Page 1 of 1

Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Mon Jan 11, 2016 7:49 pm
by Hennie Oelofse
Hi manne,

Ek het Saterdag weer bietjie saam met Jaco Prinsloo gaan bosvarke jag. Ons het darem 2 varke gekry, een van hulle n n mooi beer. Jaco sĂȘ span sorg altyd vir groot pret. Oppad soontoe het ek ongelukkig n tierbos kat getrap wat voor my ingehardloop het, dis nagals n hartseer storie...

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:18 pm
by alecjohnson
Hummmm.... Waar is die vark foto? :D Ek glo jou nie ;D

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:31 pm
by Hennie Oelofse
alecjohnson wrote:Hummmm.... Waar is die vark foto? :D Ek glo jou nie ;D
Nee flip dis n storie om die foto's kleiner te maak om dit te post... jy moet maar my woord daarvoor vat... ;D

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Wed Jan 13, 2016 8:41 am
by GERHARD 3
More se. Ek lees nou die hartseer verhaal. Ja, dis jammer as so iets gebeur maar as ek iemand kan opbeur..... Ek het oor nuwejaar in Ladybrand op die plaas Waterkloof geskiet. Groot was my verbasing toe ek op twee tierboskatte afkom in die ongeploegde en bewerkte lande weens die droogte. Die volgende aand is ek op n ander plaas. Eeste oog na 7 min se roep , nog n tierboskat 25m van my af. Die punt agter die punt is dat die plaas in ons familie is reeds 3 geslagte. Nog nooit is die katte opgemerk nie teenoor Cradock waar my pa groot geword het en hulle baie gevang en gedood is toe hy n kind was.

Met die regte bestuur en selektiewe skiet van sommige roofdiere soos jakkalse neem ek dus aan dat ander spesies ook n kans het op beter oorlewing en daar meer kos is vir hulle soos muise en springhaasrotte ens. en dat dieselfde territoriale gebiede minder bedingbaar is vir lewe in die algemeen.

Groete Gerhard

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Wed Jan 13, 2016 9:09 am
by Geno
Ek het agter Hennie gery toe hy daai tierboskat getref het. Nogal baie skade aan sy kar gelos!
Ek sal so paar fotos post.

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Wed Jan 13, 2016 9:13 am
by Geno
Vark1.jpg
Varke2.jpg
Varke3.jpg

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Wed Jan 13, 2016 4:00 pm
by Reggie Gerber
Hoe hardloop Prinsloo agter varke aan met n oop broek? ;D

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Wed Jan 13, 2016 5:50 pm
by dehacked
Hahaha

Re: Lekker jag met n bietjie hartseer...

Posted: Thu Jan 14, 2016 7:43 am
by vossie1
Mooi vark! nooit lekker as dit gebeur nie,ek het self twee weke terug n grys duiker helder oor dag getrap! was my skuld ek het bietjie te vining gery,dam bokkie spook by my. Ek kan nie verstaan dat dit my so pla nie,ek is mos n "Jagter" en ons moor mos voor die voet.