Page 1 of 1
HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 10:06 am
by MEERKAT
Almal daar buite
So lyk dit op elke kleinvee plaas , wie dra die skuld, die ongediertes die eienaars of die half dood diere?
Ons moet onthou die diere word nie gevang deur ongediertes om te oorleef nie, daar is genoeg natuurlike kos daar buite, hulle is net maklike prooi einde van storie.As ongediertes nie beheer word nie sal daar net
na kleinvee boere verwys word hulle sal nie meer bestaan.
MEERKAT

Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 10:37 am
by Francois Marais
Meerkat
Daardie skaap is sleg gebyt, keelaf is al opsie.
Ja, en dit is die gesig wat die meeste van die publiek nooit van sal weet nie.
Mooi loop
Francois
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 12:30 pm
by Ambessa
Hallo Meerkat
Met jou toestemming wil ek die foto in my PowerPoints lesings gebruik. Laat weet asb dringend.
Ambessa
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 1:49 pm
by MEERKAT
Ambessa
Laat my weet hoeveel foto's jy wil gebruik en ek stuur hulle vir jou deur.
MEERKAT
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 3:13 pm
by tafjak
Meerkat
Plaas hulle almal asb! Dat die oningeligtes/Bool ook kan sien waarmee jy en jou medeboere sukkel. Ek gaan nou self 'n paar opdiep.
Taffie
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 5:43 pm
by MEERKAT
Taffles
"Taffles se baas" se werk eergister aand. Hy en vroutjie, lyk my hy het hulp ook ingeroep. Helpertjie stap nogal agter. Trap op die baas se spoor.Gisteraand bietjie gaan kyk , net gesels met my. Vanoggend gesien het op jagbakkie se spoor gestap, lammertjie klaar opgevreet. Sal more vir jou foto van sy spoor stuur om jou te inspireer.

MEERKAT
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Tue Jun 09, 2009 9:35 pm
by Ambessa
Hallo Meerkat
Dankie. Ek gaan die fotos wys waar iemand glo in die gehoor gaan wees. Daar word vertel dit is slegte bestuur as 'n skaap so gevreet word. Wat stro.....
Dankie weer eens. Kyk mooi na julle diere.
Ambessa
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Wed Jun 10, 2009 2:19 am
by tafjak
Hier is nog 'n paar.



Lelik n?, aardig!!!
Taffie
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Thu Jun 11, 2009 2:40 am
by tafjak
Meerkat
Die 3de lam op die foto's is deur 'n kat gevang. Sy het die lam 204 meter buite die lamkamp na die klein katjie toe gedra. Wys jou jou net dat katte weekoue lammers ook vang. Sy het in 6dae 8 van die jong lammers gevang. Kyk hoe mooi gesond is die boer se lammers. Maak 'n man sommer hartseer om sulke goeie vee dood te sien.
So by te way, hoe gaan dit met "Taffie se baas" en die se vrou. Gaan staan waar ons die laaste geroep het, net in die hoek aan die buurman se kant. Dan sal "Taffie se baas" en vrou nie meer leef nie.
Groetnis en baie voorspoed.
Taffie
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Thu Jun 11, 2009 7:32 am
by Freek
Daai is nie 'n mooi gesig nie... Taffie hoeveel base het jy regtig?

Ek dag as 'n man trou dan kry hy eers regtig 'n nuwe baas maar lyk my in die ongedierte jag bedryf kry 'n mens ook die verskeinsel...
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Thu Jun 11, 2009 8:31 am
by tafjak
Freek
Jong so 3maande of wat gelede ontmoet ek vir Meerkat en 'n paar van sy p?lle. Ons jag die aand sommer so om die huis, glo 'n reun daar wat moeilikheid veroorsaak. Na 'n gespartel skiet ons so jaaroud reun, maar Meerkat reken ons het toe die verkeerde een geskiet, nou is "Taffie se baas" nog op vrye voet.
Taffie
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Sat Jun 13, 2009 1:30 pm
by MEERKAT
Nog so ietsie vir die wat glo ons het nie skade
Knou goggas af
MEERKAT
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Sat Jun 20, 2009 6:40 pm
by Christo
So 'n foto sal jy nie van 'n boolhond kry nie. Jammer eintlik, wonner ma net hoe sal hy skree

Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Sun Jun 21, 2009 7:34 pm
by tafjak
Christo
Een van Klipplaat se honde is toe weer Vrydag "red handed" gevang waar hy te lekker aan tjops smul. Nou sal julle weet hoe frusteerd ek/jakjagter moet wees as die stel al 6 weke gelede geskiet is(onder Tomcat se wakende o?) en dan al 1 keer terug gegaan is om dat daar nog lammers wegraak en dit moet 'n jakkals of kat wees. Sal nou die lammergetalle dophou.
Taffie
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Sun Jun 21, 2009 10:16 pm
by Christo
Mooi Taffie, Ek roei nou voor die voet , as hy nie vas is is hy gepos.
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Mon Aug 15, 2011 5:27 pm
by ablm468
Manne
Ek kyk nou die fotos wat jule opgesit het, ek het op 'n plaas groot geword, het absolute simpatie met julle, mens haat die ongediertes wat jou so skade aan doen. Ek bly nou in die stad maar sal glad nie omgee om te help om die vuilgoed uit te roei nie.
Sterkte
Hansman
Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Mon Aug 15, 2011 5:57 pm
by Freddie101
Sien daar is weer gepost in hierdie topic.
Net nog n foto van die skade wat ons liewe ou arme jakkalsies wat so bedreig word, maak.

Re: HOE NOU GEMAAK
Posted: Fri Aug 19, 2011 10:33 am
by Frikkiedbr
Dit is hartseer om die arme diere so te sien.
Mens kan nie glo dat dit gebeur nie maar dit gebeur.
Ek is ook maar 'n stadsjapie en dit is baie interessant om die goed te sien wat wel
gebeur op plase. Geen wonder mense of laat ek liewers so s? die boere jakkelse en rooikatte nie baie
goeie vriende is nie. En om te lees hoe die goed aan teel is ook baie interessant.
Dankie aan die boere wat die foto's plaas om ander mense se oe oop te maak.
En dat hulle kan sien wat daar buite gebeur.
Sterkte aan al die boere ook.
Groete
Frikkie