Page 1 of 1
Lapua Punte
Posted: Wed Jun 15, 2011 1:33 pm
by PITSMIT
manne ek lees alles oor n groot verskeidenheid punte wat die ouens gebruik maar ek lees nerens van lapua se punte nie.
nou is my vraag: Is dit swak punte of is hulle duur of maak die goed skade? waarvoor is hulle dan goed?
ek luister graag
Re: Lapua Punte
Posted: Wed Jun 15, 2011 2:00 pm
by 300Winmag
Ek het Mega 156gr in my 6.5 geskiet - spoed was +-2500fps en hulle het soos 'n bom
gewerk.
Re: Lapua Koeels
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:24 pm
by Gerard
Mens moet natuurlik altyd die hele koeel oorweeg, nie net die punt nie. Dit is so dat die punt bepaal of en hoe vinnig die koeel sal paddastoel en daar moet mens definitief na die konstruksie van die koeel kyk. As dit 'n holpunt koeel is met 'n loodkern, is die oopmaak van die koeel gewoonlik baie plofbaar. Holpunt monometaal koeels reageer weer stadiger met die oopmaak (paddastoel) van die koeel. Indien die punt die paddastoel aan die gang sit, is dit gewoonlik die skagkonstruksie van die koeel wat bepaal hoe ver die koeel oopmaak.
Re: Lapua Punte
Posted: Fri Jun 17, 2011 3:32 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek moet se ek weet ook maar min van die lapua punte!
Re: Lapua Koeels
Posted: Mon Jun 20, 2011 7:53 am
by JPS
Gerard wrote:
Mens moet natuurlik altyd die hele koeel oorweeg, nie net die punt nie. Dit is so dat die punt bepaal of en hoe vinnig die koeel sal paddastoel en daar moet mens definitief na die konstruksie van die koeel kyk. As dit 'n holpunt koeel is met 'n loodkern, is die oopmaak van die koeel gewoonlik baie plofbaar. Holpunt monometaal koeels reageer weer stadiger met die oopmaak (paddastoel) van die koeel. Indien die punt die paddastoel aan die gang sit, is dit gewoonlik die skagkonstruksie van die koeel wat bepaal hoe ver die koeel oopmaak.
oom Gerard
Groete
JP