Page 1 of 2
Wat maak 'n scope goed?
Posted: Mon Jun 13, 2011 5:57 pm
by Pvdw
Hi Manne.
Ek wil so bietjie duiwels advokaat speel vandag.
Ek sal sodra my geldjies inkom moet kyk vir 'n scope. Ek het reeds 'n opsie of 2.
'n Vraag wat by my opgekom het is "Wat maak 'n scope goed"
Met al die tegnologie wat vandag so vrylik beskikbaar is en kompetisie wat so straf is, kan 'n maatskapy nog bekostig om 'n swak scope te bou?
Is vandag se swakker/goedkoper scope nie dalk gister se duur scope gewees nie?
Ek doen airconditioning deeltyds en ek moet s? dat van die goedkoper eenhede baie keer langer hou as die duurder eenhede. Die installasie van so eenheid is meestal meer belangrik as die eenheid self.
Gister kom jy 'n IM6 grafiet stok langs die water gehad het en br?e bors staan het, vandag skaam mense hulle vrek om lang iemand met so stok te staan. Gister se oom het net so baie vis gevang, indien nie meer nie

So kan ek aan gaan.
Wat ek egter wil weet is of daai Onder R2000-R2500 scope regtig so dof/swak as wat ges? word of is dit net die boonste reeks wat soveel beter geword het as die ou scopes waarmee meeste van ons 15-20 jaar terug mee geskiet het.
Sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel?
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Mon Jun 13, 2011 7:39 pm
by KLASIE
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Mon Jun 13, 2011 11:15 pm
by Stefan764
Klasie,
baie goed kort en kragtig opgesom mater....
Stef
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Tue Jun 14, 2011 10:54 am
by spekieries
Ons praat ander dag oor dieselfde ding. Ek wil ook met NF en Z en SWA en S&B skiet. Maar ek kan dit doodeenvoudig nie regverdig as ek my salaris in ag neem nie. Ek jag 3keer, as ek gelukkig is 4 keer 'n jaar. Ek skiet jagtersvereniging tabelle en my relatief goedkoop scopes het my nog nie gedrop nie.
Ek aanvaar dat die name bo, beter optika is. Iemand, ek dink dit is Koos B het ook opgemerk dat om 'n Scope 10% beter te kry as die huidiges op die mark moet baie geld geinvesteer word. Dus moet so teleskoop duurder wees.
As skiet my lewe was, dink ek sou ek anders daaroor geredeneer het. Maar nou hou ek maar by die Redfiels, die VX1's die Lynx ens. Gelukkig bring hulle vir my die vleis huistoe, en die geld in die veld "Kwesbokke" was die operator se eie skuld en nie die toerusting s'n nie.
Groete manne
Lekker jag
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Wed Jun 22, 2011 10:51 pm
by .::Alwyn-U::.
Vx1 - baie lekker!
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 12:35 am
by klipspringer
Pvdw
Ek reken Klasie het 'n goeie opsomming daar gegee. Net nog iets wat ek opgemerk het is dat sekere teleskope sekere goeie punte het. Net as voorbeeld, ek tel die ander dag 'n Bushnell Elite 4200 2.5-10x50 op. Met die optelslag was die hele oogstuk meteens ten volle met lig gevul en die optiese kwaliteit was baie goed. Dit sou my 'n sekonde of twee spaar wanneer ek op 'n teiken aanle.
Groete
Jan
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 9:09 am
by PRIVATE RYAN
Prys
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 10:04 am
by Danie Lombard .243
Maters
Die tiepe gesprek word baie bespreek tussen skuts en jagters. Meeste keure wil dit vir my voorkom dat dit meer 'n ding is van kyk na myne en dan wys jy vir my joune want myne is beter as joune want myne is duurder as joune. Wat kos joune? Myne is DUUR!!!
Daar is baie kriteria om 'n scope teen te meet en te evalueer. Lens kwaliteit ens. ens. ens. Laat my nou dink aan ou Koos wat by die oog dokter opdaag en kla oor sy sig vermoe, Koos se hy kan nie meer mooi sien oor ver afstande nie. Dok vat die ou na buite en wys met sy indeks vinger na die son en vra vir Koos wat is daai rooi geel helder bol? Koos se dit is die son man. Dok vra Nou hoe ver wil jy dan kan sien?
Die mees belangrikste eienskap van 'n scope is hy moet sy zero behou en nie uitstel nie. Dit is die belangrikste punt. En as jy kan sien wat jy op aanle, en met die scope kan akkuraat skiet is die scope reg. Wat sy naam is en wat hy kos is irrelevant.
Daar is maar erge power swak goedkoop scopes, en dan is daar egre duur scope wat my en ander teleurstel en veels te goed en te hoog geag word.
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 1:01 pm
by JACQUES BOTHA
MANNE EN MANINNE
N SCOPE WAT WERK IS DIE EEN WAT GOED IS VIR JOU.
PRYS IS N AANDUIDER MAAR DAAR IS AL BAIE MANNE WAT DUUR SCOPES AFGEHAAL HET EN GOEDKOPER OPGESIT HET MET GROOT SUKSES..
AS JOUNE WWERK VIR JOU EN HY SKIET WAR JY MIK IS HY GOED VIR JOU.. N ISUZU IS GOED GENOEG VIR MY VIR N ANDER OU IS N CRUISER N BOLLIE WOEFIE POEFIE.. SO IS SCOPES MOET NIE JOU LAAT LEI DEUR DUUR SCOPES OMDAT MY VRIEND EEN HET WIL EK OOK EEN HE... SOOS DANIE SE WYS MY JOUNE EN EK WYS JOU MYNE... ASJY N JAGTER IS MOET JOU SCOPE VIR JOU PLESIER GEE EN MOET NOOIT DAT JOU AS JAGTER SE PLESIER N TOERUSTING OF UITRUSTING RESIES WORD NIE... MOET OOK NIE DAT JOU SKIET SPORT AKRIWITEIT VIR JOU N EQUIPMENT RACE WORD NIE.. HOU JOU GOED BEKOSTIGBAAR VIR JOU EN AS JY DIT KNA BEKOSTIG DAT N R30000 SE SCOPE OP N R50000 SE GEWEER IN DIE KLUIS STAAN VIR JOU EEN OF 5 KEER SE GEBRUIK N JAAR -- GOED VIR JOU EK KAN NIE...NIE BEKOSTIG NIE ....MIN JAGTERS SKIET REGTIG VERDER AS 300 METER ..
DIE DOELHEILIG ALTYD DIE MIDDELE ... SO MEET JOU AAN JOUSELF EN AS JY WIL AAND IE STANDAARDE WAT JY STEL---EK WEET DAR IS MINIMUM STANDAARDE IN ELKE INDISTRU MAAR BESLUIT SELF WAT JY WIL HE EN WAARVOOR JY JOU SCOPE WIL GEBRUIK...
DIE EEN WAT OP JOU ROER IS EN WERK VIR JOU---HY IS N GOEIE SCOPE.....EN DIT MAAK HOM GOED VIR JOU..
GROETNIS
JACQUES
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 2:16 pm
by Louis102
Danie .243 wrote:
.... en dan is daar egre duur scope wat my en ander teleurstel en veels te goed en te hoog geag word .....
Danie, noem bietjie die name waarvan jy hierbo praat, laat ons hoor....
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 6:14 pm
by Danie Lombard .243
Sjoe Louis, jy wil my nou in die sop laat beland
Ek het al vroeer gese/ge tik in vorige posts dat en nie baie beindruk is met 'n Leopold nie, my opinie, volgens my overrated. Night Force, puik scope, sterk en alles maar die "field of view" is nie vir my nie. Vole vir my ek loer deur 'n kykie pypie.
Slegs my opinie.
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 6:24 pm
by Monrique (SJ)
Danie
Wat sal jy se is n goeie scope, vir n billike prys en kyk sommer mooi?
Groetnis
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 7:58 pm
by Louis102
Danie .243 wrote:
... Sjoe Louis, jy wil my nou in die sop laat beland

...

Nooit, hoe ken jy my?

.... Maar jy kan darem nie hier sommer sulke wye veralgemeende stellings maak, sonder om bietjie verby te kom nie?
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:32 pm
by Pvdw
Manne ek het vandag daar by Stephan gaan inloer waar hy die scopes so lekker aan almal smous. Het hom vertel my budget is nie van so aard dat hy moet opgewonde raak nie maar ek wil graag kyk vir 'n 50mm lens.
Hy draai toe om en bring die NIKON BUCKMASTER 4-12X50 na vore, net daar en dan gaan hy die rekenaar na en vertel my daai scope kos R3200.00. Wel ek het so bietjie met hom gekyk daar by die venster uit(ongelukkig deur glas) en ek het geen "edge distortion" gesien nie, die oogstuk word ook sommer maklik skoon sonder enige skaduus in die oogstuk. Laaste ding wat ek na gekyk het is die kleur wat jy sien deur die scope op 4X dan 8X en laastens 12X. Elke keer kon ek sien dat die kleur van die items waarna ek gekyk het mooi vergelyk het met die van die blote oog, selfs op 12X kon ek geen kleur verandering waarneem nie.
Lyk vir my persoonlik na 'n nice scope wat nie die bank sal breek nie maar tog goeie optika het. Ek het egter glad nie na die turrets gekyk nie en weet nie hou hy verstel nie. Sal volgende keer daarna loer.
Peet
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:40 pm
by DSBW
Ou Danie .243, nu gaaan ek ok maar 'n klippie in jou bos gooi. Laat ek net s? ek stem hoofsaaklik saam met jou siening, maar nie heeltemal nie. Warren Buffet het eenkeer ges? die twee belangrikste dinge waarsonder jy nie moet wees nie is gesondheid en perspektief.
Hier is my perspektief: 90% van ons koop 'n "scope" na gelang van ons definisie van die "waarde vir geld" beginsel.Die ander 10% is presies soos jy hul beskryf, manne met genoeg geld om te koop wat geld kan koop. Dis ook reg, die manne werk vir hul geld, laat hulle daarmee maak wat hulle wil.
My spesifieke behoefte stem waarskynlik ooreen met baie ander ouens s'n, maar my ervaring met 'n paar "scopes" mag dalk anders wees. Hoofsaaklik is dit 'n "scope" wat nooit uitstel nie, selfs met redelike hardhandige hantering, eenvoudige werking, goeie beeld, geen fieterjasies ens. Nou het ek al 'n paar probeer, Nikon, Leupoldt, Kahles, Zeiss, Nightforce. Almal was goed met die meeste vereistes, maar het tekort geskiet in een of twee areas.
Mens leer egter, en een van die dinge wat ek geleer het, is dat die twee Europese "scopes" hierbo genoem, by verre oor tyd (15 jaar) die beste presteer het, al was altwee 8x56 "fixed" vergrotings. Dus, my "waarde vir geld" definisie het oor tyd verander (my o? ook), en dit bepaal nou dat ek moet die beste koop wat die bank bestuurder my toelaat, en klaar koop, en dit moet verkieslik 'n Zeiss, Swaro of S&B wees.
Soos al hoevele kere ges? is, die een wat vir jou die ding doen, hy's die regte een. Sommer net my Vrydag aand nikssegende bydrae.
Dawie
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:42 pm
by Hein M.
Pvdw wrote:
Manne ek het vandag daar by Stephan gaan inloer waar hy die scopes so lekker aan almal smous. Het hom vertel my budget is nie van so aard dat hy moet opgewonde raak nie maar ek wil graag kyk vir 'n 50mm lens.
Hy draai toe om en bring die NIKON FIELDMASTER 4-12X50 na vore, net daar en dan gaan hy die rekenaar na en vertel my daai scope kos R3200.00. Wel ek het so bietjie met hom gekyk daar by die venster uit(ongelukkig deur glas) en ek het geen "edge distortion" gesien nie, die oogstuk word ook sommer maklik skoon sonder enige skaduus in die oogstuk. Laaste ding wat ek na gekyk het is die kleur wat jy sien deur die scope op 4X dan 8X en laastens 12X. Elke keer kon ek sien dat die kleur van die items waarna ek gekyk het mooi vergelyk het met die van die blote oog, selfs op 12X kon ek geen kleur verandering waarneem nie.
Lyk vir my persoonlik na 'n nice scope wat nie die bank sal breek nie maar tog goeie optika het. Ek het egter glad nie na die turrets gekyk nie en weet nie hou hy verstel nie. Sal volgende keer daarna loer.
Peet
Peet
My broer het 'n Fieldmaster 12 x 40 BDC op sy 243 en hy is baie tevrede. Die scope is mooi helder, die verstellings is positief, hy hou sy zero en die lysie gaan aan. Goeie prys en goeie waarborg.
Hein
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 9:38 pm
by Danie Lombard .243
SJ
Ek is sommer erg lief vir 'n Zeis scope en selfs die Leica. Tog is hulle duur, maar kwaliteit is duur. Waarde vir geld, dit wat jy kry vir dit wat jy betaal is 'n Lynx altyd 'n wenner. Maar tog is Lynx lank nie meer 'n goedkoop scope nie. Burris is ook baie goed interme van beeld en kwaliteit vir nie te veel geld nie.
Ek is 'n suinige kalant. Plaas bakkie, rof ry, jakkals jag en duur sopes werk nie so mooi saam nie. Ek huil hard as my Lynx scope ingee saam met die boerdery bakkie werk, maar ek sal hartverskeurend huil as dit 'n duur europese scope is wat breek in die boer bakkie. Tog sal ek graag al my gewere wil toerus met Zeis scopes. Moet dalk my twak laatstaan en dit doen.
Tans doen Lynx en Burris vir my die ding, en hul werk tog te mooi.
Dawie, ek stem saam met jou veral die ding wat jy noem, die ouderdom wat aanstap en die oe se vermoe wat nie meer so lekker is nie. Soos ek al in ander plasings gese het, ek het erge astigmatisme in my regter oog en is by siende, ek dra 'n bril. My oe is swak. (wens dit was goed gewees) Skiet ook met die kyk yster. So m.a.w. ek het swak oe in vergeleke met ander normale persone. So sien ek gou of 'n scope vir my werk of nie werk nie, veral in die nag met die ongedierte jag. Het al die voorreg gehad om deur verskeie scopes te loer, baie soorte en vergrotings, en nie in die winkel nie, op die skietbaan en snags tydens jag, al die soorte. Party is net nie vir my nie.
Beste nag scope wat ek al deur geloer het was 'n Kahles Heila 8X56, het dit vergelyk met my 8X56 Lynx. Hul was vir my so na aan mekaar, die Lynx en die Kahles. Die Kahles se fokus was net so 'n knerts beter gewees.
Ek eindig voor ek weer 'n vreeslike lang storie tik. Koop die beste wat jy kan bekostig, MAAR moenie twak koop nie. Moet ook nie sommer 'n scope koop omdat die of daai ene se dit is so goed nie, toets die scope, kyk deur 'n vriend of persoon se scope, toets dit op die skietbaan, dit moet vir jou werk, nie vir jou maat of wie ookal nie. Net vir jou.
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Fri Jun 24, 2011 10:00 pm
by Monrique (SJ)
Danie
Ek stem saam met jou. Ek moet se dat ek baie gelukkig is met my 3x Burris scope, my 3-9x40 se beeld is beter as my 3-9x42 Lynx wat ek op daardie geweer gehad het.
Splank ek nog nie n Zeiss en daai scopes kan bekostig koop ek net Burris.
Groetnis
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Sat Jun 25, 2011 8:44 am
by DawieKotze
SJ - ek het ook so 'n 3-9x42 Lynx. Ek is nie 'n nag- en v?rskieter nie. Nou ek verstaan dat parralaks probleme tel mens eers op hier van 10x vergroting af. As ek op 9x vergroting deur die Lynx na die teiken op 100m kyk en my kop beweeg, dan skuif die kruishaar met so 'n duim of 2. Verstaan ek dit reg dat dit 'n parralaks fout is? En hoekom kry ek dit op 9x vergroting?
Verder kon ek nog glad nie kla oor die Lynx nie - hy het al baie sy kant gebring.
Ek het gevind dat om na skaduwees (onder bome in digte bosse of 3 strate verder by huis se venster in) te kyk, vir my baie goeie aanduiding van die helderheid van scope of verkyker gee.
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Tue Jun 28, 2011 1:09 pm
by JACQUES BOTHA
KOM ONS MAAK ONS EIE SCOPE..
ZWARUSKI.. 6 - 18 BY 56 MET BENCHREST RECTICKLE
ONS KRY 400 MANNE EN MANINNE OF DIE FORUM EN MAAK SOOS RODOLF EN LAAT BOU N HEBRIED MENGSEL MET DIE BESTE VAN ZEIS EN SWAROVSKI TEEN N BURRIS SE PRYS.
ONS ONDERHANDEL VIR DIE PRYS EN DIE KWALITEIT EN SIT DAN ONS EIE NAAM DAAROP TEEN N FRAKSIE VAN DIE PRYS.
WAT SE KOOS BARNARD AS ONS 400 Z6 SCOPES KOOP ....ONS SAL SEKER N GOEIE PRYS KRY..
O JA EN STEFAN WAT IS DIE PRYSE BY SAFARI AS ONS SO 400 SCOPES OP 1 SLAG KOOP,
EK BEDOEL OOM AMBESSA GAAN SEKER OOK N DEEL INSTOOR VAN DIE R140 MILJOEN......
AL DIE JAGTERS WAT NOG NIE Z6 6 -18 OPHET NIE KAN DAN MOS EEN KRY..
HEY EK MOET WERK ES BESIG OM ERGE BREINFLOUTES TE ONTWIKKEL
NET DIE EERSTE 400 KAN GEHELP WORD
GROETNIS
JACQUES
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Wed Jun 29, 2011 7:54 pm
by klipspringer
Hello Manne
Na my beskeie mening is hoofsaaklik die volgende belangrik:
1. Beelddefinisiie
2. Ligdeurlating
3. Regte kruishaar vir aanwending
4. Konstante verstelling
5. Herhaalbaarheid
6. Gepaste vergrotingsreeks
7. Genoeg "eye relief" in geval van erge terugskop
8. Vinnige en maklike fokus
9. Objektiefgrootte gepas vir aanwending
10. Geen parallaksverstelling behalwe op hoe-vergroting teleskope
11. Goeie konstruksie om terugskop en stampe en stote te kan hanteer
Ek kon nog nie in praktyk die voordeel van 'n dikker buis sien nie.
Die montering van die teleskoop is waarskynlik die belangrikste van alles.
Ek sal graag die gesoute jagters se menings wil hoor.
Groete
Jan
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Mon Jul 04, 2011 9:22 pm
by Rfourie
Al weerndieselfde topic oor en oor, hoeveel keer het julle nou al gelees dat JY KRY WAT JY BETAAL. ASB!
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Tue Jul 05, 2011 3:02 pm
by Pvdw
SMK jy reken als wat duurder is, is beter
Ek het al paar keer in my lewe beleef hoe daai plakkertjie op 'n item hom 2X duurde maak al is dit dieselfde produk.
1 voorbeeld:
HOWA .223 Swart Hogue kolf prys R5500-R6500
Weatherby Vanguard selfde geweer ander plakker R9000-R10000
Ek koop eerder vir R6000
Peet
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Tue Jul 05, 2011 6:50 pm
by spekieries
SMK
Dit lyk nie of jy heeltemal gelees het wat geskryf is nie. Dit klink eerder of die meerderheid manne voel wat vir jou werk en wat jou behoefte is, is wat jy koop en dit hoef nie slegs aan prys gekoppel te wees nie.
Groete
Re: Wat maak 'n scope goed?
Posted: Tue Jul 12, 2011 3:00 pm
by GERT vd M
My ondervinding is dat die beste scope die een is wat die handelaar op daardie oomblik nog in vooraad het, want hy het hom gekoop en moet hom ten alle koste weer teen n wins verkoop.......goed of sleg