Page 1 of 1
Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Sun Jan 10, 2016 2:01 pm
by JohanvanZyl
http://precisionrifleblog.com/2015/10/1 ... -reticles/
Hierdie is deur S&O op hulle facebook geplaas. Insiggewend
Re: Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Sun Jan 10, 2016 2:41 pm
by Capt. Yoda
Re: Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Sun Jan 10, 2016 6:58 pm
by Sangoma (IAN)
Sover ek weet het SO Rivonia nie een van daai top 5 tans op hulle rakke nie.
Re: Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Sun Jan 10, 2016 7:16 pm
by Mac
Sover ek weet het SO Rivonia nie een van daai top 5 tans op hulle rakke nie.
Met die pryse vir top scopes, sal ek hulle ook net op bestelling verkoop. Daar moet ook onthou word dat net "tactical scopes" daar bespreek word, baie van ons skiet nie 600m en verder nie. Jakkals jagters bv kan hulle geld beter op heelwat ander scopes uit gee om hulle doelwit te bereik. So ook bosveld jagters, ouens wat scopes soek vir bakkie gewere ens. ens. Daar is hordes scopes wat nie daar benoem word nie, wat nie 'n tree sal terug staan teen daardie scopes as hulle vir hulle doel aangwend word nie.
Re: Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Sun Jan 10, 2016 7:51 pm
by Capt. Yoda
Die PRS reeks het maar baie te doen met sponsors ook en die groot name gee ongelooflik baie toerusting weg by elke groot komp.As die wenner van 2016 n onbekende ou met n lynx op sy 22-250 gaan wees gaan daar volgende jaar baie lynxe op 22-250 wees.Die top 10 skuts in daai reeks het verseker nie hulle toerusting self betaal nie
Re: Top skuts se teleskoop keuse
Posted: Mon Jan 11, 2016 10:48 am
by JohanvanZyl
"Jy maak die manne demoer in as jy ou info post" - vriend wat my pm

Jammer menere. Sal meer op die forum kom of bietjie die search gebruik. Lekker dag