Nag van die Groennes
Posted: Thu Jan 07, 2016 8:27 am
Gisteraand het ek uitgegaan daar naby Maropeng op 'n plaas om die 2016 seisoen te open . Ons het skaars gesit toe klap ek een ,na so uur of wat wat die jakkalse orals om ons roep en te kere gaan besluit on toe om te skuif gaan tel die jakkals op en siedaar 'n gekollerde en getag te jak Dis toe ek daai feeling in my gat kry die aand gaan nog interesant word . Skuif toe so ent aan en met die geskuiwery kry ek toe mos die bakkie aan die anderkant van die heining wat vir my wag . toe weet ek vanaand gaan baie interesanter word as net jakkals jag . In die middle van nerens klim hier 'n jonge dame stoksiel allen uit die bakkie en na die gewone groetery begin sy my sommer ondervra, my moer meter begin toe sommer dadelik klim . Want wat het dit met haar te doen in die eerste plek ek is nie op hulle grond nie en het toestemming met papiere en al .Dan is daar nog so irreterende ou op die radio wat heeltyd wil weet wie ek is .Na sy uit eindelik by haar kant kom vertel sy dat sy en haar baas Rob Harrison White doen navorsing op jakkalse en dat ons hulle nie moet skiet nie want hoe meer ons skiet hoe meer vang hulle en so gaan sy aan met statistieke en persentasies dat ek haar naderhand moet stop en vra wat stel sy voor hoe ons roofdier beheer moet toepas en toe kom die storie van klokkies ligte honde en oppassers nou ja toe lag ek lekker vir haar idees . Sy vra toe dat ek asb nie gekollerde jakkalse moet skiet nie . ....en raai wat hang toe aan die hak . Onmiddelik is sy weer op die radio en toe spat die bollie Ek word beskuldig dat ek die jak op hulle grond geskiet het ,dat ek moes sien dat hy gekoller is ,dat ek in hulle rigting skiet en hulle soek daai jak onmiddelik of hulle bel die polisie . Toe skiet my moer meter in die rooi Ek sê vir haar sy kan haar baas sê hy moet eers die boer bel voor ek die jak vir hom gee want dis die boer se jak hy is op sy grond geskiet . Dit was net om hardegat te wees seker so 5 min later toe bel hy terug en sê ek kan die jak vir hulle gee. Maar so tussen ons baklei en gesels kom dit uit dat hulle ook navorsing gedoen het in die karoo en vir Taffie en Heinrich ken .So ek dink ek is nie so in die goeie boekies van die groenes vanoggend nie maar "check die worry in my eye". Die boer is baie happy oor die jakkalse wat geskiet is ek sal maar nie sy bewoording hier sit oor die hele afere nie ek mag dalk net 'n geel kaart kry agv taalgebruik