Page 1 of 1
Aksie gebreek.
Posted: Mon Jan 04, 2016 8:23 am
by Dolf014
Was die naweek op die skietbaan. Paar skote gegooi om die nuwe jaar te open.
Na skoot nommer 8 voel ek die slot maak moeilik oop. En na skoot nommer 9 breek die greep van die slot af.
Met nadere ondersoek sien ek dat daar al lankal n kraak was.
Ek was aanvanklik baie bekommerd oor die herstel of vervanging van die slot.
Gelukkig was Jaco (Songduag243) naby en het my gerus gestel. TIG weld of silver solder sal hom weer reg kry.
Re: Aksie gebreek.
Posted: Mon Jan 04, 2016 9:53 am
by NEGE3
Tigweld is beter. Silver soldeersel blue nie.
Re: Aksie gebreek.
Posted: Mon Jan 04, 2016 10:52 am
by Dolf014
Dankie vir die raad Koos.
Ook maar goed die ding het op die skietbaan gebreek en nie in die jagveld nie.
As dit in die jagveld gebuer het sou ek my geweer soos n taxi moes dryf; met n vicegrip

Re: Aksie gebreek.
Posted: Mon Jan 04, 2016 11:16 am
by 1250bandit
Ek vra maar net........ Hoekom het hy moeilik oopgemaak? Die feit dat die slot hefboom gebreek het kan dalk wees oordat iets anders dalk vashak. Ek sou ook eerder dit laat tig weld.
Re: Aksie gebreek.
Posted: Thu Jan 14, 2016 10:33 pm
by Alwin
1250bandit wrote:Ek vra maar net........ Hoekom het hy moeilik oopgemaak? Die feit dat die slot hefboom gebreek het kan dalk wees oordat iets anders dalk vashak. Ek sou ook eerder dit laat tig weld.
Die moeilik oopmaak is heel waarskynlik a.g.v. te hoƫ druk. Inspekteer jou doppies om te bepaal. Daar behoort blink merke te wees waar die doppe teen die uitwerperopening in slot raak.
Die grendel het net daar gebreek, waar hy gebuig (of dalk gesweis?) was om hom onder die teleskoop in te kry. Onthou die oorspronklike Mauser se grendel staan mooi regop as hy oop is. Ek sou raai dat die vorige verandering hom daar verswak gelos het, wat nou tot die breuk gelei het. Laat hom net weer sweis, dis nie 'n veiligheidsrisiko nie.
Re: Aksie gebreek.
Posted: Thu Jan 14, 2016 10:37 pm
by Cobus(Cobb)
Ja nee,ook al deur daai oefening...danksy suspisieuse GSC lading aanbeveeling.....
Moes wel die vicegrip gebruik...