Page 1 of 1
Siektes onder Jakkalse
Posted: Mon Jun 08, 2009 8:11 am
by Ja3
Ek was verlede week in Namibi?, Okahandja distrik (70km noord-oos)
Dit was interessant om te sien hoe brandsiek kan versprei onder Jakkalse afgesien van die goeie re?ns en goeie beskikbaarheid van kos.
Mens sal dink dat die siekte onderdruk word indien 'n dier in goeie kondisie is. Wat se ander siektes is julle bewus van bv. hondsdolheid, en kan julle meer uitbrei?
Kan dit dan wees dat indien brandsiek "rife" raak in goeie omstandighede, dit kan dui op 'n ouer jakkals populasie aangesien die basiese liggaamsweerstand afneem?
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Tue Jun 09, 2009 3:08 pm
by tafjak
Ja3
Ek en Raynie skiet so paar jakkalse eenaand naby die kus in die Ooskaap en sien op een of twee dat baie plekke/kolle op die lyf haarloos is en reken toe dat dit brandsiek moet wees. Na nadere ondersoek sien ons dat dit eintlik a.g.v. die bosluise is en dat die jakkalse die luise afkrap en byt. Kaalkolle agter die blad is gewoonlik die oorsaak van baie vlooie.
Ek het nog nooit 'n jakkals met brandsiek gesien nie en reken baie mense misgis hulle met die haarlose jakkalse en neem te gou aan dat die goed brandsiek moet h?. Brandsiek is gewoonlik 'n skurwe aff?re en kan ook in 'n latere staduim roukolle h? soos die diere die jeukplekke krap. Daar is mense wat jakkalskarkasse in die veld kry, maar nog nie gehoor van haarlose karkasse nie. Sal graag wil hoor of daar so iemand is wat dit al te?gekom het.
Taffie
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Tue Jun 09, 2009 3:27 pm
by Ja3
Taffie
Die een wat ek gesien het was spesifiek kompleet haarloos. My dinges af geskrik toe ek hom sien. Dit was so 3uur die middag nie v?r van die huis af nie.
Ek dink dat mens sal taamlik bokkoors kry as jy so outjie moet inroep en hy betrap jou van agter.
Hy was maar baie maer ook.
Ja3
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Tue Jun 09, 2009 5:25 pm
by tafjak
Ja3
Ek het ook een gesien(in die nag) wat redelik haarloos was. Konegter nie agterkom dat hy brandsiek het, kon die helsem nie skiet nie. Dit was ook toevallig in 'n gebied met bosluisplaag. Onthou dit is verseker moontlik dat daar jakkalse met brandsiek is, wat my egter pla is dat dit 'n ernstige aansteeklike storie is en moet dit mos die res vreeslik maklik aansteek. Tensy jakkalse 'n manier het om dit te ontwyk op een of ander metode!
Taffie
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Wed Jun 10, 2009 9:51 am
by JACQUES BOTHA
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Wed Jun 10, 2009 10:56 am
by Ambessa
Hallo almal
...wat van hondsdolheid?
Ambessa
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Wed Jun 10, 2009 11:06 am
by tafjak
Jakes
Posted on: June 10, 2009, 09:51:35 AMPosted by: JACQUES wrote:DIT WAS OOK IN DAAI GEBIED WAT EK DIE JAKKALS SIEN AANKOM HET MET N HANDVOL WOL IN SY BEK...
Gehoor van die jakkals wat die honde malmaak en na omtrent 3jaar se jag kom die hondedrywer agter ou vlekkie klim in die waterkrippe as die honde naby is. So het dit toe gekom dat die man die jakkals met kierie in die krip doodmaak. Dit is vir die waarheid vertel.
Jakes, ek belowe dat ek jou sal glo as jy my sal glo.
Groetnis
Taffie
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Wed Jun 10, 2009 2:00 pm
by JACQUES BOTHA
DIE PROBLEEM IS EK WEET NIE OF EK SELF DIE STORIE OOR DIE WOL IN DIE BEK KAN GLO NIE......jY AL GESIEN HOE BYT DIE OEDOE'S MEKAAR SE STERTPUNTE AF OM IN HULLE BEKKE TE HOU AS HULLE DIE RIVIER INSTAP TOT NET HULLE EUSE UITSTEEK OM VAN BOSLUIS EN PES ONTSLAE TE RAAK..EK WONDER HOE LANK KAN N BOSLUIS SY ASEM OPHOU...
ONS MOET DALK VIR AMBESSA DIE VRAAG VRA....

?????????????????
JB (NIE J&B NIE) SAL EERDER MAAR VANAAND N REGTE EGTE SOET HANEPOOTJIE INGOOI AS EK BY DIE HUIS KOM VIR DIE INNERLIKE VERSTERKING TEEN DIE KOUETE.....
MMM MANNE HOE DORS RAAK EK NOU SKIELIK...
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Wed Jun 10, 2009 3:52 pm
by WillJak
Jacques, ek weet ook nie van die storie nie, maar daar is 'n jong daar by ons wat my dieselfde ding vertel het en hy reken sy baas het hom die op video gewys...... Miskien het hy ok maar eers 'n hanepootjie gebruik, alhoewel dit nie so geruik het nie!
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Thu Jun 11, 2009 1:09 pm
by Kruger
Jakkalse kry hoofsaaklik 3 verskillende siektes.
Eerstens brandsiek: Word ook deur 'n myt veroorsaak soos die geval by skaapbrandsiek, maar dit is nie dieselfde myt nie en dus nie oordraagbaar na skaap nie. Jakkals jeuk geweldig baie en krap voordurend. Pels kwaliteit neem drasties af, haarverlies is algemeen en word vererger deur die krappery.(vandaar kaal kolle) Brandsiek opsigself is nie dodelik nie, maar jakkals kan nie jag soos normaal nie en sal halfpad in die jagproses eers gaan sit om te krap waarop die prooi ontsnap. Gevolglik verhonger en vermaer hy en vrek basies op die ou end van honger. Baie jakkalse het hier in ons area gevrek daarvan ongeveer 1-2 jaar gelede, maar hulle het dit oorkom en teel weer vir die vaal hel.
Hondsdolheid is algemeen by jakkalse, veral wanneer hulle getalle te hoog raak. Dit is dodelik en versprei vinnig. Versprei ook na ander soogdiere en die mens is ook vatbaar. In die vroee 80's het duisende koedoes in Namibie gevrek daarvan nadat dit deur jakkalse oorgedra is. Maak julle reg vir die volgende grootskaalse uitbraak, want dit gaan kom. Ongelukkig gaan daar ook baie ander soogdiere daarmee saam vrek. Verbeel jou indien ons veekuddes dieselfde oorkom as die koedoes van Namibie. Geen entstof of behandeling beskikbaar, selfs vir mense. Fataal.
Die ander siekte wat hulle natuurlik kry is hondesiekte. (Distemper) Hulle kry dit natuurlik en hoewel dit ook hoogs aansteeklik is, is die verspreiding daarvan beperk tot die hondespesie. Baie goeie entstof beskikbaar vir plaashonde. Dit was my voorstel in 'n vorige post om dit kunsmatig toe te dien om getalle te verlaag. Baie kleiner risiko en sal jakkals populasie baie verlaag en dus ook risiko van natuurlike hondsdolheid uitbraak verlaag. Ek dink steeds dit bly 'n goeie en redelik veilige opsie.
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Thu Jun 11, 2009 8:56 pm
by LMB
Ek het eendag `n amptenaar hoor s? dat die sprinkane beheer moet word deels omdat hulle siektes en peste kan versprei en sodoende `n risiko inhou.
Dan is jakkalse mos ook `n risiko as mens na hondsdolheid en die omvang daarvan kyk?
Lukas
Re: Siektes onder Jakkalse
Posted: Thu Jun 11, 2009 10:00 pm
by Ja3
Baas Kruger
Baie dankie.
Dis tragies om te sien wanneer sulke pragtige koedoebulle omkom a.g.v hondsdolheid.
...dan is daar moontlik 'n vierde ongelyste een. Karoolamdolheid wat ook vroe?r bekend gestaan het as Karoo-malkoppie of bankrotlus.
Ja3