Page 1 of 1
Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Wed Jan 06, 2016 12:57 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Mag ek vra of julle manne asseblief weer julle waardevolle kennis met my kan deel. My vraag is aan die manne wat nou al met alby die bogenoemde produkte te doen gehad het. Hoe vergelyk Peregrine se VG4 koeel (150 gr) met Barnes se TSX (150 gr) akkuraatheid gewys en prestasie gewys.
Die beskikbaarheid van Barnes TSX is maar n' probleem, dus my vraag. Soek mens maar tot jy Barnes TSX kry en koop genoeg, of gaan ek dieselfde resultate met Peregrine VG4 kry
Dit sal wees vir jag met n' 30-06 tot en met 200m en gaan in n' BRNO ZKK600 30-06 met n' 24" loop en 1:10 twist gebruik word
Byvoorbaat dank
Chris
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Wed Jan 06, 2016 7:41 pm
by henning
Chris, dit is n moeilike vraag want elke geweer het sy eie voorkeure. Die enigste antwoord sal wees om te toets of jou geweer daarvan hou of nie.
Groete
Henning
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Wed Jan 06, 2016 8:02 pm
by tripodmvr
Ek dink jy gaan jag akkuraatheid by beide koeëls kry. Barnes se manier van blom na 4 skerp snydende blare is vir my die deurslag by 'n jagkoeël en het bogemiddeld nog vir my gewerk. As jy 100 jagkoeëls het gaan hulle 'n paar jaar neem om uit te skiet teen die nuwe wildpryse.
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Thu Jan 07, 2016 6:30 am
by Klein Chris
Kyk of jy van Peregrine se VRG5 150gr in die hande kan kry - doen jou lading ontwikkeling. As dit werk koop dan die VRG4's Jou ladings/TPL/akkuraatheid ens tussen die VRG5 en VRG4 bly dieselfde. Die VRG5 is goedkoper as die VRG4
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Thu Jan 07, 2016 7:42 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir almal se terugvoering, ek weet nou wat om te doen
Weereens baie dankie
Groete
Chris
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Thu Jan 07, 2016 8:26 am
by Jacquesb
Perigrine gee voorgestelde ladings. Jy hoef net te "fine tune", verder sal hulle raad gee met alle stappe van die herlaai van hulle koeels.
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Tue Jan 19, 2016 8:36 am
by Kristof A
Goeie dag Chris
Ek hoop dit gaan goed. As ek gou n my opinie vir jou kan lig.
Ek doen bemarking en verkope vir Peregrine en ek sal aanraai dat jy eerder die 165gr probeer op jou 1:10 twist.
Hierdie is n vriend van my wat dieselfde geweer het as jy se 300m teiken. Hy het ons aanbevele lading gebruik en net n bietjie met die seating diepte rond gespeel.
DB.JPG
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Tue Jan 19, 2016 9:26 am
by Ashley
Daai is nie sleg vir n jag koeël op 300m nie...
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Tue Jan 19, 2016 10:12 am
by gs23139
Ek het nog nie met die TSX geskiet nie maar het wel die Peregrine gebruik. Ek is baie tevrede met hulle maar ek het een "issue" met die Peregrine. Sodra ek die Lapua doppe "Neck Size" met Lee Die, is die punte bietjie los, soveel so dat ek 'n ander Die stel gekoop het. Dink dis die Redding S type neck Die. Ek het hom egter nog nie getoets nie.
Hoop dit help. My 375 met Peregrine 300gr loop soos stroop en als val net daar.
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Tue Jan 19, 2016 11:15 am
by OU VOORSLAG
Eks ook meer as tevrede met perrigrine, het egter mog nie barnes geskiet nie
Re: Barnes TSX vs Peregrine VG4 vir 30-06
Posted: Tue Jan 19, 2016 11:27 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir julle terugvoering. Kristof jy het n' pm