Page 1 of 1

Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 8:53 am
by Ben Remington
Morning....

Mooi 2016 aan almal van julle...

Ek en Myburgh was gister Kalahari se kant en het 3 mooi varke geskiet....2 met die geweer en een met die boog op 18m. My vark met die boog het seker nog so 150m gehardloop waar ons hom in die ingang van 'n gat gekry het na 'n goeie dubbellong skoot met Rage Hypodermic 125gr op 64pd. Ek het die vark geskiet terwyl ek stadig tussen die bees geloop het tot so 18m van die vark af...dit werk soos 'n bom.

Dit was 'n besonderse lekker warm dag en die varke was aktief by die krippe....elke sog loop nou omtrent met 3 tot 5 kleintjies. Ek en Myburgh en Ruger my wolbek brak was ook gereeld by die krip om lafenis te soek.

Myburgh het sy vark op 70m geskiet en het nogal mooi tande ook...die ou is baie trots. Al is dit nou so droog kan mens nie glo hoe vet die varke is nie. Die temperatuur was 44 grade in die koelte van 'n Witgatboom, maar dit bly net lekker in die Kalahari....hier wil ek bly. ;D

Hier is so paar fotos.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_051155_resized_zpsm0bue8zq.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_051116_resized_zpsekjznl0p.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_084026_resized_zpsxpuidf8l.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_193435_resized_zpsgefvyqd5.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_193454_resized_zpstrxxole8.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_173052_resized_zps1annnfsz.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_101217_resized_zpsz6zxazkl.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_081811_resized_zps7lcypff7.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_082816_resized_zpsl3ddw7aw.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_191944_resized_zpsjng5nfov.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_175319_resized_zpsflmqn9on.jpg

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20160102_175050_resized_zpsrxgyutqw.jpg

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 9:17 am
by DWB
Julle maak ñ man JALOERS!

Baie geluk!

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 9:24 am
by Jaco Bezuidenhout
Mooi gedoen julle 2 en dankie vd deel.

Groete

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 9:44 am
by DawieKotze
Baie lekker Ben!

Die vark in die gat? Het jy hom in die gat geskiet of dalk het die ou net 'n middagslapie gevat?

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 10:09 am
by Ben Remington
Dawie....

Nee dis die vark wat ek met die boog geskiet het wat nog so loop reverse het.

Groetnis

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 10:20 am
by Mellies
Mooi man!

Met n vleisie...

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 10:45 am
by DawieKotze
Ben Remington wrote:Dawie....

Nee dis die vark wat ek met die boog geskiet het wat nog so loop reverse het.

Groetnis
Skuus man! Sien nou eers die storie.

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 11:03 am
by Heinz Petersen
Mooi fotos Ben, veral daai een van klein Rambo wat langs sy geweer lê en slaap.
Jislaaik manne, ek soek so n hond. Aangesien kersvader nie vir my gebring het wat ek wou gehad het nie, sal ek tevrede wees met so een.

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 3:31 pm
by ruaanb
netjies Ben en Myburgh!

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 4:52 pm
by Suikermuis
Baie netjies en geluk! Die jaar begin op die regte noot vir julle. Geniet dit

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Sun Jan 03, 2016 9:13 pm
by JTM
Baie mooi gedoen. Mooi fotos ook. Lyk of julle lekker vakansie hou.

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 7:12 am
by kudu375
Wat 'n lewe ;D

Mooiste kalahari en beste plek om daai pa en seun band te smee.
Julle is voorwaar bevooreg .
Baie dankie vir die deel van al jul avonture

Mooi dag en mag 2016 vir jul nog baie mooi stories lewer

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:25 am
by Francois Marais
Netjies julle

So word daar gebou aan die herrineringe vir die oudag.....

Mooi loop
Francois

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:27 am
by JuanVE
Lekker dat Pa en Seun dinge saam kan doen, bou daarop.

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 7:49 pm
by vaalseun
Lekker manier om die Nuwe Jaar te begin

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:15 pm
by Vlakvark Soldaat
Ben, dis n nuwe jaar, en ek dink dis tyd dat ek ook nou moet saamgaan!

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Mon Jan 04, 2016 9:58 pm
by Ben Remington
Vlakvark Soldaat...

By my en Myburgh was 51 soë vir die dag en 9 van daai bere wat hy geskiet het, was op een slag bymekaar by die water....my ander 2 pelle het ook saam 80 getel....dis 131 vir die dag....sé nou maar dieselfde vark was 2 maal daar dan gee dit jou nog 65 varke tussen ons 3.
Al die soë het nou kleintjies ....maar dis ñ varkparadys daar....die kudubulle daar is ook iets besonders....ek sal paar probeer afneem op ñ kol. Daar was 2 bere wat verseker tussen 14 en 15 duim was....met lywe soos renoster kalwers...

Groetnis

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Tue Jan 05, 2016 8:55 am
by Vlakvark Soldaat
Jong, dis awesome om te weet dat daar nog so baie varke is. Dink maar twee keer voordat jy die sneller trek op een van daai groot varke, die eerste keer dink jy aan my wat graag een soek, en die tweede keer dink jy weer aan my wat graag so groot vark soek!

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Tue Jan 05, 2016 5:29 pm
by OU VOORSLAG
Wraggies pragtig, bly julle manne roer die varke en dankie vir die deel.

Re: Die eerstes van 2016...

Posted: Fri Jan 29, 2016 2:06 pm
by WSM
Ben as ek so om daardie krip kyk lyk dit vir my na Henry se plaas, is ek reg?