Page 1 of 1

Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 10:56 am
by PWV
'nj Leeu met 'n draadstrik om die nek is in die Kruger Wildtuin gevinbd, maar hy het weer ontsnap.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Omgewing/ ... g-20160105

Foto: Die Burger

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 11:10 am
by Geno
Leeu nogal?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Leeuhiena.JPG

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 11:21 am
by Cobus(Cobb)
Wou net sê.....daai lyk meer na spotty..

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 11:22 am
by tripodmvr
Hoe meer "gory" fotos hoe groter impak - korrekte spesie se moer

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 11:31 am
by Philip_R
Sien op die Latest Sightings Twitter blad, veldwagters en veeartse het die pad toe gemaak waar hulle aan die leeu gaan dokter.

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Tue Jan 05, 2016 11:34 am
by Jakkalsgat
In die berig staan daar duidelik dat daar 2 Hienas ook in strikke gevang is en die byskrif by die foto se ook dat dit Hiena is.

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 8:22 am
by PWV
100%, die eerste foto toon 'n hiena. My fout!

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 10:48 am
by PWV
-Die Burger
Die vreugdevure brand oor Percy, ’n leeu in die Krugerwildtuin, wat oorleef het nadat hy ’n draadstrik om die nek gehad het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, sê die leeu is Dinsdag omstreeks 11:00 nie te ver weg nie van die plek (naby Onder-Sabie) waar hy die vorige middag voor veldwagters uitgevlug het, gekry.

Die leeu is met ’n verdowingspyl geskiet, die draadstrik is verwyder en die wond behandel. Die jong leeumannetjie het kort hierna opgestaan en die veld ingeloop.

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 11:08 am
by Ratel
Nou wonder ek of die groenes die ook voor "jagters" se deur gaan gooi.

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 11:27 am
by PWV
Ratel wrote:Nou wonder ek of die groenes die ook voor "jagters" se deur gaan gooi.
Is "poachers" ook jagters?

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 11:28 am
by Lourens Potgieter
PWV wrote:-Die Burger
Die vreugdevure brand oor Percy, ’n leeu in die Krugerwildtuin, wat oorleef het nadat hy ’n draadstrik om die nek gehad het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, sê die leeu is Dinsdag omstreeks 11:00 nie te ver weg nie van die plek (naby Onder-Sabie) waar hy die vorige middag voor veldwagters uitgevlug het, gekry.

Die leeu is met ’n verdowingspyl geskiet, die draadstrik is verwyder en die wond behandel. Die jong leeumannetjie het kort hierna opgestaan en die veld ingeloop.

Ek is darem bly om te sien ons in SA gee ons wilde leeus ook name soos in Zim.......wonder wanneer het die arme leeu die naam gekry.....kon hulle nie dit maar Naas gemaak het nie, hy het beter geskop as Percy.....

Re: Leeu met strik om nek gevind

Posted: Wed Jan 06, 2016 11:41 am
by Ratel
PWV wrote:
Ratel wrote:Nou wonder ek of die groenes die ook voor "jagters" se deur gaan gooi.
Is "poachers" ook jagters?
By die groenes is alles moontlik oom Pieter. Is poaching nie maar onwettige jag nie?