Page 1 of 1
Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:11 pm
by Sangoma (IAN)
So hier is die 1 million dollar vraag....?
Kom daar meer lig in by n scope sonder die sunshade? Gaan die beeld klein bietjie beter lyk sonder n sonskerm?
Ek luister
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:13 pm
by Supacow
Die R10 antwoord is ja
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:27 pm
by Geno
Ek skiet dag en nag met n sunshade.
As jou glase goed genoeg is glo ek nie dit sal pla nie.
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:41 pm
by joe rocket
Dit gan ja veral as die sticker nog op die glas sit

Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:53 pm
by Riebeeker
Watter voordeel hou die sunshade in?
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:59 pm
by 1250bandit
Ek luister graag ook....
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 4:00 pm
by ruaanb
Riebeeker wrote:Watter voordeel hou die sunshade in?
Die Eliminator wat ek gebruik is baie meer sensitief vir glare as ander teleskope as die son nie in jou guns is nie.
Dit help nogal baie vir dit in my geval.
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 4:00 pm
by Gawie(13mm)
Riebeeker, dit dien dieselfde doel as jou hoed se rand mbt tot jou oë. Dit voorkom dat die son se strale direk of teen 'n hoek op die voorste lens inval en refraksie veroorsaak en sodoende 'n die beeld verwring of jou net eenvoudig verblind.
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 4:04 pm
by Giepie
Die idee van die sunshade is presies wat dit sê. Dit keer dat die son onnodige refraksie, "flare", veroorsaak. Op 'n ander forum is so 'n so verduideliking:
Helps with heat mirage off barrel to some degree, good reduction of lens flash from oblique light sources, light transmission is exactly as it was without the shade, resolution is unaffected, or positively impacted due to lack of lens flare, protects objective lens.
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 4:25 pm
by Riebeeker
Dankie manne
Re: Sunshade?
Posted: Fri Jan 22, 2016 9:37 pm
by Piet Breedt
Help ook as jy in die reen skiet om minder water direk op die lens te kry
Re: Sunshade?
Posted: Sat Jan 23, 2016 7:27 am
by Sangoma (IAN)
So, as dit nie reen nie en daar is nie sonstrale direk op jou lense nie, sal jy n beter pic he sonder hom?
Piet, jy en Geno skiet baie in die nag. Het julle al getoets dat da n verskil is
Re: Sunshade?
Posted: Sat Jan 23, 2016 8:05 pm
by henning
Die hoeveelheid lig (beeld ) wat van voor af in die scope in kom bly diesefde met of sonder n sun shade.
Die enigste verskil is dat n sunshade keer die on gevraagde lig vanaf die kant van die scope.
groete
Henning
Re: Sunshade?
Posted: Sat Jan 23, 2016 8:26 pm
by tripodmvr
henning wrote:Die hoeveelheid lig (beeld ) wat van voor af in die scope in kom bly diesefde met of sonder n sun shade.
Die enigste verskil is dat n sunshade keer die on gevraagde lig vanaf die kant van die scope.
groete
Henning
+1
Ek het saam met Cobus Cobb in die nag 'n jakkals geskiet met my 223 met skerm op. Sig was goed selfs met my Nikko Stirling scopie. Onthou, die teiken is helder verlig deur die skerp lig en die teiken is dus duidelik sigbaar.
Re: Sunshade?
Posted: Sat Jan 23, 2016 8:38 pm
by Jackalsniper
Sunshade help ook bietjie teen vog wat kondenseer op die voorste lens met nag skiet. kyk bietjie hoe lyk die snipers se honey comb filters met al daai afskortingkies en mens kan nog altyd goed sien in die dag. So dit gaan maar net om die direkte sonlig van die lens af te hou.