Page 1 of 1

Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:12 pm
by JacoWiele
Dagsê almal
Ek dreig nou al baie lank om by julle ouens aan te sluit en 'n 'n goeie vriend en jagmaat het my uiteindelik vandag sovêr gekry. Hyt my ook BEVEEL om onmiddelik myself hier voor te stel en te sê waarvan ek kom en watter skietgoed ek als het en so aan, so hier gaan hy.

Ek kom ook hier uit die Kalahari (Kathu) - gebore en getoë... en ek is ook 'n Jaco Goosen (die mooie) want julle het reeds een op hierdie groep met dieselfde naam van dieselfde plek... op die dorp staan ons bekend as Jaco-skietbaan-se-sleutel-jakkals-moordenaar en Jaco-wiele (want ek is 'n amma-krokko-krokko jagter)...

Ek jag al lank en die veld en buitelewe is my passie... al sukkel dit maar soms so met die rystoel saam maar ek het goeie vriende met dik arms wat baie help... Soos ek sê.. gewere is my passie... ek jag met hulle, skiet teiken met hulle, versamel hulle en soms kyk ek sommer net vir hulle.... Ek weet nie hoeveel detail oor jou skietgoed mens hier moet gee nie, maar ek hou van nuwe uitdagings so ek het al moderne jaggeweer, voorlaaier en boogjag aangedurf en besit dus 'n klompie van elke spesie skietgoed.. ek kry net nie meer tyd vir speel nie want ons is onlang ook geseen met 'n tweeling wat hard probeer om ons huis tot op fondasie-vlak af te breek (voorwaar 'n hand vol, maar ook my hart se punt!!).

Ek het al so bietjie rond geloer op jul forum en hoop om vining deel te word van die familie

Groete eers uit 'n baie warm Kathu

Mik fyn - mis klein

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:21 pm
by Vlakvark Soldaat
Welkom Jaco! Gelukkig is dit wiele met n 'w'!

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:24 pm
by Dolf014
UITEINDELIK!! :laugh: :laugh:

Welkom my mater.

Ek wil net dit vir die forum lede sê; met JacoWiele se rolstoel of krukke in die veld, is hy nog steeds n groot plesier om mee saam te jag.
VOL grappe en 'n groot terg gees. >:D

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:28 pm
by Vlakvark Soldaat
Dolf014 wrote:UITEINDELIK!! :laugh: :laugh:

Welkom my mater.

Ek wil net dit vir die forum lede sê; met JacoWiele se rolstoel of krukke in die veld, is hy nog steeds n groot plesier om mee saam te jag.
VOL grappe en 'n groot terg gees. >:D
Hy sal my maar Kathu toe moet nooi sodat ek self kan uitvind! skimp skimp...

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:47 pm
by JacoWiele
Nee maar dis reg...... het daai skimp gevang...... gee net kans tot dit goed gereen het.... ons bokke is nou so maer die kudus ontsnap deur die jakkalsdraad

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:51 pm
by Vlakvark Soldaat
Hahahaha. Nee dis reg! Ek wag dan maar geduldig vir daai een...

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 2:55 pm
by Piet Pille
Welkom Jaco

Bly om te sien daars 'n Jaco Goosen met persoonlikheid uit Kathu..... Ons sukkel maar met die ander een...... >:+

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 3:14 pm
by ruaanb
welkom Jaco geniet dit hier

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 3:25 pm
by Witpietskiet
Welkom Jaco, is jy die man met die 338LM waarvan ander Jaco so praat?

Geniet dit hier.

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 3:28 pm
by Omnia
Welkom Jaco , ek kan sien jy laat jou nie onder of jammer kry nie !!!!!! So ek neem aan jy jag "sit , sit so !!!!

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 3:37 pm
by henning
Jaco, welkom uit die Kaap uit, ons kuier almal lekker saam. Hoop jy gaan nog lekker saam gesels.

Groete
Henning

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 4:02 pm
by Boesman10
Welkom Jaco

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 4:11 pm
by 243Songdaug
Welkom Jaco!

Nou kan ons die manne op Jaracal ook bietjie deurmekaar maak - hoet jy gesê? Jys Jaco Goosen en jys van Kathu?

Kathu Groete.
Jaco Goosen

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 4:33 pm
by Suikermuis
Goeiedag Jaco Wiele

Baie welkom. Altyd lekker om iemand op die forum raak te loop uit jou nabye omgewing. Ek self is van Upington/Olifantshoek.

Sal graag meer oor die Voorlaaiers en versameling wil gesels. Dalk eendag ontmoet ons mekaar by n skietdag.

Groete

Re: Hallo almal

Posted: Thu Jan 07, 2016 4:57 pm
by Gernie
Welkom welkom, ek ook oorspronklik van Upington maar bevind myself noi in Centurion.

Re: Hallo almal

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:53 am
by JacoWiele
Haai weer daar..

Jammer ek antwoord nou eers... was so bietjie besig met ander goed.... (minder lekker goed, maar hulle moet ook seker gedoen word)...

Witpietskiet..... jip, een van my roere is daai .338LM waarvan ander Jaco G so skinder...(hoop dis net mooi goed...), ek en hy speel soms saam, ek met die .338 en hy met sy muis-geweer..... maar ek moet bieg, hy skiet net waar ek skiet - net beter. Al verskil is die klank van die gong. en hierdie roer skiet ek maar lê-lê so Omnia... want hy weeg 'n half ton!! (Terloops Omnia, weet jou vrou en jou pappegaai dat jy hulle gelys het as wapens.... - dis vrek snaaks)

Aan al die ander manne.... baie dankie , julle laat my regtig tuis voel... NOU GAAN ONS BRAAI

Re: Hallo almal

Posted: Mon Jan 11, 2016 9:00 am
by Jakkalsgat
More Jaco

Baie Welkom hier by ons, hoop jy geniet dit.

Groete
Jaco Stander

Re: Hallo almal

Posted: Mon Jan 11, 2016 3:11 pm
by KalahariKlong
Baie welkom Jaco.
Geniet dit hier.

Re: Hallo almal

Posted: Mon Jan 11, 2016 8:12 pm
by Chris (vdB)
Baie welkom Jaco!!

Re: Hallo almal

Posted: Tue Jan 12, 2016 10:52 am
by jamalley
Welkom Jaco, hoop jy geniet dit sommer baie - ken jy dalk vir Andre Kotze, die man is ook skiet mal en ook van Kathu