Page 1 of 1

Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Sat Jan 02, 2016 10:01 pm
by Philip J
Hallo almal!

Ons soek na jagplek in Namibië vir bg maande. Ons klomp swaers en my skoonpa, beplan die eerste jagtrippie wat ons as groep almal saam gaan doen. Iewers waar mens die gesin ook kan saamvat. As iemand dalk voorstelle het, sal ek dit hoog op prys stel. Alternatiewe plekke binne die Republiek is ook meer as welkom.

Lekker aand.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Sun Jan 03, 2016 10:52 am
by Boesman10
Ek sien jy is van Heidelberg in die Tvl. Hoe sal jy ry Namibie toe? Sal jy op die N4 bly en dan by Pioneer grenspos in Bots in gaan en dan A2 en dan by Buitepos weer by Namibie ingaan? Dit is 1420 km vanaf Heidelberg tot Windhoek en dan sal jy net die regte vleis permitte moet reel vir Nam en Bots. Die ander roete is Upington verby maar dan is dit 1800 km vanaf Heilderberg tot Windhoek maar gelukkig net 1 stel vleis permitte.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Sun Jan 03, 2016 11:56 am
by Koos Barnard
Moenie vergeet van die geweerpermitte nie - en dis duur. Ek ry eerder elke jaar Upington om.
Mooi loop

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Sun Jan 03, 2016 11:59 am
by Philip J
Môre almal.
Ja nee, ons het ook beplan om Upington oor te gaan. Botswana deur is nie soveel nader om al die ekstra kopsere die moeite werd te maak nie.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Sun Jan 03, 2016 5:12 pm
by Francoisv
Skakel vir Bonus Nell by 00 264 63252040. Hy Sal kan help. Laas toe ons gepraat het het Hy gesê die gemsbok is vervuild daar...

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:11 pm
by Philip J
Hallo almal.
Hoop dit gaan goed en die reentjie het darem orals 'n draai gemaak of is sterk oppad.
Dankie Francois. Ons het egter intussen tyd tentatief 'n plek gekry, maar ek het nou weer julle hulp nodig asb.
Ek wil graag hoor wie my sal kan help met inligting oor kostes vir jaggeweer permitte in Namibië in sowel as vleispermitte en regulasies daar rondom. Hoeveel vleis kan mens oor die grens terugbring? Mag jy verwerkte vleis oor die grens bring? En nog 'n 1000 ander vrae. ++>:
Skoonpa het baie jare terug daar gejag, maar ek glo alles het seker al verander.
Met wie kan ek skakel om bg. uit te vind asb.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:33 pm
by Capt. Yoda
Phillip as jy alles het plaas dit asb hier. EK wil ook dalk die jaar verby Upington ry

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:34 pm
by Philip J
Maak so Siebert.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:39 pm
by Capt. Yoda
EK het n maat wat in SA bly/boer en ook on Nam boer wat self baie vleis en gewere op en af ry so ek sal bq by hom ook hoor. EK het hom gevra om my die details te stuur maar dit was oor kersfees so sal weer by hom hoor

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 2:53 pm
by ruaanb
Dink Des 2015 se Wildland het alles in hieroor. Sal loer en as ek reg is dit more scan en oplaai. Was in mooi detail uiteengesit.
Dink SA Jagter het ook 'n jaar of wat selfde tipe artikel gedoen.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 3:04 pm
by Philip J
Dankie Ruaan. Dit sal baie gaaf wees.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 5:07 pm
by tau
Wapen permit is verniet by SAPS hulle skryf aan NAm kant vir jou een.

Jy moet by Veeartseny vleis permit aan ons kant kry.
Dan jagpermit aan NAM kant.

Maak seker jy verklaar die vleis aan RSA kant. Jy kan sleg grensposte gebruik wat veeartseny dienste het om terug te kim in RSA in.

Slegs 1 Mei - 31 Aug sal Nam wapens toelaat. Al het jy brief vanaf plaas met vrystelling stel hulle nie belang nie. Dit gaan oor wapens en nie jag permitte.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Tue Jan 19, 2016 5:17 pm
by Gian_dP
Geweerpermitte verlede jaar geen koste
SA kant doen aansoek by jou stasie se wapenoffisier, benodig jaguitnodiging en paspoort.Myne het letterlik 1 dag geneem. Nam kant(Vioolsdrif/Nooroewer) by polisie op die grens.

Vleis permitte was so R250 SA en R200 NAM. SA kant doen aansoek by dept Landbou in Pta. Ons het aansoeke opgestuur met koerier en permitte weer laat koerier Kaapstad toe-so 4 weke gewag.

Permitte in NAM het die boer vir ons in Keetmanshoop gekry, neem aan by hulle dept van Landbou.

Kan nie toegelate gewig onthou nie. Ons was drie , kon maklik 4 koedoes, 10 springbokke en 6 skape uitbring

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Wed Jan 20, 2016 8:42 am
by ruaanb
Vir die wat die info soek ek het dit ingescan en kan dit email. Bietjie groot om hier te plaas. PM my jou email asb.

Re: Jagplek gesoek Junie/Julie/Augustus 2016 in Namibië

Posted: Wed Jan 20, 2016 9:48 am
by gillie
Hier is daai gescande file, dankie Ruaan