het al reen gehad.

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sun Jan 24, 2016 1:32 pm
by heinie07
dankie jip ons het darim al reen gekry het so 120mm vir die maand so ver so kan nie kla nie

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sun Jan 24, 2016 6:12 pm
by jamalley
Welkom

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sun Jan 24, 2016 7:37 pm
by Dewitt
Welkom Heinrich, ek is ook net hier langsaan. Kan jou laat weet as ons skietdae hier het.

Groete
Dewitt

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Sun Jan 24, 2016 7:40 pm
by cassie_calvinia
welkom!
hoop jy geniet dit hier.
jag jy jakkals?
bel maar as ek moet kom... ++>:

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:25 am
by heinie07
dankie cassie
ja ek traai maar jakkals jag is maar nog kort in die ding
maar sal jou latweet as die goed hand uitrik!!

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Mon Jan 25, 2016 9:29 am
by heinie07
cassie
bied jy dalk jakkals jag kursus aan?

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Mon Jan 25, 2016 12:58 pm
by cassie_calvinia
heinie07 wrote:cassie
bied jy dalk jakkals jag kursus aan?
nee. Maar, ek ken die game redelik. Was al op baie. Jy moet laat ek so aand of 2 deurkom, dan gee ek jou n persoonlike kursus. Pas asb net op, vlekkie leer maar vinnig. Eerder gouer as later by kursus, of saam iemand jag

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Mon Jan 25, 2016 2:37 pm
by Boesman10
Welkom Heinrich

Re: nuwe man van die Noord kaap

Posted: Wed Jan 27, 2016 12:17 pm
by theedge
Welkom maat weet jy gaan geniet