Page 1 of 1

Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 10:56 am
by afreaka
Nou stel ek myself ook maar voor.
My naam is Derrick. Na matriek is ek engeland, het toe my vrou ontmoet en od jobs gedoen. Na so 2 jaar het my visa uitgehardloop en ek het by die Britse weermag aangesluit. Was die meeste van die tyd in Duitsland gestasioneer waar ek ook nou nog bly. Het bCom deur UNISA geswot en ambag as passer en draaier geleer. Werk as 'n service technician en ry rond om air hoists reg te maak.

Jag hierso in die koue maar die meeste op rooi vosse en roe deer. In my jag gebied is ook wasbeer, ratel, weasel ensovoorts. Probeer ook as ek kans kry by vriende bosvarke te jag.
Speelgoed:
Brno 7x65r/12 boor combination
Luger 223 Rem.
Sako 30-06
Howa 375 Ruger
Hämmerli. 22
Beretta Black Onyx 12 boor.

Ek mis die bosveld en dis altyd lekker om hierso te lees as ek homesick word.

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 11:03 am
by Fanta300
Welkom hier. Kom kuier jy darem so nou en dan om 'n "regte" bok te jag? ++>:

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 12:32 pm
by afreaka
Ek is nou al van 2001 af weg en tot dusver was ek net 1 jaar nie in SA nie. Het ongelukkig net so 3 keer gaan jag in die tyd want my vrou wil nie in die Duitse Somer na 'n Suid Afrikaanse Winter toe gaan vir vakansie nie.

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:28 pm
by jamalley
Welkom Derrick hoop jy geniet dit baie

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 3:37 pm
by Boesman10
'n Warm welkom aan jou. Stuur vir ons so bietjie van daardie koue na die Paarl toe seblief man.

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 4:07 pm
by afreaka
Tot dusver was ons winter baie warm gewees. Skaars 'n dag onder 0 gewees maar vanoggend was sommer -10. Glo my, as ek kon stuur dan sou ek.

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 4:22 pm
by 243Songdaug
Welkom Derrick

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 5:45 pm
by PWV
Welkom, Derrick. Geniet dit hier.

Re: Amper my maniere vergeet.

Posted: Tue Jan 19, 2016 10:49 pm
by OU VOORSLAG
Welkom derrick