Page 1 of 1

sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 7:57 pm
by Toris
Naand manne

Ek het 'n Busnell tactical elite. 4.5-30× 50mm scope op my 30-06,ek het hom in gevat na my local gun shop om die scope op te sit,enige iets van 10x vergroting af sukkel ek verskriklik om eye relief te kry,soo my vraag is,is dit nou manet hoe die scope is,is hy dalk vekeerd gemount of is ek net useless?

Groete Toris

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:02 pm
by Geno
Ek dink dis dalk 1 van 2 dinge.
1: scope is dalk te hoog vir jou geweer se kam.
2: scope is dalk te vêr voor of terug gemount.

As jy by my in Brits kan uitkom kan ek no.2 vir jou regstel en sommer die ringe lap ook.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:36 pm
by Banzo
Ek sit met dieselfde probleem(e). Met nommer een het ek 'n plan gemaak, maar sit nog met nommer twee aangesien my scope nie verder kan terugskuif nie. Dink ek is in die mark vir 'n rail.

Geweersmid het 'n oulike manier gehad om te bepaal waar die scope moet sit. Hy plak 'n masking tape op die kolf en vra jou om die geweer te skouer. Hy merk dan waar jou oog sit loodreg op die kolf. Herhaal dit so paar keer om 'n gemiddeld te kry. Hy hou dan 'n vel papier op hierdie lyn en skyn hy 'n flits voor in die scope in en skuif die scope tot die brandpunt (skerp fokus) op die papier is en maak hom vas.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:51 pm
by Piet Breedt
Stem saam Geno
Ek verstom my altyd as iemand in n geweerwinkel n scope mount vir n klient as die klient nie bystaan en hy meet nie fisies waar die scope moet sit vir eye relief op die persoon wat die geweer gaan gebruik.

Ek weet van baie ouens wat hul geweer aflaai by iemand wat sy scope moet monteer, en kom later terug en kom haal hom as hy klaar monteer is. Dan sukkel hulle met die scope se eyerelief en kan nie verstaan wat aangaan, en dink die scope is gagga.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 8:57 pm
by Piet Breedt
Jy moet die eyerelief stel om optimum te werk in die skietposisie waar jy die geweer die meeste uit gaan gebruik. Die scope sal verder vorentoe moet sit as jy oorwegend in die le posisie skiet, as bv in n Jakkals stoel waar jy meer soos op n bench sit en skiet. Ons Veldskiet scopes moet so opgestel word dat hy uit meeste veldposisies optimum verstel is.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 9:01 pm
by Silent Hunting
Piet Breedt wrote:Stem saam Geno
Ek verstom my altyd as iemand in n geweerwinkel n scope mount vir n klient as die klient nie bystaan en hy meet nie fisies waar die scope moet sit vir eye relief op die persoon wat die geweer gaan gebruik.

Ek weet van baie ouens wat hul geweer aflaai by iemand wat sy scope moet monteer, en kom later terug en kom haal hom as hy klaar monteer is. Dan sukkel hulle met die scope se eyerelief en kan nie verstaan wat aangaan, en dink die scope is gagga.
Dan koop ons bargains.... :angel: :angel:

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 18, 2016 9:24 pm
by Toris
Haha ja nee silent hunting dit was amper amper en iemand het 'n bargain gekry,soos wat Piet breedt se,ek het net my geweer gan aflaai en later weer gan optel en toe ek by die skiet baan kom,dink ek jisi mar die scope is ni lekker nie.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Tue Jan 19, 2016 7:40 am
by Carl
Dit is kommerwekend dat 'n goeie handelaar/smidwerke dit nogsteeds doen. 'n vriend van my het 'n bargain 243 Sauer gekoop. Hy laat toe die blou werk reg maak en laat vervang sommer die vaste 4X teleskoop. Die "eye relief"/oog verligting van die teleskoop werk glad nie vir jag net vir skietbankie skiet. Dit na hy paar 1000 spandeer het op 2 gewere se opknap en die teleskoop. :( Maar soos meeste goed deesdae moet jy ALLES nagaan voor jy die dinge afteken en betaal.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Tue Jan 19, 2016 11:39 am
by Gawie(13mm)
Charl, ek het ook 'n kleintjie dood aan die "bekende" wapenwinkels wat kamstig die teleskoop monteer en "bore site" met daai fancy laser en dan die kliënt direk jagveld toe stuur.

Toris, dit is nou ongelukkig wat jy skoolgeld noem. ;D

Dit is wat Jaracal so lekker maak. Hier is sommer vinnig manne wat jou met raad en daad bystaan.

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Tue Jan 19, 2016 1:03 pm
by Capt. Yoda
Carl wrote:Dit is kommerwekend dat 'n goeie handelaar/smidwerke dit nogsteeds doen. 'n vriend van my het 'n bargain 243 Sauer gekoop. Hy laat toe die blou werk reg maak en laat vervang sommer die vaste 4X teleskoop. Die "eye relief"/oog verligting van die teleskoop werk glad nie vir jag net vir skietbankie skiet. Dit na hy paar 1000 spandeer het op 2 gewere se opknap en die teleskoop. :( Maar soos meeste goed deesdae moet jy ALLES nagaan voor jy die dinge afteken en betaal.

My Pa het sy 300WM na n bekend geweer winkel toe gevat om die loop te laat thread vir n KD. Die Terminator KD en thread werk sou R3000 beloop wat al klaar wild is maar nou ja my pa hou nie van sukkel nie en daar gaan hy. 5 Weke later kom die geweer terug sonder werk want hulle kon nie die versier voor af kry nie maar hy gaan nou na n bul toe gestuur word wat die goed verstaan. 2 Maande later kom die roer terug gethread deur iemand wat dit nou leer doen en om die voorste versier af te kry het hulle die loop so warem gemaak dat die blueing nou verskillinde kleure was en stuk stuk somer blink maar hulle het hom gelukkig weer gecold blue so die voorste 4 duim van die loop is nou so lekker smurf blou. Met die werk moes hulle die scope af haal en die sling ook maar ongelukkig het hulle die sling wat met die hand gemaak was in Kuruman deur n Oom net voor sy dood weg gegooi (het hom gelukkig na nog 2 maande gekry). So laai my pa maar die geweer en is te bly hy het die ding weer maar die scope is af so hy sal maar wag dat ek weer kom kuier voor hy nou kan sien hoe die KD ding op n geweer werk, gelukkig spring die perd agter die til gou uit om die scope te mout en die Oom kan maar laat waai met sy 300 maar net gou die rekening. Die werk sou all and all R3000 gekos het met KD by.

KD - R2900 (prys het op gegaan want rand is swak of iets)
Thread werk R750
Plastiek thread cap R450
Voorste versier verwyder R550
Oor blue R550
Courier costes 2 keer op en af want die eerste kerel kon mos nie die werk reg doen nie. Dink dit was so by die R1200
Scope mount wag vir hom.....R900
Nuwe sling studs want die ander was ook na moer R750 of so iets
Bedding oor doen want die wat in was was nie reg nie R900
Die hele rekening om n loop soos jou gat te thread en dan die loop 2 tone te maak met n Terminator KD by was so net oor die R9000. EK het my amper be11.1.11 toe ek dit hoor en sien hoe die loop lyk.

Re: sukkel met

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:22 am
by Geno
Geno wrote:Ek dink dis dalk 1 van 2 dinge.
1: scope is dalk te hoog vir jou geweer se kam.
2: scope is dalk te vêr voor of terug gemount.

As jy by my in Brits kan uitkom kan ek no.2 vir jou regstel en sommer die ringe lap ook.

Update:
Toris was Saterdag by my gewees met die roer.
Die scope was hopeloos te vêr vorentoe gemonteer.
Ek het die scope so agtertoe geskuif, en ook sy ringe gelap en reg getorque.

Die geweer se sneller was baie swaar gestel met baie kruip in. Die voorste aksieskroef was ook op omtrent 80 in/lb vasgedraai.

Ek het die sneller se travel en gewig gestel, en die aksieskroewe op 'n sinvolle 45 in/lb getorque. Dis waar ek gevind het dat my eie CZ550 ook lekker werk met sy houtkolf.

Geniet daardie mooi roer, Toris!

Groete
Eugene

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:27 am
by Carl
Bakgat as 'n man so gehelp kan word!

Geno ek is oppad met my roere ;)

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:32 am
by Geno
Slat uit. Ek help graag. ;)

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 25, 2016 11:45 am
by tripodmvr
Sukkel jy nie ook met "eye relief" met kleinding in die huis nie? ;D

Re: sukkel met "eye relief"

Posted: Mon Jan 25, 2016 1:10 pm
by Toris
Geno ek se weereens vir jou baie dankie!Na Geno sy magic gedoen het,het ek gister bietjie gan papier skiet,voel soos 'n helemale ander geweer!!

Groete Toris