Page 1 of 1

Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 9:19 am
by Kalahari
Môre almal.

Ek wil graag hoor of iemand vir my kan sê hoe die kwaliteit/betroubaarheid van die skale is en watter een julle sal aanbeveel.
Ek verstaan die Gen 5 het net die groter geheue om ladings te stoor.

My 1200 DPS3 het nou finaal die gees gegee en ek laai redelik baie, dus is balkie skaal te stadig so ook my kleiner elektronies skaal.
RCBS Chargemaster is te duur ( 9000 (spesiale aanbieding) - 13 000)
Gen6 se prys die beste en dan is daar ook die Hornady model wat +- in die Gen 6 se prys klas is.

Baie dankie
Johan

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 9:40 am
by Apie
Ek luister by die radio!

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 9:48 am
by fanie.myburgh
Ek gebruik die Gen 6 vir so 2jaar nou al nog nie moeilikheid gehad met hom nie. Hy werk vir my baie lekker.

Groete

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:22 am
by Forester
Ek het ook die Gen 6, nog geen erge probleme nie maar myne is geneig om te "drift" met 0.1gn wat baie frustrerend is. Hy is ook geneig om helfte van die tyd 0.1g te min te gooi.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:49 am
by Ysterkat
Ek gebruik ook die Gen6, sonder probleme

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 12:11 pm
by James Wilson
Johan, ek het destyds die Gen 5 gekoop en nog geen probleme ervaar nie. hy het sekerlik al n hele paar duisend gelaai. ek kannie meer onthou wat is die verskil tussen die Gen 5 en die kleiner Gen 6 nie. wat ek wel onthou, is dat die prys so min verkil het dat ek maar die Gen 5 gekoop het. Hy was nie veel duurder nie nie.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 12:18 pm
by joe rocket
Ek het ook Generasie 5 het al vir 3 jaar geen probleme nie. Moenie die hornady koop nie.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 12:37 pm
by Capt. Yoda
Ek sien Safari adverteer die rcbs chargemaster vir R7450

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... _dispenser

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 12:52 pm
by joe rocket
Vir daai prys sal ek die rcbs koop

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 1:01 pm
by joe rocket
Die ander opsie is om een van scale right se skale te koop, maar dis nie n auto dispenser nie. Hulle adverteer hier op die forum.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 1:05 pm
by PWV
Johan
Ek het my Gen 6 in 2013 gekoop. Ek laai baie, want ek skiet elke week - soms Woensdae en Saterdae.
Myne werk nog uitstekend. Ek wil hom egter nie propageer nie. Netnou beskuldig jy my as hy nie vir jou werk nie.

Ek pas hom baie goed op, want ek het nie geld vir 'n volgende een nie.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Fri Jan 22, 2016 1:32 pm
by Kalahari
Dankie manne, ek hoor .....

Die RCBS bly maar net buite die bereik, ek kan huidig amper N$ 3000 minder betaal vir die Gen6 as vir die chargemaster, maar ek sal nog kyk wat se prys ek kan kry, die mense moet nog met hulle BESTE prys terugkom na my toe.
PWV wrote: Netnou beskuldig jy my as hy nie vir jou werk nie.
Nee wat oom Pieter, die is elektroniese goed, so die een is net so goed/sleg soos die man wat laaste kwaliteit beheer gedoen het.
joe rocket wrote:Die ander opsie is om een van scale right se skale te koop, maar dis nie n auto dispenser nie.
Moet maar een wees Jason, ek maak doppe alles reg en klaar en dan wil ek sommer 200 rondtes op 'n aand klaar maak.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Sun Jan 24, 2016 7:54 am
by Kosie
Ek het ook gen 6 werk goed vir my.

Re: Lyman Gen 5/6 elektroniese skaal

Posted: Thu Jun 16, 2016 12:56 pm
by Chevvy SS
Capt. Oblivious wrote:Ek sien Safari adverteer die rcbs chargemaster vir R7450

https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... _dispenser
Nou net gebel- R8 600.