Page 1 of 1
Einde Junie (Geweer Lisensie)
Posted: Mon Jun 13, 2011 12:40 pm
by Flip Groenewald
Middag Manne ek gaan nou n my geweer koop maar ek lees vanoggend se Burger dat hulle moet klaar wees teen einde Julie met alle afhandeling van geweer lisensies.
Wat ek wil weet is wat gaan na daai tyd gebeur.
Ek het gehoor dat die goedkeuring net in jou provinsie gedoen sal word en nie meer Pretoria toe hoef gestuur te word nie.
Kan iemand dalk meer inligting gee oor wat gaan gebeur en of moet ek maar wag tot einde Julie om aansoek te doen vir my lisensie.
Groete
Flippie
Re: Einde Junie (Geweer Lisensie)
Posted: Mon Jun 13, 2011 12:50 pm
by Dawid
Skietekat
Na Julie kom al die groot gevegte oor al die lisensie aansoeke wat afgekeur is.
Dit sal goed wees as die aansoeke nie als meer PTA toe hoef te gaan nie maar ek weetnie so lekker van daai storie nie.......koerante kan ook verwoed lieg.
Re: Einde Junie (Geweer Lisensie)
Posted: Mon Jun 13, 2011 12:56 pm
by BLOK
Sal darem baie bly wees as dit plaaslik gedoen moet word. Die manne hier in Potch ken ek nogal redelik en glo n mens sal dan weer n tou of twee kan trek.
Blok
Re: Einde Junie (Geweer Lisensie)
Posted: Mon Jun 13, 2011 12:58 pm
by Christo Els
Volgens wat ek verstaan moet hulle 31 julie op datum wees met alle aansoeke met anderwoorde die backlog moet weg wees.
Of wel dit is wat hulle nege maande terug belowe het.
Ek sal wag vir Augustus om my aansoek in te stuur net om seker te maak wat aangaan
Watse geweer gaan jy vir jou aanskaf
Re: Einde Junie (Geweer Lisensie)
Posted: Mon Jun 13, 2011 2:36 pm
by Flip Groenewald
Dit sal n Howa .270 met sintetiese kolf en stainles steel loop dit sal my eerste en my eie geweer wees het nie die vooreg om een te erf nie so moet ma als self koop en deurgaan ek sal nog baie hulp vra oor die lisensies en geskikheids want ek het geen benul wat ek als moet doen en maak en na wie toe ek moet gaan nie so as mense wil raad ge sal ek dit baie wardeur.
Ek het al so bietjie gesearch en het al n paar dinge geleer.
Maar ek soek meeer inligting oor wat alles in jou motivering veslag moet kom ens
As julle dit nie hier wil sit nie kan julle dit vir E-mail a
flippiegroenewald @ hotmail.com
Dankie en Groete
Flippie