Page 1 of 1
K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 1:50 pm
by DawieKotze
Dagsê!
Ek is opsoek na 'n K & M expanding mandrel vir 6.5 kaliber.
Safari is/was die invoerders, maar het geen vooraad nie en stock nou Sudami se produkte.
As jy een iewers raakloop of een in die kas het wat jy nie meer gaan gebruik nie, laat weet asb.
Dankie
Dawie
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 4:00 pm
by JTM
Ja S&O raak nou van al hulle goeie produkte ontslae wat nie in hoë volumes verkoop nie. K&M en Wilson onder andere het in die slag gebly.
Is die Sudami nie bruikbaar saam met die K&M nie?
As jy nie regkom nie kan jy my Sudami stel leen om jou doppe te expand.
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 4:52 pm
by DawieKotze
Hallo Jannie - volgens S&O pas die Sudami se expanding mandrel nie op K&M se produkte nie.
Sudami lyk my is nog met vakansie, want ek kry nie antwoord daar nie.
Baie dankie vir die aanbod - sal laat weet as ek nie regkom nie.
Groetnis
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 6:45 pm
by marco
Hi Dawie as jy mates kan gee dan sal ek vir jou een kan draai en ini pos gooi... praat maar as ek kan help..
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:15 pm
by DawieKotze
Marco - baie dankie, maar ek het geen idee wat die mates is nie.
Hy lyk so...
..en pas in hierdie die...
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:18 pm
by DawieKotze
Ek het 'n gedagte dat die mandrel die nek so 0.0002 ooprek om die doppe se nekke te sny.
Kan ek jou dalk bel?
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:39 pm
by Pappabeer
Oom Dawie,
Sien my skrywe aan James Wright. Ek het een. Julle is welkom om hom te leen om te copy. Ek wil egter nie verkoop nie, daar lê nog so 700 of so x57 en x55 doppe wat voorberei moet word.
Ek is die naweek terug uit Kruger, en kan hom dan pos. Ek soek self n 6,5mm K&M neck turner pilot. Myne is weg en ek kry ook nie.
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:41 pm
by JTM
Dawie as jy jou diameter kan meet van die skag wat in die matrys pas, dan meet ek die expander gedeelte van die Sudami. Dan hoort dit mos te werk om een te laat maak.
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:50 pm
by marco
jy kan 074 89sewe drie 918
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Mon Jan 04, 2016 9:19 pm
by GerhardV
Dawie,
Ek is in Durbanville. Jy kan myne leen as jy wil.
Groete,
Gerhard
Re: K&M 6.5 mandrel
Posted: Tue Jan 05, 2016 8:07 am
by DawieKotze
Baie dankie Gerhard!! Miskien sal jy ook instem dat ons die mandrel na Marco neem sodat hy presiese mates kan neem en sommer dit maak. Ek sien daar is ander manne wat ook na dit soek.
Stuur asb vir my jou nommer dat ons kan gesels.
Groetnis