Page 1 of 1

Sparkplug gap?

Posted: Fri Jan 15, 2016 9:27 am
by Lamtjop
Jis manne, ek het my 2,7vvti gediens en sparkplug gap toe 0,8mm gemaak soos met vorige 2,7i enjin, lees toe mos eers na die tyd die boekie en hul se gap moet 1,1mm wees. Kan dit n groot verskil in verrigting of betroubaarheid hê. Groete Tjops

Re: Sparkplug gap?

Posted: Fri Jan 15, 2016 10:23 am
by Dolf014
Nee wat, 0,3mm is bitter min verskil.
Ek sou dit so los.

Re: Sparkplug gap?

Posted: Sun Jan 17, 2016 9:13 am
by henning
n Goeie middeweg by meeste masjiene, selfs buiteboord masjiene is 1 mm en jy sal nie probleme he nie.

Groete
Henning

Re: Sparkplug gap?

Posted: Sun Jan 17, 2016 9:40 am
by tripodmvr
Meeste van die ou voertuie het met 30/1000 van 'n duim gewerk = 0,8mm.

Re: Sparkplug gap?

Posted: Sun Jan 17, 2016 11:20 am
by Heinz Petersen
Die beste werk vir daai gap is n ystersaag se lem.

Re: Sparkplug gap?

Posted: Sun Jan 17, 2016 1:41 pm
by Lamtjop
Manne ek is sommer net lui om plugs uit te draai en regte gap te maak, wou sommer weet waste effek dit kan hê. Dankie

Re: Sparkplug gap?

Posted: Sun Jan 17, 2016 6:58 pm
by henning
Heinz Petersen wrote:Die beste werk vir daai gap is n ystersaag se lem.
Ek doen dit ook al vir jaare, eers gedink ek sal dit nie hier se nie.

Groete
Henning