Page 1 of 1
Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 12:28 pm
by DWB
Dagsê,
Is daar van julle manne wat eerstehandse ondervinding met die bakkies het?
Hoe is hulle op brandstof?
Moet kyk na opsies vir die besigheid.
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:04 pm
by blaser
as jy met n renualt se wil sukkel koop jy hom volgens my is die corsa beter
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:08 pm
by Supacow
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:22 pm
by DWB
Oom Frans,
Ongelukkig weens die paaie wat ons moet ry gaan die kleiner bakkies nie werk nie.
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:26 pm
by blaser
nee dan het ek verkeerd gelees daai np300 met die 2.5d is koning
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:31 pm
by cassie_calvinia
dit is nie sleg bakkies nie. hul bakwerke is net swak.
'n vriend van my het een, maar sy bakkie werk baie hard. hul diesel is baie goed
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 2:36 pm
by Hein M.
DWB wrote:Dagsê,
Is daar van julle manne wat eerstehandse ondervinding met die bakkies het?
Hoe is hulle op brandstof?
Moet kyk na opsies vir die besigheid.
Goeie bakkie. Het 3 in die familie en hulle doen die ding... Whatever enige-iemand anders sê...
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 3:01 pm
by DWB
Dankie Almal, wat is jul ervaring met die brandstof verbruik? Spesifiek die 2.0l petrol?
Re: Nissan NP300 2.0 Base
Posted: Mon Jan 11, 2016 4:39 pm
by Apie
Sal bietjie by 'n vriend oor die brandstof uitvind!
Hy gaan swaar wees! Ek het so paar jaar terug die 2.0 VVti Hilux gery, gemiddeld oor 90 000km was 9.5km/l teen omtrent 110km/u en so 8.5 teen 125km/u