Page 1 of 1
Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 10:42 am
by geelslang
Dagse manne
Ek wil graag 'n Chronograaf aanskaf. Daar is mos nou die debatte rondom watter een die beste is maar uit jul ondervinding, Prochrono of Chrony en watter model? Magnetospeed is die bul maar ek wil nie nou graag R4000 vir een betaal nie.
Ek luister graag
Groete
Geelslang
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 10:53 am
by Ashley
Nee kyk, as jy die "Rolls Royce" van chronys soek dan vat jy die Magneto.
Ek gebruik n Alpha Chrony(R2000) en moet sê hy het my nog nie gefaal nie. Ladings tot dusvêr was mooi netjies.
Maar soos Rudie op die forum einde laas jaar gepost het(3chronys in n trein deur geskiet) weet mens nooit hoe reg/goed jou chrony lesing rerig is nie.
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 11:07 am
by tripodmvr
Die nuwe Prochrono Digital werk baie mooi vir my. Nie lig sensiteief en het nog nie een skoot weggegooi of snaakse lesing gegee nie.
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 2:30 pm
by Capt. Yoda
Ashley wrote:Nee kyk, as jy die "Rolls Royce" van chronys soek dan vat jy die Magneto.
Ek gebruik n Alpha Chrony(R2000) en moet sê hy het my nog nie gefaal nie. Ladings tot dusvêr was mooi netjies.
Maar soos Rudie op die forum einde laas jaar gepost het(3chronys in n trein deur geskiet) weet mens nooit hoe reg/goed jou chrony lesing rerig is nie.
Hiers die Rolls Royce

maar hy kos bq meer as 4k
http://www.mylabradar.com/images/radar.jpg
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 3:13 pm
by ruaanb
Ship die Labradar nou al want dit is doodstil van oor die water?
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 3:21 pm
by Ashley
Capt. Oblivious wrote:Ashley wrote:Nee kyk, as jy die "Rolls Royce" van chronys soek dan vat jy die Magneto.
Ek gebruik n Alpha Chrony(R2000) en moet sê hy het my nog nie gefaal nie. Ladings tot dusvêr was mooi netjies.
Maar soos Rudie op die forum einde laas jaar gepost het(3chronys in n trein deur geskiet) weet mens nooit hoe reg/goed jou chrony lesing rerig is nie.
Hiers die Rolls Royce

maar hy kos bq meer as 4k
http://www.mylabradar.com/images/radar.jpg
Ok dan is die Magneto darem n CL Merc of so...
Sien daai LabRadar gaan vir $559 in die U.S

Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 3:25 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Geelslang.
Die Pro Chrono doen alles wat hy moet sonder onnodige drade. Die LCD skerm is duidelik sigbaar op 5m.
Kaptein, daai Radar gaan jou so R 12 000.00 kos.
Daai maatskappy is regtig goed met hul PR. Ek het begin laasjaar na een gekyk en binne twee ure is al my vrae per epos beantwoord.
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 7:22 pm
by 6.5/284Norma
Ek sien S&O het 'n Ohler vir ongeveer R13 000.
Daar is nou 'n chronograaf!!
Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 10:08 pm
by Francoisv
Superchrono
Werk met die skokgolf van die koeel.
ImageUploadedByTapatalk1452629289.876055.jpg
ImageUploadedByTapatalk1452629303.375264.jpg
Re: Chronograaf navraag
Posted: Tue Jan 12, 2016 10:09 pm
by Johan243
Geelslang
Jy het n pm
Johan
Re: Chronograaf navraag
Posted: Sun Apr 10, 2016 7:56 pm
by hpbreiten
Ek sit in dieselfde bootjie as jy... Moet my 1ste chrony koop en ek weet nie wat om te koop nie.
Ek het vandag die SuperChrono op die net raak gelees en sal graag wil weet wat almal se opinie is.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Chronograaf navraag
Posted: Sun Apr 10, 2016 9:25 pm
by Smit@50
Ek gebruik die superchrono nou al vir 5 maande en sover het ek geen probleme nie. Gesien ouens skiet met semi so vinnig as wat hulle kan en hy mis nie een skoot nie. Sover is ek tevrede.
Sent from my SM-N910C using Tapatalk
Re: Chronograaf navraag
Posted: Sun Apr 10, 2016 9:36 pm
by Banzo
Stukkie werk wat Bryan Litz gedoen het mag dalk help
http://appliedballisticsllc.com/Article ... hapter.pdf.