Page 1 of 1

338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 8:32 am
by HoggerNaut
Ek het onlangs n 338 Lapua aangeskaf. Ek is opsoek na n silencer vir hom.
Recoil reduction is die grootste nut.

Is daar n spesefieke flavour wat jul sal aanbeveel.

Ek het gedink Atec?

Groete

Re: 338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 10:03 am
by GVC86
Broadband boer op die forum het n silent hunter op sy 338lm savage gesit. Werk nogal goed, net nie seker watse model nie.

Re: 338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 10:07 am
by Eugene
Ek het self 'n 338LM en hy het gelukkig gekom met 'n MB. Die recoil met die MB is regtig minimaal, maar die klank is vir my erg steurend. Ek gaan self 'n KD opsit, net om dit vir myself meer aangenaam te maak om meer te skiet. Ek gaan 'n KooDoo gebruik wat ek reeds gehad het. Dit is 'n refleks tipe KD 50mm in deursnee en 480mm lank. Ek sou so groot as moontlik gaan en 'n stewige een gebruik. Ek is seker Henk sal jou kan help met 'n Silent Hunter.

Re: 338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 11:27 am
by JPS
Ek en Vriend het Alby van Andre Mojet (MH Arms) se silencers op ons 338LM's. Op ander gewere ook en dit werk regtig baie goed.

Hou veral van hom vir die 338LM omrede dit een soliede stuck Alu blok is wat geCNC is wat in die housing van die silencer kom. dis iks dele wat geswys is ens. wat dalk kan loskom ens. nie. is ook reflex tipe en werk regtig baie baie goed vir recoil vermindering op die 338LM en die silencer is baie kompak in vergelyking met ander reflex tipe silencers.

Groete

Re: 338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm
by HoggerNaut
Baie baie danks.

Re: 338 Lapua Silencer

Posted: Wed Jan 06, 2016 2:21 pm
by Marc
Probeer verseker ook Lance Stevens {Stevensons Precision} hy maak n bitter goeie en ligte KD wat in modules werk. Ek het nou al n paar vriende met 338 Lapuas en verskillende KD's gesien en getoets. Lance sin het my meeste beindruk wat betref geraas en terugskop demping asook die feit dat hy match grade skroefdraad sny en sy KD is super lig in gewig.

Sy nommer is 083 twee 31 1960. Lekker van hom is ook jy kan inloop en met die baas self praat.