Page 1 of 1
Jakkals DVD
Posted: Tue Jun 14, 2011 8:04 pm
by Gerhard
Kyk hier is nou al n klomp nuwe manne vandat ek my dvd by Heinrich bestel het in 2009.
Vir die manne wat belangstel om te sien hoe dit gedoen moet word in die nag kontak vir Heinrich en bestel die Jakkals uitdaging Vol 2.
Is darm mooi as daai skoot klap en is net pens en pootjies....

Re: Jakkals DVD
Posted: Tue Jun 14, 2011 8:39 pm
by Geno
Ek stem, daai dvd is 'n moet!
Re: Jakkals DVD
Posted: Tue Jun 14, 2011 8:46 pm
by Monrique (SJ)
Verseker n goeie kopie daai DVD's. Ek het al 2 van hulle.
Groetnis
Re: Jakkals DVD
Posted: Mon Jun 20, 2011 12:56 pm
by Gerhard
Ek het gister aand weer gesit en kyk na daai jakkals wat Heinrich oor die 400 meter geskiet het....
Is darm n mooi klank as daai skoot loop en na rukkie hoor jy daai "DUP".
Wat nogal vir my interesant was is dat hy gerange het, klieks gedraai het en toe hy roep en die jakkals gooi oog toe klap die skoot bitter vinnig.
Geen ge suig op die skoot nie...
In my boeke is daai 'n
Re: Jakkals DVD
Posted: Mon Jun 20, 2011 2:43 pm
by PITSMIT
prys en waar bestel ek asb
Re: Jakkals DVD
Posted: Mon Jun 20, 2011 3:05 pm
by Gerhard
PITSMIT wrote:
prys en waar bestel ek asb
PM vir Dr Jaracal aka Heinrich...
Re: Jakkals DVD
Posted: Fri Jul 01, 2011 8:04 am
by Wiehan111
Gerhars
Daardie dvd, is dit 'n moet?? watter een is die beste? hieri jakkals jagtery is besig om my bankrot te maak

maar dis te lekker
Re: Jakkals DVD
Posted: Fri Jul 01, 2011 8:56 am
by Gerhard
Wiehan,
Dit is baie lekke om te sit en kyk hoe n PRO die dinge doen.
Heinrich sit elk stand mooi uit een ivm staan plek, wind, lyn drade, paaie, rante, water ens...
Dan wys hy prakties hoe hy die jakkalse skiet en hoe hy nog steeds na 5000 + jakkalse jakkals koors kry en die aksie short stroke en net wind laai...
Maar dan maak hy reg en dop die jakkalse om dat jy net pens en pote in die lig sien...
In my opinie is daai DVD elke sent werd.
Re: Jakkals DVD
Posted: Fri Jul 01, 2011 9:05 am
by Geno
Gerhard wrote:
In my opinie is daai DVD elke sent werd.
Korrek!
Re: Jakkals DVD
Posted: Sat Jul 02, 2011 7:51 am
by Wiehan111
Gerhard
Watter een sal jy se is die beste om aan te skaf? of is daar net een?
Re: Jakkals DVD
Posted: Sat Jul 02, 2011 11:04 pm
by Kalahari
Wiehan111
Ek het altwee (2) gekoop, o ja, daar is 2 sover ek weet. Nie dat ek veel met jakkals sukkel nie, maar vir my is dit amper 'n moet dat man maar beide kan aanskaf. Net my opinie, maar ek dink man leer uit beide dvd's 'n groot klomp dinge.
Kalahari
Re: Jakkals DVD
Posted: Sun Jul 03, 2011 7:34 am
by Monrique (SJ)
Wiehan111
Ek stem saam net Kalahari, altwee is baie goed en leersaam, koop sommer al 2 as jy kan, anders koop eers die 'beginner' 1 sou ek se!
Groetnis
Re: Jakkals DVD
Posted: Sun Jul 03, 2011 8:59 am
by Wiehan111
Kalahari / Sj
Haha as ek nou net 1 gaan koop dan gaan ek wonder oor die ander een en hom ook op die ou einde koop!!!

Sal maar geld een kant sit en altwee vir my aanskaf.
Groete
Re: Jakkals DVD
Posted: Tue Jul 05, 2011 12:42 pm
by James Wilson
Gerhard ek kyk sommer daai DVD as ek nie lekker voel nie. voel dan sommer gou weer beter

Re: Jakkals DVD
Posted: Tue Jul 05, 2011 12:46 pm
by Gerhard