Page 1 of 1

30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:06 am
by Dwight375
Hello Manne

Ek hoop julle almal het n goeie feestyd gehad saam familie en dat 2016 n goeie jaar sal wees.

Ek het oor die laaste 2 weke taamlik ge "karring " met my 30-06 en ek wil net hier vir julle wys hoe veelsydig die 30-06 regtig is en dat dit steeds een van die lekkerste jag kalibers is. In dien jou 30-06 pas maak is en die regte aandag ontvang dan kan hy ook bitter akkuraat skiet.

Ek het Saterdag oggend n toets gaan doen met die volgende punte:

1. 155 Nosler CC ( Spoed = 3150 fps )
2. 165 Sierra gameking ( Spoed = 2850 fps )
3. 190 Hornday interlock. ( Spoed = 2830 fps )

NB - ALLE TOETSE IS OP 100M GE DOEN.

Ek het die 3 verskillende punte gebruik omrede ek van dit gehad het, ek het ook al verskie ander probeer wat net so mooi en soms mooier gewerk het en so ver het nog net een punt nie gewerk in my geweer nie en dit was die Barnes TSX 150 grein punt.

Al die toetse is gedoen met Nosler CC doppe wat nie geprep is nie, ek FS gewoonlik maar ek het die keer NS probeer.

Nekwand diktes was presies .30mm op alle doppe en ek het n .327 bush gebruik in my Foster 30-06 "bump die" wat my omtrent 3 thou greep ge gee het op al die punte. Op die 190 greiners het ek wel 3 doppe ge Neck size en ook 3 doppe ge full size om te sien wat die verskil sou wees en die verskil in greep is presies 1 thou gewees maar op die teiken het al 6 maar min of meer dieselfde ge skiet.

Hiermee groep een tot groep 5, my pa "Oom Ben" het die beste groep vir die dag ge skiet. :o ;D

Ek is tans besig met n projek waar ek n "PRECISION" 30-06 aan mekaar gaan sit as die SAP net n bietjie wil saam werk sal dit ook beter gaan maar meer oor dit later.

Groep 1 uit n koue loop:

1 x sighter om rede ou teleskoop terug gepas is op die geweer.
5 x skoot groep met 155 Nosler CC

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:07 am
by Dwight375
Groep 2:

5 x 165 gamking ( Dwight )

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:08 am
by Dwight375
Groep 3:

Om Ben het oor geneem en 2 skote uit n 5 skoot groep bietjie ge trek. ( Dit was sy opwarm groepie )

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:09 am
by Dwight375
Groep 4:

Daarna het Oom Ben groep 4 ge skiet, die keer wel net 3 skote maar dit is n taamlike mooi groepie glo ek in enige iemand se boekies.

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:12 am
by Dwight375
Groep 5:

Dwight

3 x 190 interlock ( Doppe Neck sized )
3 x 190 interlock ( Doppe Full length sized )

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:15 am
by Capt. Yoda
Baie mooi Dwight maar jy skiet daai 06 harder as wat baie ouens hul 300s skiet. Het jy nog nie n 190cc in hom probeer nie?

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:20 am
by Dwight375
Hello Kaptein

Ja so is dit al vir my gese meer as een keer maar Ek praat gereeld met Fritz ( Mnr die Onder voorsitter van die 30-06 club ) en alle ladings volgens ons berekeninge en QL is binne perke. My en Fritz se ladings is baie na aan mekaar maar lengtes verskil wel. Ek ondervind geen fisiese druk tekens na ek geskiet het nie so as die ladings werk sal ek dit aanhou skiet.

Geweer was by Andries Moller nou die dag en hy se kamer en loop is pragtig!

Tyd sal leer- kom ons hoop hy hou.

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:21 am
by Dwight375
Kaptein

Nee en ek gaan ook nie, die 190 NCC sal net in die nuwe 30-06 ge skiet word. Hierdie geweer sal nou rus omdat daar net met hom ge jag gaan word.

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:46 am
by LoopSoosStroop
Sheesh daardie is warm. Loop lengte?

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:12 am
by Dwight375
25.7 duim

Ek wil net byvoeg dat dit nie n standaard 30-06 reamer is wat gebruik is om die kamer te sny nie. Dit is die 30-06 Serengeti reamer wat German Salazar ontwerp het het en deur Pacific gemaak is. My geweer smit het daarna nog veranderinge ge maak aan die reamer voor dit bestel is, wat hy presies gedoen het is ek nie seker van nie.

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:39 am
by Fritz
Stadig Dwight. Ons deel net die details van daai reamer met die hard core precision 30-06 fans ;)

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 10:58 am
by tripodmvr
Daardie lading is so by 61/62K psi.

Re: 30-06 baie veelsydig

Posted: Mon Jan 04, 2016 11:17 am
by Capt. Yoda
Nee wat 61k is niks in n moderne 30.06 nie, stoot hulle Dwight