Page 1 of 1

Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 8:20 am
by Hugo
More

Watse punte beveel julle aan vir die .303, ek beaam om 'n 174gr punt of in die omgewing te skiet, wats die beste punt vir die ou kettie wat gan idiaal werk vir all round jag.

Ek luister verder.

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 8:57 am
by Gerhard
Hugo,

Ek het vir lank baie lekke gejag sonder probleme met 174gr PMP's

Jy kan ook na Rhino se 175gr punte kyk.

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 9:17 am
by Wielie Waps
Hugo
Ek het lank 150gr Hornady interlocks gebruik , maar glo my geweer perform bietjie beter met die 174gr pmp's.
Het jy jou die set gekry?

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 9:29 am
by Hugo
EK het hulle gekry baie dankie.

Ekt gister aand so bietjie gelees in 'n ou SA Jagter van die Swift A FRames. Is dit die geld werd?

Ek gan anyway eers klomp pmp's uitskiet om die doppe te kry voor ek my lyf gan herlaaider hou.

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 9:32 am
by Monrique (SJ)
Hugo

Ek skiet tans die 150gr Hornady Interlocks en hulle werk baie goed vir my.  Ek glo ook so dat die 174gr net so goed sal werk.  Hulle is net skaars en as jy koop, koop sommer 500+ van die koeels as jy kan.

Ek het ook die 150gr PMP gebruik voor die Hornady's en was ook tevrede met hulle,maar die Interlocks perform net so bietjie beter vir my.

Glo ook dat die Rhino's goed sal werk soos Gerhard se, maar seker ook teen n prys!

Ek hoop net nie daai koeels van jou het nog kordiet in nie, is nie so goed vir daai loop nie!!!

My 2c

Groetnis

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 9:40 am
by Hugo
Kordiet?

Daai stokkies?

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 9:50 am
by Armand Steenkamp
Haha jaja daai stokkies.Maar soos ek kan afly gaan jy PMP se fabrieks ammo skiet?Hulle het dam nie kordiet in nie.

In my ondervinding hou 303s meestal meer van n swaarder punt so ek sou se gan vir die 174gr

groetnis

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 10:07 am
by Hugo
Ok nee, daai stokkies is anyway so blerrie onbetroubaar, en ek gooi daai punte weg, as kind het een van daai stokkies by vinger mal gebrand en toe brand my gat ook.

Nee ek sal gewone PMP koop, wat is die beter een, die PMP Pro Amm - blou boks- of die PMP British - die bruin boks, en wats die verskil as daar een is?

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 10:41 am
by Frederik
Ek dink nie PMP het pro-amm in 303 nie maar ek kan verkeerd wees die bruin boks sal ook goed werk met die spoed wat die 303 hardloop is daar eintlik min punte wat nie sal werk nie.

As jy kans kry probeer maar gerus ook Impala's wat klaar gelaai is en jy behoort verskil te sien in akkuraatheid.

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 10:51 am
by Hugo
Waar kan ek die klaar gelaaide impalas koop?

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 12:10 pm
by Louis Kriel
+1 vir 175 gr Rhino's. 46gr S355 gee so 2600 fps en dan is jy daam bleddie naby aan 'n 30-06.

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 12:15 pm
by Jagtersdok
Met 303 wat so lekker stadig loop(2400ft/sec) kan jy na 2de graadse punt soos PMP of Hornady Interlock  174gr kyk. Die koeel gaan nie soveel op breuk soos met die ander goeters wat haastig is nie.

Uitstekende keuse is natuurlik Sierra Prohunter 180gr wat so iets tussen Premium en gewone ringlocked koeel is.

GSC maak baie nice HV koeel Monometaal wat goed omklink en goeie werk verigting gee,
Impala bly in my boek papier skiet koeels en ek laat niemand wat saam my jag toe om dit te gebruik nie, veral nie in die stadiger 303 kaliber nie, want om te kan werk het daai goed baie wind nodig soos 300 Win

Re: Watse punt vir die .303

Posted: Wed Jun 15, 2011 12:32 pm
by PRIVATE RYAN
215gr Rhino's